A/N: H-helo? Asseblief moenie my vrek maak nie!

Ja, ek mag dalk 'n bietjie van julle vergeet het... Maar ten minste is dit Junie/ Julie vakansie! So ek het baie tyd om my stories op te datteer.

Ekt eintlik nou gesit en Liewe Bliksem oorlees, en eweskielik het ek herken dat my skryfwerk beter as dit kan wees, baie fokken beter.

So... Ek het Liewe Bliksem begin oorskryf vir julle!

Nuut: Ek sukkel met Matriek werk, so hang bal please mense.

In elk geval, ek wou ook dankie se aan al die reviews wat ek vir die eerste Liewe Bliksem gekry het, en ek hoop ek kry net soveel reviews of meer met hierdie een.

Asseblief moenie my dooi maak nie, ek wil graag skool klaarmaak, universiteit toe gaan of iets, werk kry, trou, kinders kry en saam met iemand oud word. Please mense, moenie my dooi maak voor daai tyd nie!

Anyways, geniet die nuwe her-skrywing van Liewe Bliksem!

(Van nou af sit ek Line-Breaks, want die leesery was poes moeilik sonder hulle!)

-Lyn Breek-

My lewe? Gefok? Jy dink?

Ga!

Okay, dis dalk meskien 'n bietjie opgepoes, maar ten minste het ek my klein avontuur geniet.

Nee.

Ek het dit nie verwag nie.

Gladnie! Dis hoekom ek myself half fucked up bekak het toe dit gebeur het!

Okay, ek het 'n skraal en vuil voel idee gehad dat dit gaan gebeur, maar ek het dit nie verwag nie. Om die waarheid te se, ek dink ek praat nou kak, want niemand weet wat gebeur het nie... Maar ek moun nou daaroor sodat ek nie later in my vertelling hoef te moun lat my avonture baie onrustig en ommekeerend was.

Okay, laat ek begin...

Dit was 'n klein dagdroompie van my wat ek begin kry het toe ek begin het met hoërskool. Okay, ek het nie net dan en daar vriende geraak nie, eers so in die tweede kwartaal of so, nadat ek 'n paar weke vriende saam met Jojo en Momo was, toe begin ek die klein dagdroompie kry.

Julle sien, dié twee was van kleins af befok oor anime en kak, en ek was die loner poes wat nie eens geweet het wat de hell anime is nie. Dit was soos 'n opgeskommelde Amerikaanse kos wat in my bek ingedruk word wat ek nou eweskielik moet eet want dis nou KFC. Fok, en toe kom die gepratery, aanhoudend daaroor.

Dan is dit Bleach, dan is dit Natsu, dan is dit blerriewell Wampies, wat ek later reg leer hoor het as One Piece. Al wat ek gekyk het toe ek klein was wat regtig as anime geklassifiseer kan word is die Dragon Ball reeks, Yu-Gi-Oh en Pokemon.

Dankie, ek was 'n non-anime loner doos vir 'n jaar voordat Jojo en Momo my uiteindelik convert het. Maar dit is hoekom my punte so kak geword het, as gevolg van daai poeslike anime wat soos flippen drugs is!

My ma, vandat ek gebore is, het geweet dat ek nie baie lekker in my kop is nie, maar sys nogsteeds lief vir my. Ek was soos 'n hoppetie skoppetie droppetie rugbybal wat net mooi niks van 'n skop op my gat hou nie! Well, kan my nie blameer nie, ek is nogals sensitief op my bliksemse gat!

Wat my ouers ook uitgevind het, is dat ek ook anime begin kyk het. So ek was 'n Japan freak vir... Fok eks nou nog een... My ouers kon my nie weg van 'n plek af kry totdat ek daai flippen Japanese draak beeltjie of fan gehad het nie. Ekt letterlik 'n vloermoer gegooi!

Andersins, jy wil seker weet wat in die sewe hemels van hell met my gebeur het, ne?

Well, in 2014 was dit so lekker in Suid-Afrika. Inbrake, taxi's wat oorgelaai is, allerande pot nonsens wat ronddwaal. Ons het baie rugby gekyk deur die jaar op tv, met bottels bier, naartjies en springmielies en neute. Dit was die jaar wat ek so befok geraak het met rugby dat dit by my ore uitloop! Ek het minder oor anime gekommer en meer gekyk hoe die manne oppie veld mekaar opfok.

Allerande kak het begin rond spat teen Maartmaand. Ek was in graad 11, en ek moet se, dit was my lekkerste jaar ooit! Maar ek was nog altyd 'n klein bliksem, vandat ek klein was. Ekt mense so de-moer in gemaak dat hulle my in 'n malhuis wil inslaan.

Van juffrouens wat te sag praat tot rugbywedstryde waar ek myself moertoe gesyp het by die huis, jhinne, vir my was dit 'n kak lekker jaar! Momo, Jojo, Lizzy en Jeani het my so Septembermand demoer in gemaak, maar na dit was ons weer piele. Ekt soos 'n doos na die tyd gevoel want ek het alweer kak met hulle gemaak...

Matriek... My dooie poes...

Januarie, fine, piele. Sommer eerste dag van matriek, in hakskoene, poes ek van die trappe af. Te danke aan die sykouse wat ek aangehad het, het ek 'n oulike swart merk op my enkel wat nie wil fokkof nie. Februarie, cool. Doen fokkol werk in tegniese tekeninge nie, doen kak in die vak. Dom doner. Maart, jay, begin gewoond raak aan my rooster, vakansie is oppad, kry Momo en die res weer terug aan mekaar want hulle was mos die duiwel in vir mekaar vanaf die vorige jaar.

April, raak poes hoog, hang uit saam 'n chommie van my wat ek ken vandat ek in nappies is. Piele. Ontmoet haar ou en 'n paar van haar chommies toe ons almal uitgaan. Raak fucked gesyp en moker huistoe eenuur in die fokken oggend. Pass uit op my bed en slaap vir 'n hele dag.

Mei, raak demoer in vir my chommies, maar sê niks nie, want ek het gedink ek kon dit handle. Junie, eksamens, gee uiteindelik op met my chommies en probeer hulle irriteer dat hulle my uit die groep wil gooi. Plan werk nie.

Julie, raak weer poes hoog, gaan na partykie toe en gryp 'n eks van my se mysie vas want eks poes dronk. Augustus, rekord eksamens kak van die koue. September, matriek afskeid wat ek by die huis bygewoon het. Oktober, raak bos befok en gaan trick-or-treating saam my oom-hulle. November, eindeksamen, baie hard geleer, slaag matriek.

Dis eers na die laaste examen aan die einde van die jaar wat die kak die fan geklap het met 'n poesklap van poesguay af.

Hier kom my klein dagdroompie in.

Toe ek eers begin het om 'anime' te kyk, toè kry ek 'n fantasie van my waar karakters van 'anime' na ons wêreld toe kom, of waar ek en my chommies na daardie wêrelde toe gaan. Fok, dit was 'n kak idee om maats met Momo en Jojo te word, want toe daai insident gebeur het, toe sit ek saam daai vier bliksemse vriende van my vir amper 'n hele jaar!

Nee fok, dit was onverwags.

Ten minste was twee ander van die mense wat ek ken ook daar, wat my ten minste gekalmeerd gehou het... Vir so kort rukkie...

Maar wat nog onverwags was, was die feit dat ons in 'n kak 'anime' wat skaars blerriewel sin maak beland het. Dit was nogals lekker, maar ook groot kak want toe raak ek befok in my kop en jaag soveel kak aan soos wat ek kan. Jojo en die res was so bang dat ek die hele wêreld gaan opfok dat hulle my orals rondgevolg het!

Hulle het my nou nie noodwendig oral rondgevolg nie, want ek het my oomblikke gehad, maar jy kan sê dat hulle my probeer deur daardie oomblikke gehelp het.

Okay, so wat het daai dag gebeur?

Well, kom ons stel dit so, ek het net-net van die vlooimark af terug gekom nadat my pa en suster my daarnatoe getrek het soos 'n bliksemse skaap. Toe ons by die huis aankom was al my chommies daar. Ek was eers so verstom dat ek amper neer gebliksem het, maar toe vertel hulle vir my dat hulle kom jol het.

Om een ding te noem, ek het nie geweet hulle drink nie! Liewe bliksem was ek geskok hoor. So nadat ek my skok oorkom het, toe sit elk van ons met 'n bier in hand in my kamer, besig om my nuutste 'anime' te kyk, naamlik die nuutste episodes van 'Adventure Time'. Naais naais, piele.

My ander chommie kom oor en wil bietjie chill, maar sys nie 'n groot aanhanger van anime nie, so ek en sy gaan sit buite vir 'n kort rukkie voordat...

Tot my fokken rekenaar eweskielik afgegaan het.

Jolene het buitetoe gehol met trane in haar oë. "Mari!" Ek en Soni staan toe op en neek terug kamer toe.

Ek storm oor na die boks toe en druk die aan knoppie. Toe dit nie fokken aan nie, toe gooi ek een van die grootste tantrums ooit. Jojo was geskok tot binne in haar tone toe en moes onder die stoel in duik want ek het begin messe rondgooi. Lizzy en Jeani moes saamwerk om my te kalmeer terwyl Momo my pa gaan roep het om my 'n poesklap te gee. Ongelukking vir haar was my pa alweer nie by die huis nie, aangesien hy 'n halfuur vroëer iewersheen geneek het om iets te koop.

Soni het cheers gesê tydens my vloermoer en huistoe gegaan. Sy was nie regtig een om my te keer as ek 'n tantrum gooi nie, want ek was altyd woes, so syt altyd huistoe geneek.

My chommies het my gekalmeerd gekry toe Jojo my skootrekenaar genoem het. Okay, ek kry toe die ding uit, maar ek ws nogals afgepis want ek gebruik my skootrekenaar vir my 3D animasie goed. Ek sit die ding net neer op my bed en toe begin die kak.

Binne twee sekondes val ek, Lizzy, Momo, Jeani en Jojo. My bed het verdwyn saam met die huis en vloer en kak rekenaar en als. So toe val ons, bierbottels en als!

Ek kon nie vir 'n fok sien nie, so al wat ek voel is Jojo en Momo wat aan my vasgryp, sowel as die ander twee. My bier het nêrens geval nie, want ekt daai fokker styf tussen my tiete vasgehou. Een ding wat ek geleer het met drank, moenie lat dit mors nie, want daai wat jy het is of die laaste, of jy score 'n mixed shot met allerande ander shit in die glas gegooi dat jy net een sluk vat, dan's jy fucked up.

Na 'n minuut, toe verdwyn die donker en ek kan blou lug sien.

Jojo het begin gil, en toe dink ek, met toe oë, nou wat de fok? Tot ek self begin skree het, want ons was besig om uit die lug uit te poes teen 'n onmeetbare spoed, toe val al wat 'n Suid-Afrikaner is, al gillend en skreeuend deur al wat 'n blou lug is en af grond toe.

Nee fok, ek het eers gedink ons gaan vrek! Maar toe val ons binne in 'n bliksemse meer wat poes koud was.

Binne drie sekondes sit ek, Momo, Jojo, Lizzy en Jeani op die wal, al de bewerend van die poes koue meer. Of was dit 'n dam?

"M-m-m-m-mari?" Het Jojo gebibber.

Ek self het gebibber van die koue. "J-j-j-j-ja?"

"W-w-waar de f-f-f-f-fok is ons-s-s-s-s?" Jojo het lanks Momo gesit aan my regterkant, besig om te probeer warm kry.

"F-f-f-f-fok w-w-w-w-weet, J-j-j-j-joj-j-jo."

"Who's there?" Het iemand geroep. Ek dog toe, o fok, 'n Engelse. Ons draai almal om en ons kake val.

"Liewe bliksem..." Sê Momo verstom.

"Heilige heer..." Sê Lizzy.

"Red ons..." Sê Jeani.

"Wat de fok?" Sê Jojo en ek gelyk.

Al wat ek sê is dat ons in die Narutoverse vir seker beland het. En ek was lus vir kak aanjaag.

-Lyn Breek-

Een hoofstuk klaar herskryf... Ek voel soveel beter noudat die storie meer sin maak en effens langer is.

Oorspronklik was my hele idee met Liewe Bliksem 'n kak idee want nou wil ek die hele storie verander. Ek wil meer detail in die hoofstukke invoeg as moontlik.

Teen vrydag is al tien hoofstukke wat ek in die vorige een gehad het herskryf en op, andersins definitief vroeër, want ek is mos doos lief vir my lesers.

Elk geval, ek hoop julle het geniet, more maak ek hoofstuk 2 klaar, maar vir nou moet ek gaan kip, eks poes moeg!