Author's note: Okay, let me just explain myself with this one…
I was browsing around the other day and came across an actual category for fanfics in my native language. WHAT?! Anyway, went to read some, realised there weren't many and decided to contribute. If you speak Dutch or Flemish, you'll probably be able to make out some of it. If not, at least have fun trying! :)
…
In alle hoeke van 'n wêreld oorheers deur towerkragte, word die nuus aan ope ore gefluister.
Diep stemme, hoë stemme, skeptiese stemme, triomfante stemme—elk verdraai die verhaal na hul sinne en plaas bykomstighede aan die storie se voetenend om sy verwikkelinge in hul guns te draai.
Mees belangrik, elkeen sweer hoog en laag dat hulle die nuus eerste ontvang het.
Die nuus dat hy dood is.
"Hoe het dit gebeur?" gaan die rympie.
"Weet jy dan nie?" sal 'n tweede party vra.
Die storie, teen hierdie tyd gewild om etenstafels die wêreld oor, sal dan oorvertel word.
Die een wat die wêreld sou versuiwer deur middel van onderdrukking en uitwisting, oorwin. Skynbaar die mees kragtige towenaar in geskiedenis, moordenaar van duisende—wie sou sy oorwinnaar kon gewees het?
En dan, wanneer die afwagting om daardie etenstafel te veel raak om te hanteer, word 'n enkele naam geuiter.
Harry Potter.
'n Baba. 'n Kind van eenjarige ouderdom. Die enigste persoon in hul toweragtige geskiedenis wat nog die berugte doodskreet kon oorleef. Hoe was dit moontlik dat só 'n klein, teer gedierte só 'n ontkoming kon bereik met skaars 'n vlek op sy voorkop as herinnering?
Dit sou nog jare wees voordat enigiemand naby aan 'n antwoord kon kom.
Die seun se naam versprei, word algemene kennis, totdat dit eendag die duistere buitehoeke van die wispelturige wêreld bereik. Totdat, op 'n normale, sonskynmiddag, die naam die ore van 'n kort, rotagtige man bykom.
Hy hardloop, ontmoet 'n man in 'n pers kopdoek, en fluister die woorde skynbaar aan hom.
Dan, vanuit 'n bron wat nie die man se eie mond is nie, word die woorde in 'n swak, sissende stem weer teruggefluister:
"Harry Potter…"
