Boodskap van skrywer
Hoofstuk 16 is volledig op
Ek is terug na `n baie lang tyd, hoop julle geniet die hoofstuk. Dankie vir al die reviews.
Hoofstuk 17
Ariana gaan vir Harry leer oor tweestryde.
Ek gaan my bes probeer om vir haar `n goeie tweestryd geveg uittedink.
Gaan die laaste 18 maande kla maak wat nodig is vir Harry om Hogwarts toe te gaan.
Hoofstuk 18
Harry gaan koop goed vir skool.
Harry gaan na Hogwarts
Time
Permanente boodskap van skrywer
/ Vir die wat belangstel `n paar riglyne vir die fic
1. Familie bande
Ariana se tannie was `n suiwer-bloed heks en haar ma `n squib. Charlsus en Markus ken nie vir Ariana nie, want sy het nie in Brittanje gewoon as kind nie en hulle is heelwat ouer as Ariana.
2. Molly Weasley
In die fic gaan mevrou Weasly nie by Bellatrix kan byhou nie, sy is `n heks met gemiddelde magiese kragte. Dit is iets van die oorspronklike storie wat my pla.
3. Animagus vorm
Ek neem aan dit is moeilik tot ontmoontlik om spreuke te doen in jou gewone animagus vorm.
4. Verskillende tipes magiese kragte
4.1Wilde en accidental magic
Wilde magic is nie dieselfde as accidental magic, as iemand gewonder het. Wilde magic is net nie goed gevorm deur konsentrasie op dit wat jy wil doen nie, dit doen wat dit wil. Accidental magic is perongeluk gevorm vir `n spesifieke doel.
4.2 Die voorlopige vier vorme van magiese kragte wat towenaars en hekse gebruik
Daar is vier komponente van om `n spreuk suksesvol te doen: 1 Geloof dat daar iets gaan gebeur, 2 `n Bron van magiese krag vir die spreuk 3 Die magiese kragte moet beweeg vanaf die bron na `n punt waar dit `n vorm kan aanneem 4 Kennis, vaardigheid en fokus om die spreuk te doen .
Skeppende magiese kragte- Die magiese krag is sterk in persone wat glo daar gaan iets gebeur. Die vorm is oor die algemeen swak ontwikkel in die magiese wereld. In die 1980's is daar tien towenaars wereldwyd wat`n bogemiddelde vaardigheid vir die krag bereik het. Voorbeeld van die krag: Lily se beskerming oor Harry.
Natuurlike magiese kragte- Persone wat baie magiese krag kan stoor het `n aanvoeling vir natuurlike magiese kragte. 1000 persone wereldwyd met `n bogemiddelde vaardigheid, maar almal het `n basiese vaardigheid. Voorbeeld: Die simbole wat Hogwarts beskerm
Wilde magiese kragte- Magiese krag wat sterk vloei sonder dat dit gevorm word. Persone wat hulle magiese krag maklik kan laat vloei, het `n aanvoeling vir die magiese kragte. Duisende persone wereldwyd met `n bogemiddelde vaardigheid, veral donker towenaars en : Die horcrux se aanvalle op Harry en onomkeerbare vloeke.
Kennis gefokusde magiese kragte("arcane")- Persone met baie kennis oor spreuke het `n aanvoeling vir die magiese krag, asook `n sterk fokus. Meeste volwasse towenaars en hekse bemeester die bogemiddelde vlak. Voorbeeld: Dit wat studente leer by Hogwarts is meestal kennis georienteerd.
5. Moeilikheidgraad van spreuke
Julle sal deur die storie lees van meester graad spreuke. In die storie is daar ses moeilikheid vlakke van spells wat ek gebruik:
Meester- Die heel ingewikkelste en skaars spreuke, top 100 towenaars en hekse in die wêreld kan dit uitvoer- Sover persone wat dit magtig is, in die storie=Voldemort, Dumbledore, Euremus(Hoofstuk1), Ariana-Lily
Begaafd Spreuke wat meeste volwassenes nie kan doen nie. Sover Markus, Lupin
Bogemiddeld Spreuke wat sommige volwassenes nie kan doen nie en spreuke waarmee meeste mense sukkel. Sover Sirius, Abeforth
NEWT tot Auror vlak spreuke. Meeste volwassenees kan die spreuke gebruik. Molly Weasley gaan in die vlak val
Ondergemiddeld OWL vlak. Sover Berty die huiself
Maklikste basiese spreuke- Alles onder OWL
Tweestryde(duels)- Spreuke kan kompeteer met een vlak bo die spreuk, maar het min effek op twee vlakke bo die spreuk. Voorbeelde:
`n Bogemiddelde spreuk(vlak 3) sal altyd deur `n meestervlak spreuk(vlak 1) oorweldig word. Harry se eerste jaar spells(vlak 6) gaan byna niks doen aan `n volwassene se skild spreuke(vlak 4). Gewone vyfde jaar studente(vlak 5) gaan nie teen Voldemort se volgelinge(vlak 3) kan kompeteer nie, soos in Order of the Phoenix gebeur
Ek hoop die sisteem is meer gebalenseerd as wat ek in ander fics aantref
6. Verandering van towerstok se besit
Die besit van `n towerstok gaan nie so maklik verander soos in die boeke nie. Daar is mooi verduidelikings vir hoekom towerstokkke so maklik oorgedra word, maar ek dink dit is `n swak sisteem. Jy kan nie al iemand se wands vat as jy hom wen in `n tweestryd.
Twee maiere van afvat is: Jy moet die persoon doodmaak , of `n spesifieke begaafde spreuk doelbewus doen om iemand van sy towerstok los te maak.
Die enigste ander manier is as hy/sy vrywillig deur `n ritueel vir jou die towerstok gee.
7. Uile
Uile kan nie enige iemand enige plek opspoor nie.
8. Time Travel
Ariana in 2022 is dood sowel as Ariana in 1982. Die tydlyn gaan nog aan asof Ariana-1982 lewe bv. as Ariana-1982 die dag na James Potter se dood blomme vir haar ma gekoop het, ontvang haar ma blomme en sy onthou dat Ariana-1982 vir haar blomme gekoop het al het sy nie vir Ariana gesien nie. Ariana in Lily Potter se lyf mag nie inmeng met die gebeure wat outomaties ontvou nie en indien sy doen sal haar optrede uitgevee word binne `n paar uur. Ariana-Lily Potter kan gebeure in die toekoms verander wat niks te make het met haar vorige lewe nie, maar Ariana-1982 kan niks verander nie.
9 Transfigurasie basiese riglyne
Vlakke om te transfigureer van maklik na moeilik
1elemental- vuur water aarde lug
2ander elemente
3plante
4diere en muggles,
5magical plante
6magical diere
7 magical mense
Sterkte van spreuke nodig
1ste vlak basies
2de vlak basies
3de vlak Owl
4de vlak 6de jaar 7 jaar
5de vlak bogemiddelde spreuk
6de vlak en 7de vlak selfde vlak verandering net begaafde spreuke
6de vlak en 7de vlak, wanneet jy iets van die hoogste twee vlakke terugwaartse wil verwissel kort jy meester spreuke
Voorbeelde van verandering wat dit aanbring:Draco gaan nie maklik in `n dier verander word, `n towenaar se kop gaan nie maklik in `n plant verander word deur transfigurasie. Draco gaan nie in sy tweede jaar `n slang kan skep nie. Gewone nie-magiese objekte soos staal is nie goeie beskutting in `n tweestryd, jy kan dit maklik in lug verander.
10. Doepas
In die fic gaan persone nie dae spandeer om `n gemiddelde sterkte doepa te maak nie, want hulle het potte wat die brouproses versnel. Die verfyningsproses om die doepa verder te versterk en te verander kan wel jare neem./
