A/N: Die fic is 'n vertaling van my fic "One Last Kiss" en is 'n kortstorie, soosin 'n "drabble". Ek besit nie HP nie.
Een laaste soen
James was besig om te hardloop.
Hy het presies geweet wat volgende gaan gebeur en dit sou niks minder as 'n wonderwerk gewees het as hulle lewendig hier uitgekom het.
Miskien sou hulle gelukkig gewees het en sou dit vining oorgewees het. Daar was geen uitkomkans nie, maar dit het die negentienjarige se are gekeer om adrenalien oralheen te pomp nie; dit het hom so sterk soos 'n bees en so dapper soos 'n leeu laat voel.
James het gehoop dat dit verby sou wees – en dat hy haar weer sou sien. Hy wou homself nie verloor, soos met Frank en Alice gebeur het nie.
Hy het vir Lily gesê om te hardloop, en sy het, haar tree was hard waar sy op na di boonste verdieping gehol het, Harry stewig in haar arms.
James het geen idee gehad hoe hy hulle sou verdedig nie. Hy het sy hand uitgestrek na sy broeksak, maar het onthou hy sy staf op die bank gelos nada thy vir Harry klein vonkies gemaak het.
Stupid. Idioot. Moroon.
Die Quidditch speler was amper by die deur. Hy wens hy het vir haar een laaste soen gegee. Dit sou een sekonde gevat het, twee op die maksimum. Die deur het oopgeval en 'n baie donker figuur het vir James gekyk, sy staf gelig en gerig op di ejong man. Altyd dramaties, hierdie Slytherin.
Die donkerkop het geweet wat was volgende. Sy denke het gespring na sy vrou, na Lily. Hy wens weer hy't vir haar een laaste soen gegee.
'n Vinnige groen streep het sy bors ontmoet. Sy laaste denke was van haar. Van hulle. Van hoop.
