A/N: My heel eerste fic wat ek hier geskryf het, nou beskikbaar in Afrikaans! Dankie aan ff wat dit as 'n taal aanvaar het.

Hierdie is 'n VERTALING van die Engelse fic "This Night", wat ek ook geskryf het.

Hierdie Nag

Die aand voor hierdie aand was 'n vreemde aand. Ek meen vreemd vir my – en ek's 'n kat in 'n wêreld van hekse en towenaars.

Sy het nie huistoe gekom daai aand nie.

Hermione is my eienaares – sy noem my haar 'liefiekat', of sy het altyd. Dit het nou verander. Sy't my alleen gelos om op my eie aand te sukkel, sonder kos of water…

Toe sy uiteindelik by die huis opdaag is sy na die groot, wit boks toe, ek dink dit word 'n yksas genoem, en sy het 'n mooi, groot appel uitgehaal. Gewoontlik deel sy haar appels met my, maar daai aand het sy nie.

Ek het met my ratse kat lyfie op haar kussing gespring, gehoop dat sy my sou raaksien oppad na haar bed toe, maar sy het op my gegil, my met haar handsak oor die kop geslaan en my met die appelstronk gegooi.

Ek het verstaan nie… wat was besig om aan te gaan? Sy tree nie normaalweg so op nie, wat het gebeur?

"Ek het gesê gaan weg!" Skreeu sy, haar hand wys na die deur. Haar stem was skerp en het my sensitiewe ore seergemaak. Sy het my weer geslaan. Dis toe dat ek my eie skril geluid maak en opspring, my naels uit soos ek na die vloer duik.

Ek het in die duisternis van die nag ingesluip, my stert tussen my bene. Wat het ek verkeerd gedoen?

Die volgende dag was ek terug gewees – ek was veronderstel om immers 'n huis te hê. Ek was so honger.

Hermione het op die bank gesit, haar gesig vasgenael op die televisie. Ek het na haar toe geloop. Daar was leë wynbottels op die grond gewees.

"Uit, Crookshanks!" Het sy gegil na sy my gewaar het, "Jy waardeer my ook nie, nes Ron. Ek gee vir jou kos en slaapplek? Klein ondankbare kat!"

Al wat ek gehoor het was 'kos', dit het my so effe laat opgewonde raak: beteken dit daar's kos in my bakkie?

Ek dink as ek kon huppel na my kosbakkie, sou ek. Maar hy was leeg. En ek was so honger. As ek kon, sou ek gesug het.

Dit het vir dae aangegaan: geen kos, geen aandag… en elke keer as sy my gesien het, het sy my met iets gegooi, op my gegil en my weggejaag.

Ek was so honger.

Ek kon dit nie verdra nie… na nog 'n paar dae was ek lekker vies en honger.

Ek het genoeg gehad!

Dit was spookagtig donker toe ek terugsluip na haar slaapkamer. Ek het op haar bed gespring by haar gesig. Ek kon haar asem voel en haar hartklop hoor in die stilte van die nag.

Ek was so honger.

Sy was besig om wakker te word.

My skerp naels was weer uit en ek het dit vinning beweeg, dit was verby voor sy iets kon doen.

Later was my maag weer vol en ek was versadig. Ek het op die mat gaan sit en myself skoon gelek, enige bewyse sou weg wees.

Ek is weer by die oop venster uit in die ewige nag in.

"Totsiens, Hermione."