Skies tog as ek lank neem om vandag hoofstukke op te sit, ek hardloop uit idees uit, maar die hoofstukke gaan nog voor die einde van die week op wees, dit belowe ek julle!

Maar ek het min fokken tyd, wat nou fokken kak is…

In elk geval, hier is hoofstuk vier vir julle, en ek hoop julle geniet dit.

-Lyn Breek-

Momo

Ek wil ook 'n bietjie in die storie inklim en vir julle vertel wat ek gesien het!

Mari was baie skaam toe ons haar begin leer ken het. Sy was heelwat rustig, tot sy uit haar kassie begin klim het. Dooie Duiwel, daai dag was dit hell. Dit was graad nege, so rondom eksamentyd. Blykbaar gebeur daar baie kak rondom daai tyd.

Elk geval, Mari kom skool toe in 'n bui wat ek nog nooit van haar gesien nie, en dit was afgepis. Okay, ek was toe slim en vra haar hoekom sy demoer in is. Dis toe ek die eerste uitkak van 'n kant af gekry het... En my goeie fok sy kan vloek as sy kwaad is.

Maar een ding wat ek kan sê van ons nuwe omgewing... Dit het Mari heeltemal verander!

Ag tog dit was te fokken oulik! Maar moenie vir Mari sê nie! Toe ek wakker word, toe sien ek nie vir Mari nie, so toe gaan kyk ek of sy nie dalk in Kakashi se kamer beland het nie. In haar dronkenskap kan sy enige kak aanjaag wat maak dat mense hulself fucked up bekak. Maar ek was nuuskierig met waar my malkop maatjie gegaan het.

Ek stap daar in, sien die klein bed en dadelik vir Mari in Kakashi se arms, al de blosend van die slaap. Ek besluit toe ek los hulle en gaan kombuis toe, want ek soek mos 'n warm koppie koffie. My kop was seer van daai alkohol die vorige aand. Mari het blykbaar geen problem met ons as ons drink nie, maar syt ons mos uitgekak oor rook, al rook sy fokken self.

Terwyl ek staan en koffie maak, wonder ek wat daardie twee angevang het die vorige aand, want Mari gaan definitief raas maak as sy só moet wakker word.

En soos ek gedink het, net toe ek melk in my koffie gooi, hoor ek een helse skree en iemand wat teen iets vasgebliksem word. Na dit hoor ek vir Mari, op haar kwaadste. "Wharrafuck dink jy facking doen jy jou facking facking poes?!" Skree sy. Okay, ek moes dalk vir Kakashi wakker gemaak het en gevra het dat hy uit die bed uit klim, maar ek wou regtig net onthaal daai oggend gehad het. Ek moet sê, om vir Jojo te sien opvlieg asof iets haar hard gebliksem het was tos snaaks!

Ek hoor toe hoe mompel Kakashi saggies dat Mari saam hom in die bed geklim het as gevolg van die alkohol. Okay, dit was 'n goeie verskoning, maar dit was definitief nie 'n goeie een vir hoekom hy haar vasgehou het asof hulle cuddle nie! Jaasaas, ek hoor toe 'n vuis in sy rigting vlieg en begin hom jammer kry, maar ek wou 'n totale bitch gewees het, so ek los toe die storie en luister hoe Kakashi sy gat vir hom gegee kry.

"Hoekom is ek fokken half kaal? Hê?! Het jy probeer fokken moves op my gooi jou facking poes?!" Hoor ek vir Mari skree voordat sy nog 'n reeks vuiste gooi. Lizzy snork wakker en sit regop. Jeanette volg na dit en grou in haar oor. "Facking pervert, jy! Jyt seker gedink jy kan facking score terwyl ek poes dronk was nê?!" Nog 'n paar houe en toe breek die muur tussen Kakashi se kamer en die sitkamer.

Daar staan Mari, net in haar pantie en 'n hemp, Kakashi lê in die sitkamer met 'n blou oog. Lizzy staan op en skuifel uit die pad uit. "Okay... wat het gebeur?" Vra sy vir my. Ek lig my skouers en roer my koffie.

Mari

Ek staan daar, die hell in vir Kakashi. Momo staan en drink koffie terwyl Jeani vir my staar en Lizzy wegkruip agter Momo. Jojo het agter die bank ingepoes. Ek knor toe en stap oor Kakashi om vir myself ook koffie te gryp. "Kry vir koelie in 'n bad, laat sy kan nugter word." Grom ek en gooi melk in my koffie in. Lizzy en Jeani beweeg toe van hulle plekke weg en begin vir Jojo so vinnig as moontlik by die badkamer sleep.

Ek gluur toe vir Momo en sluk my koffie. "Dit was poes snaaks..." Sê sy en sit op die bank. Kakashi lê en kreun van die pyn, so ek loop oor na hom toe en trap op sy bors. "Okay, Mari, dis genoeg nou!" Skel Momo en vlieg op. Ek draai na haar toe en knor voordat ek vir Kakashi nog een maal skop en gaan sit.

Na ek met my pantie bekleede gat op die bank gaan sit het, toe stap Jojo in van die badkamer af. "Fok... Ekt in 'n bad vol yskoue water wakker geword..." Sy vee haar oë uit. "Trek fokken klere aan!" Skree sy. Jeani blaf van die lag en kruip agter Momo weg want haar kop is ook nou seer.

"Hou jou bek!" Skel ek en gryp my kop. "Poes! Ek gaan nou." Die hardheid met wat ons geskree het het elkeen van ons in pyn gelos. Fok, al wat ek haat van alkohol is die kopseer die volgende oggend. "Ons moet geld gaan vra by Tsunade." Sê ek terwyl ek my koffie klaar slurp.

Kakashi spring op. "Nee! Nie nog drank nie! Asseblief!" Hy hol tot by die venster en spring uit. Die doos het seker met Tsunade gaan praat oor die geld wat ons benodig. My goeie fok, die geld was nie eens benodig vir dit nie, ons moes kos gaan koop het! Maar nou ja, jy kry mos mense wat te vinnig dink neh.

Elk geval, ek staan op en gaan soek my klere, wat net mooi in 'n scroll versteek is. Ek knor toe en probeer kyk of ek chakra het. Oops...

Die hele kamer het aan die brand geslaan. "Mari!" Skree Momo, besig om komberse te gryp en dit te gebruik om die vlamme dood te maak. Okay ek het nie geweet my soort chakra gaan die plek so baie skade aandoen nie... Ek wou net kyk of ek chakra gehad het.

Wat verkeerd geraai is, want ek het nie chakra nie, ekt fokken magic! Ekt geweet hierdie kak gaan my in die moeilikheid bring by Tsunade, want Naruto het besluit om sy kop in die gebou in te steek. Ag te oulik, scheem ek en stap uit Kakashi se kamer uit. "Whoa! Wat het hier gebeur? AAAARGH! Kakashi-sensei! Jyt indringers in jou huis!?" Skree Naruto.

"Ga!" Ek sit my hande op my heupe en staan voor al my chommies. Naruto se kakebeen val op die vloer. "Die tannie het gesê ons bly hier tot sy vir ons blyplek kan kry." Sê ek en gluur hom aan. Ekt heeltemal vergeet dat ek net daar staan in my onderklere, want die kind se oë was groot gerek. Toe ek eers onthou laat ek nog besig was om aan te trek toe kyk ek af na myself en storm terug na Kakashi se kamer toe om aan te trek.

Jojo was blykbaar gelukkig om vir Naruto te ontmoet, want ek hoor toe hy word versmoor, maar ek was besig om my klere in 'n tas te pak wat ek gekoop het, want ek het my scroll op gefok toe ek die kamer aan die brand steek. Ek maak klaar en stap uit die kamer uit, besig om te dink. "Mari, so wat maak ons nou?" Vra Momo, wat sit en giggel vir Naruto wat tussen Jojo se alle kleine tiete versmoor word. Ek rol my oë en sit die sak vol klere op my skouers.

"Ons trek vandag nog, ek bly nie nog een aand in hierdie fokken plek met daai vark nie." Snork ek en strek my rug so ver as wat dit moontlik kon gaan. My chommies kyk my aan asof ek befok in my kop is. "Wat?" Vra ek en gaan oor na die yskas toe om kos te soek. "Ek bly nie nog 'n fokken aand hier nie, se gat."

"Mari! Tsunade het gevra dat ons haar genoeg tyd gee om 'n plek te kry vir ons!" Kla Lizzy en probeer vir Naruto help om van Jojo af weg te kom. Ek snork en neem 'n hap van 'n appel voor ek dit teen Jojo se pit gooi. Lizzy staar vir my met haar mond oop, Jolene laat vir Naruto gaan en hou haar kop vas waar ek die appel gegooi het. "Dit was onnodig." Sê Lizzy.

Ek snork en haal my foon uit. "Kom laat ons fokkof, ek wil nog daai tannie gaan vra wanneer ons oefeninge gaan begin." Sê ek en stap by die voordeur uit. Ek hoor die ander vier rond tuimel om hul goed bymekaar te maak voordat hulle my volg na Tsunade se kantoor toe. Oppad daarnatoe loop ons in Shikamaru vas. Naruto sê cheers en gaan rammen winkel toe terwyl ek en my chommies onsself aan Shikamaru voorstel.

"So julle is al van gister af hier? Is dit wat so baie raas gemaak het?" Shikamaru krap sy kop. Jojo moes toe net perongeluk op my toon trap toe sy iets sien wat interessant lyk. Ek blaf 'n jip en moer Jojo bo-oor haar kop laat sy die grond koop.

"Jou dom poes!" Skel ek. "Jammer, ons moet by die tannie uitkom voordat ek my moer strip vir hierdie doos." Ek stap toe verder aan en vergeet verder van Shikamaru. Ons kom toe uiteindelik by die kantoor uit, maar daar is kak. Sakura staan buite die kantoor en lyk bleek. Van binne af kon ons hoor hoe die tannie iemand uitkak.

Laat ek net een ding sê, as ek nuuskierig is, sal ek sien wat de fok aangaan, en niemand gaan my keer nie. Ek igroneer toe almal anders en storm in die kantoor in. Tsunade hou op praat en die arme doos wat uitgekak word, naamlik arme Iruka wat ons nog nie ontmoet het, val 'n paar tree agtertoe in skok.

"Hey tannie, warrafuck gaan hier aan?" Ek grinnik. Voor ek my kon kry voel ek 'n vuis teen my kop. Ek draai om en sien vir Lizzy wat agter Jeani wegkruip. "Vir jou..." Ek gluur haar aan en hou 'n vinger in haar rigting. "Sal ek opfok dat jy nie sal reg kan kom nie, verfokkenstaan my nou, jou klein poes."

Tsunade vang my aandag voordat ek vir Lizzy kon vermoor. "Wat soek julle nou?" Vra sy; asof ons haar nie klaar in kak gebring het nie.

"Geld." Sê ek en vou my arms oor my bors. "Ons het als gebruik op klere en die res het ons gebruik om te syp. Kakashi moes ekstra bybetaal vir die drank." Ek loop oor na Iruka toe en begin hom tik.

Momo vee 'n hand oor haar gesig. "Mari, jy is so onbeskof soos gewoonlik..." Sug sy en draai na Tsunade toe. Sy buig in verskoning en staan agter Jojo, wie genies het laat haar hare lyk asof mens 'n ballon oor haar hare gevryf het. Iruka staan en staar vir my terwyl ek hom aanhoudend tik met my finger. Ek kon dit nie help nie, ek wou weet of hy soos 'n dolfyn maak as mens hom druk.

"Hoe spandeer julle al daardie geld op net klere en drank? Julle het basies net twee pare klere nodig." Tsunade sit agter haar tafel en hou 'n oog op my. "Hoeveel klere het julle gekoop?" Vra sy en bekyk die sak op my rug.

Jojo nies weer en haar hare val plat. Jeani sug en tree vorentoe. "Mari het gesê Kakashi sal betaal as daar nog geld nodig is vir die klere, toe is daar genoeg in die sak. Toe gaan ons kroeg toe en syp elk twee sixpacks bier uit." Sê sy en plak 'n hand teen haar gesig. "Nou wil sy nie nog 'n aand daar by Kakashi bly nie want sy moes saam hom slaap en sy weet nie hoe sy half-kaal langs hom in die bed beland het nie, en toe..." Fok en toe begin sy weer met haar elle lange verduideliking.

Ek staan en tik te lekker vir Iruka dat ek nie sien hoe frustreerd hy raak met my getikkery nie. Jojo het vir een of ander rede bly nies, en elke keer is haar hare of op of af. Tsunade moes vir Jeani onderbreek sodat sy kon vra hoekom Jojo so snaaks aangegaan het, wat ook veroorsaak het dat die tannie probeer om nie te lag nie, want Jojo het soos 'n doos gelyk. Ek duik betyds voor Iruka my arm kon vasgryp, toe gly my voet en ek val. Voor ek grond kon koop, skiet my hand uit en ek bliksem vir Iruka in sy knaters laat hy saam my grond koop.

Dit was die laaste. Tsunade bars uit van die lag laat die trane van haar wange afstroom. Syt so hard gelag dat sy uit haar stoel uit gepoes het. "Hou nou op!" Gil sy en probeer ophou lag. "Ek sal 'n blyplek vir julle kry teen die einde van die dag! En nog geld skenk! Hou net asseblief fokken op om so aan te gaan!" Tannie Tsunade probeer weer regop kom deur aan die tafel vas te gryp. Sakura wat staan en giggel het buite die kantoor, hardloop oor en help die tannie van die vloer af.

Toe almal kalmeer, want Lizzy het teen die muur gelê en skree van die lag, Jeani het soos 'n doos gestaan en gis van die kwaad, Jojo kon nie ophou nies nie en ek het op die vloer saam met Momo rondgerol van die lag, toe is almal weer op hul voete en Iruka hou sy knaters vas. Ek maak my keel skoon en begin praat. "Jojo het 'n klein probleem... Sy is half roboties, want syt kak met haar liggaam gehad toe sy klein was." Sê ek. "Nou, as sy in water land en sy nies is dit so holskerend soos nogiets."

Tsunade skud haar kop op en af en probeer keer dat sy weer lag toe Jojo nog 'n maal nies. "Dis seker haar sisteem se manier om te sê sy is siek... In elk geval, ek het vir Iruka gevra dat hy nie kan kyk of hy julle kan leer hoe om met chakra te werk nie." Sê sy en beduie na die ou in pyn. "Toe julle in die kroeg was toe het Kakashi opgeneem dat julle chakra het wat 'n bietjie anders is as ons chakra." Verduidelik Tsunade en staan op nadat sy nog 'n sak geld uit haar laai trek en vir my gooi. Ek vang dit en strek my arms agter my kop.

"Ek weet klaar hoe myne werk." Sê ek en begin dans vir een of ander rede. Jojo nies toe een laaste maal laat daar 'n bol snot teen die muur vas vlieg. Ek hou op soos 'n doos dans en draai na Tsunade toe. "Ek dink nie Iruka weet hoe om met magick te werk nie..."

"Ma-wat?!" Tsunade spring van haar stoel op en tree agtertoe, oë so wyd soos skinkborde terwyl sy vir my kyk. "Sê jy nou vir my jy is 'n heks?!" Gil sy. Oops? Ek het nie geweet syt 'n kak verlede saam hulle gehad toe sy jonk was nie, maar eks nie 'n fokken heks nie! En dis presies wat ek geskree het lat die venster kraak.

Ek gee graag oor aan Jojo wat so graag hierdie stuk wil vertel...

Jojo

Yay! Dis ek... Jojo, die super cool robot!

In elk geval, toe Tsunade sê dat Mari 'n heks is toe is al die hell los, fokken letterlik!

Mari blaf so hard dat sy nie een is nie dat die venster kraak. Direk daarna skiet daar vlamme op verskeie plekke op en die grond begin skud. Okay ek dink dis hoekom ons so baie aandag getrek het in die eerste plek, is Mari en haar magick. Maar voor ek die storie spoil, laat ek verder aangaan.

Na die plek begin skud, toe begin die vloer oop kraak en daar spring drie honde daaruit. Ek het gedink dit was drie honde, maar toe is dit een hond met drie fokken koppe! Al manier wat Mari sou ophou was om haar vas te gryp dat sy jags word... En ek was nie so happy daaroor nie, maar dit was al wat sou werk.

Ja mense, ek het die dag gered deur agter my skurwe chommie wat my die vorige aand gevry het te gaan staan en haar tiete vas te gryp. Sommer onmiddellik is hell uit die kantoor uit, maar Mari was nou jags, so toe kak ek... Momo moes keer dat Mari my broek af ruk, want sy was naby!

Fok ek het nog nooit my hart so hard hoor klop nie, en as ek se hoor klop, dan moet jy nou weet dit was ernstig. Jeani en Momo kry toe vir Mari gekalmeerd en als was weer normaal. Tsunade vra toe om verskoning en bly staan waar sy is, haar oë op Mari die heeltyd. Sy, Sakura en Iruka het hulself fucked up bekak. "Mari, is jy oukei?" Vra ek toe sy haar nek knak.

Sy draai toe na my toe en gluur my aan. "Wat fokken dink jy, twat." Grom sy en knak haar kneukels. Sy draai toe terug na Tsunade toe. Jeani en Momo staan naby genoeg sodat hulle vir Mari kon keer ingeval sy enigiets gaan doen. Dis ook waar, ek het nie 'n piep uit Lizzy gehoor nie. Toe ek kyk, toe sit sy op die vloer en staar vir Mari met groot oë. En sy was altyd een wat vir Mari satanisties noem... Ek wonder hoe sy nou oor God voel...

Elk geval, Tsunade begin praat. "As julle nie omgee nie... Julle kan julle eie goed gaan oefen as dit nie tedoen het met chakra nie... Gaan net saam met Iruka en probeer seker maak dat julle nie aandag trek nie." Sê sy. Ons knik toe en begin regkry om te loop. "O ja, pasop vir die Akatsuki. Julle het seker hulle aandag ook getrek." Mari draai eweskielik om en staar vir Tsunade.

"Hulle kan try, eks poes sterk." Mari knor so erg dat Lizzy begin bid het. Momo help vir Lizzy op en ons volg toe vir Iruka uit Tsunade se kantoor uit. Ons loop weer vir Shikamaru raak oppad uit die gebou uit. Hyt blykbaar die eweskielike opskiet in chakra gevoel en wou gaan uitvind het wat de fok dit was. Well, die res van die fokken shinobi in die flippen plek was ook oppad daarnatoe. Mari igroneer vir Shikamaru en gooi hom eenkant toe terwyl sy agter Iruka aanstap.

Ek buig gou vir Shikamaru. "Verskoon tog, sys bietjie fucked up afgepis..." Sê ek en volg agterna. Uiteindelik kom ons weg van die village en eindig op in 'n groterige oefen area. Mari was so de hell in dat vlamme dadelik op haar arms en skouers opgespring het. "Mari..." Sug ek onder my asem en kyk hoe sy haar vuiste uitswaai en vuur teen oefen mannetjies vasgooi. Die arme goed was binne twee sekondes na as verbrand, so Iruka moes begin om skaduwee kopiëe van homself te maak sodat Mari haar frustrasie nie op hom of enige van ons uit kon haal nie.

Haar bewegings was so flippen mooi...

Fok! Wat het ek gedink?! Dis my malkop chommie wat skurf is! Maar sy het meer soos 'n man aangegaan as sy baklei... Sy het nie eens 'n fok gevoel toe sy perongeluk een van Iruka se kopies mis en 'n boom aan die brand steek nie. Ek wou sommer vir haar 'n nuwe bynaam gee... Mari die Vuur Danser. Sy het gelyk asof sy op 'n onhoorbare liedjie dans terwyl vuur uit har hande vlieg en elkeen van arme Iruka, wat besig was om moeg te raak om aanhoudend kopies van homself te maak, se kopies te vang in vlamme.

My kop het naderhand begin dwaal en ek gaan sit onder 'n boom en kyk hoe Mari dans... Ek het begin bloos toe ek dink aan elke keer wat sy vatterig geraak het, en ekt begin wonder hoe sy sou lyk as sy 'n ou was. My hart het gaan staan toe 'n bal vuur vir die regte Iruka geklap het wat 'n paar tree voor my gaan staan het.

Mari het ophou dans en gaan sit. Iruka draai toe na my toe. "Jy kan flippen bly wees, as daai jou gevang het was jy gefok." Sê Momo en hou 'n oogie op Mari wat sit en rus. Iruka glimlag en gaan sit ook.

Ek weet nie wat met my kop aangegaan het nie. "Sys so mooi..." Piep ek uit onverwags.

Momo

Ek staar vir Jojo met groot oë. "H-het jy nounet gesê wat ek dink jy gesê het?" Vra ek. Jojo klap haar hande oor haar mond en bloos bloedrooi. Ek kon nie my oortjies glo nie... Ek draai om na Mari te kyk. "Jy weet sy sal bos befok gaan as sy dit hoor... Jy kan fokken bly wees sy het haar oorfone in haar ore!" Skel ek.

Jojo kyk vir Mari en sug in dankbaarheid. "Ekt vergeet syt haar oorfone in haar ore gedruk toe sy opie veld trap..."

"Jojo..." Ek sug en plak langs haar neer om te blom. "Wat dink jy van Mari?" Vra ek en haal my foon uit om my geheim prentjies van Mari wat ek geneem het toe sy nie weet nie te kyk. Ek wys een vir Jojo waar Mari oppad klas toe stap, haar kop gebuig met oorfone in haar ore. "Sy is nie so erg nie, veral nie as sy dink nie... Sy maak net laat dit erg is op haar eie."

Jojo neem my foon in hand en begin deur die prente kyk. "Sy soek aandag... Dis al wat ek weet... Ons speel gewoonlik net saam met haar oorigheid..." Jojo se mond hang oop eweskielik en sy staar vir 'n foto. Ek kyk gou watter foto dit is en gryp my foon weg van haar af, besig om te bloos. "W-was dit Mari?" Jojo sluk hard.

Ek kyk af na die prent van 'n aantreklike man wat in die stort staan. "Ek het dit geneem toe ons mos daar gaan kuier het laasjaar..." Vluister ek. "Dit was onverwags... Ek dink nie Mari weet daarvan nie... Van haar transformasie nie, ek meen..." Jojo kyk vir my asof ek mal is.

"Dink jy nie jy is 'n stalker nie?" Vra Jojo en gluur vir my. Haar gesigsuitdrukking verander eweskielik en sy kyk af. "As sy net omgedraai was sou alles gesien wees..." Sy bloos toe erger as 'n tamatie.

Jeani stap toe op na ons twee op en probeer check wat op my foon is. Ek sit my foon af en sluit dit, voordat sy enigiets kon sien. "Hey! Ek wil ook sien watter porn julle bitches kyk!" Kla sy.

"Fokkof asseblief!" Blaf Jojo, nog rooi in haar gesig.

Mari

Ek hou my chommies dop terwyl hulle oor Momo se foon baklei. My belangstelling was nie in enige van hulle nie, so ek draai toe terug na my eie foon toe waar ek besig was om skurwe manga te lees waar twee ouens mekaar ry.

Lizzy vang my aandag toe sy vir my staan en staar. Ek kyk op van my foon af en staar terug vir haar. Sonder om weer af te kyk na my foon, sit ek dit af en staan op. Lizzy se oë rek wyd en sy staan vinnig nader aan die groepie by die boom. Ek snork saggies en roep weer die vlamme op laat dit op die punte van my vingers dans.

Dis toe ek eweskielik hoor iemand skree, en ek kon dadelik raai wie dit was. My kop skiet op en ek bol my fuiste dat my arms vol vuur is. Voor iemand iets kon sê is ek klaar besig om vuiste vol vuur te gooi na die mense wat nie in Konoha hoort nie. Ek land toe in die middel van die groepie van vier mense, my arms vol vuur en nog vyf pare arms agter op my rug wat uit vuur bestaan. Ek kyk toe wie die fokkers is wat nou kom kak soek het en grinnik laat die grond begin oopkraak.

Ek roep vir Cerebrus op soos wat ek vroeër gedoen het en moer die naaste ou wat Kisame was. Die driekop hond spring in en gryp vir Hidan weg, ruk hom rond en gooi hom laat hy vêr trek. Die laaste twee, Sasori en Deidara, spring op een van Deidara se bekende stuk kak klei voëls. Ek draai gou na my chommies toe. "Eks nou met julle..." Sê ek en gooi 'n ring van vuur om hulle vir beskerming.

Jojo

Toe Mari die vuur om ons sit... Dit was asof sy vir ons 'n drukkie gee voordat sy op in die lug spring en Deidara uit die lug bliksem. Sasori moer grond toe aan die brand en Deidara word aan sy hare gegryp en in sy gesig gebliksem. Die driekop hond het toe verdwyn toe Mari weer op die grond land. Hidan was weg, Sasori was besig om te brand en Deidara was uit soos 'n kers. "Mari!" Skree ek, maar dit was te laat.

Voor sy haar kon kry is sy natgespuit met Kisame se water jutsu. Die ring van vuur het verdwyn en Sasori kon beweeg. Toe die stof verdwyn wat gemaak is as gevolg van water wat met vuur in kontak kom... Mari lê op die grond, nat... Syt nie beweeg nie. Kisame grinnik soos die fokken poes wat hy is. "Jojo... Nee!" Momo waarsku my, maar ek igroneer haar.

Ek is op en ek hol oor na Mari toe. Kisame begin lag. Daar is trane wat by my wange begin afloop het. "Haai shame, julle vlam prinsessie kon julle toe nie beskerm nie!" Die half vis vark het geblaf van die lag. Ek igroneer hom en staar af na Mari toe. Eweskielik skiet haar oë oop, en dis blou en nie meer rooi soos vlamme nie... Soos wat dit was vandat ons van Tsunade se kantoor af gekom het. Kisame staan en lag nog soos 'n kont.

"Eks uit, Jojo." Sê Mari voordat sy aan die slaap raak.

Iruka was net so fokken hulpeloos want hy was vir een of ander rede vasgebind teen 'n boom vas. Momo, Lizzy en Jeani hardloop oor na waar ek langs Mari sit. "Deidara! Kom! Laat ons gaan!" Skree Sasori. Daar was niks wat die res van ons teen die Akatsuki kon doen nie... Nie sonder die leier van ons groep nie, ons het nie eens geweet hoe om te baklei nie!

Die laaste wat ek onthou was dat ons almal met iets geslaan is.

-Lyn Breek-

Nee! mariXwic32 hoekom moet jy so fokken cruel wees?!

Ek weet! Ek wou hê dat hulle meer fight opsit... Maar ek kan nie so baie krag vir net een karakter gee nie! Dit fokken werk mos nie so nie!

In elk geval, ek hoop julle het dit geniet en hoofstuk vyf is oppad. Ek gaan dalk 'n bietjie laat wees om al tien hoofstukke op te sit, maar hulle gaan definitief op wees vir julle!

Cheers!