Al die regte behoort aan J.K. Rowling.
Hoofstuk 17
Ariana wou haar nuwe towerstok inoefen voor die tweestryd(duel), sodat sy gewoond sal wees aan die uniekhede van haar nuwe towerstok. Die daaglikse oefening het haar bewus laat word hoe baie die towerstok, verskil van die towerstok wat Oliavander destyds vir haar gemaak het. Oliavander se towerstok het haar gehelp om sterk beheer uiteoefen oor haar magiese kragte en sy was altyd trots op haar byna perfekte spreuke. Haar nuwe towerstok was uit-en-uit gefokus op die saamryg van verskillende spreuke. Selfs haar bonatuurlike handbewegings was nie te vinnig vir die towerstok nie.
Harry kon hom verkyk aan hoe sy ma oefen vir die tweestryd. Van sommige van die spreuke het hy al gelees in boeke, maar dit was veel beter om dit van nader by te aanskou. Net so opgewonde soos hy was om te gaan kyk na sy eerste tweestryd netso bekommerd was hy oor sy ma se veiligheid. Sterk towenaars en hekse kon mekaar ernstig beseer, al was die reëls, dat hulle moet probeer om nie mekaar te beseer nie.
HPHPHPHP
Van buite het die tweestryd stadion vir Harry gelyk soos `n antieke amphiteater waar mense in die verlede gaan kyk het na gevegte. Die binnekant was soos meeste magiese geboue heelwat groter as die buitekant. Die arena was omtrent `n 150 meter in deursnee, om vir die towenaars genoeg spasie te gee om in rond te beweeg. Tussen die arena en die sitplekke sien hy `n kragtige beskerming. Die beskermende spreuke was so dik aan mekaar geweef, dat dit vir Harry gelyk het soos glas. Om die skilde sterk te hou was towenaars verbied om meestervlak spreuke in die arena te gebruik, behalwe as dit `n semifinaal of `n finaal is.
Ariana se geveg was die derde geveg van die dag, daarom kon sy ma, oupa en hy saam na die eerste geveg kyk. Die posisie vanwaar die deelnemers gekyk het was volgens hom die beste in die hele stadion. Minder as `n meter voor hulle kon hy die spreuke wat gemis het sien ontplof teen die stadion se skilde. Die twee towenaars was in `n verwoede stryd gewissel, met gevaarlike vloeke wat orals vlieg. Elkeen het probeer om soveel as moontlik spreuke akkuraat te skiet, sodat hulle die kans om te tref kon verhoog. Tergelyke tyd moes hulle die ander persoon se spreuke ontduik, want hoe meer jy blok hoe minder kans het jy om aanteval. Die jong towenaars se bewegings was elegant en perfek afgemeet, amper soos skerm.
HHPHPHPHP
Ariana se plan vir haar geveg was om haar geveg so wild as moontlik te maak, want sy kon nie `n uitgerekte skerm geveg wen nie. Haar bonatuurlike reflekse en spoed sou help, maar goeie vegters kon `n geveg lees, en jou in `n posisie plaas waar jy nie `n spreuk kan ontduik nie.
Na die tweede geveg was sy nader geroep om haar plek te gaan inneem in die arena. Die vorige geveg moes baie opwindend gewees het, want die skare het haar luidrugtig toegejuig al het hulle haar nie geken nie. Na sy haar plek ingeneem het, was daar nog `n groter gejuig toe haar opponent die arena betree. Skaars dertig meter van haar af het `n lang man in gemaklike drag gestaan.
HPHPHPHPHP
Kommentator 1: Vanoggend se derdegeveg is tussen Simon Weber en `n heks wat net bekend staan as Dumbledore. Met selfvertroue haal Weber sy towerstok uit sy skede en stuur `n skadelose spreuk in haar rigting, Weber is gereed.
Kommentator 2: Dumbledore wil die geveg so vinnig as moontlik laat begin en stuur `n spreuk van haar eie. Die magiese skild verskyn, sodra dit verdwyn kan hulle aanval.
Na die skild verdwyn het, kon Ariana danksy haar bomenslike reflekse sien dat hy begin met `n vloek wat gemaak is om te sny. Intussen het sy solank begin met `n simbool wat haar spoed sou verhoog. Na die spreuk sou niemand haar bonatuurlike spoed bevraagteken nie. Die towenaar se tweede spreuk het net sy towerstok begin verlaat, toe Ariana haar tweede en derde spreuk saamvoeg. Sy het begin met `n kombinasie van spreuke wat `n klomp treine direk in sy rigting stuur .
Kommentator 1: Simon Weber begin die geveg met `n paar ernstige sny spreuke, terwyl Dumbledore `n spoed simbool opvolg, met `n massiewe transfigurasie!
Kommentator 2: Dumbledore het duidelik `n punt wat sy vanoggend wil bewys met so kragtige begin. Kan sy die krag volhou?
Die sny spreuke kon nie veel teen die treine vermag. Die towenaar se reflekse was goed ingeoefen vir tweestryde en hy het blitsvinnig die grond onder hom opgelig om `n heuwel oor hom te vorm. Die kop van die trein het skadeloos oor die heuwel gery, maar van die waens het opnuut aangeval deur in die heuwel inteboor. Die waens het oral ingetonnel op soek na die towenaar, maar het nie meer genoeg krag gehad om deur die towenaar se tweede beskerming te breuk.
Komentator 1: Kreatiewe gebruik van transfigurasie deur Dumbledore, maar Weber is uitstekend op die verdediging. Weber sal vinnig onder die heuwel moet uitkom as hy hier wil terugkom in die geveg.
Kommentator 2: Weber is uitstekend om moeilike situasies te omskep in `n geleentheid vir `n uitklophou.
Ariana kon gou sien die aanvaal gaan nie werk nie en het van die waens laat ontplof in die tonnel. Die towenaar was vir `n oomblik vasgekeer onder die grond voor hy homself uitgetonnel het deur van die grond om hom in magiese diere te transfigureer. Die diere het herhaaldelik in verskillende diere verander, sodat sy hulle nie almal met eenslag weg kon transfigureer nie. Ongelukkig vir die towenaar was Arianna goed bekend met maniere om diere te hanteer. Haar skerp lig spreuk gekombineer met `n hipnotiese deuntjie het hul gou aan die slaapgemaak.
Kommentator 1: Weber gebruik op sy beurt weer transfigurasie om uit te kom, maar sy aanval word maklik gestuit, deur magiese musiek van alle dinge. Die geveg is terug in die oopte en Weber val ernstig aan met `n paar rowwe vloeke.
Kommentator 2: Dumbledore sukkel om Weber se akkurate spreuke te ontduik. Dit lyk of sy nog sal moet werk aan haar voetwerk. Weber probeer sy bes om haar swakpunt uittebuit, maar dit lyk of haar tweede verdediging elke keer net op die regte tyd inskop.
Ariana wou sover as moontlik die spreuke vermy deur aan die hardloop te bly. Haar bomenslike spoed en `n geheime simbool uit die toekoms wat haar in nood `n honderd keer kleiner maak was genoeg om haar die spreuke te laat ontduik.
Kommentator 1: Weber probeer die area rondom hom beskerm teen Dumbledore, wat nou al nader gehardloop kom. Sy vloek lyk amper soos dementors wat oral rondom hom sweef. Dumbledore hou hom op sy tone met `n kombinasie van magiese messe en ontploffings.
Kommentator 2: Na drie minute lyk Dumbledore meer gemaklik in die arena, nadat sy sien haar tegnieke werk teen Weber. Weber gaan vanoggend getoets word.
Ariana loop haar vas in die swart gedaante en gee gou pad, terwyl sy `n simbool trek wat die figguur sal verjaag. Daarna stuur sy `n groep magiese spreuke in Weber se rigting wat hom deur die lug sou skiet. Hy ontduik die spreuke, maar Ariana skiet die eerste groep spreuke met `n ander om die spreuk te verander in `n vakuum wat alles insuig.
Kommentator 1: Ariana verras Weber deur een van haar eie spreuke te skiet, puik magiese beheer van die nuweling . Weber se verdeging vou teen die gekombineerde krag van die twee spreuke. Weber se laaste aanvallende spreuk het getref, dit lyk soos `n versmoor vloek.
Kommentator 2 : Dumbledore hou egter kop en plaas `n simbool op haar self, sodat sy kan lug kry sonder om deur haar mond asem te haal. Weber is baie naby aan die spreuk wat hom wil insuig, maar veg nog met magiese skilde! Dumbledore skiet `n kombinasie van lig spreuke en Weber skilde verswak. Dumbledore wen! Weber was bewusteloos die oomblik toe hy aan die spreuk raak.
(Na die geveg)
Kommentator 1: Die skare kan dit nie glo nie! Simon Weber die twaalfde gekeurde verloor in die eerste rondte teen `n nuweling. Die legendariese Albus Dumbledore kry haar aan die rand van die arena om haar geluktewens.
Kommentator 2: Ek is net so verbaas soos die skare. Wat gelyk het na `n maklike eerste rondte geveg vir Weber, het ontaard in `n titaniese stryd. Dumbledore wou net nie volgens sy reëls veg nie. Dit lyk of sy deur die welbekende Albus Dumbledore afgerig word. Met kreatiewe gebruik van haar magiese kragte behaal sDumbledore haar eerste oorwinning.
HPHPHPHPHP
Die vakansie het hulle beide goed gedoen. Arianna was meer gefokus by haar werk en Harry het vinnig gevorder met sy skoolwerk.
Na die oorblywende Marauders haar vertel het van die Doepa proffesor by Hogwarts se klasse die afgelope jaar, het Arianna besluit om self vir Harry te begin eerste jaar doepas leer. Om meer tyd te maak vir die doepa klas het Arianna afgeskaal op Harry se ander vakke, want hy was alreeds ver gevorder in magiese simbole en musiek.
Sy tutor vir nie magiese vakke was beindruk met Harry se vinnige vordering in sy vakke. Harry het goed gedoen in Latyn en Engels, as gevolg van Arianna wat hom ook daarmee gehelp het om hom gereed te kry vir Hogwarts. Sy Wiskunde en Geskiedenis punte was nie so goed nie, maar hy het aanhou werk vir sy A vir die einde van die jaar.
Om Harry gefokus te hou op die teoretiese werk moes Arianna dit afwissel met praktiese werk. Sy het probeer om vir Harry spreuke te leer, maar Harry het gesukkel om die twee handbewigings se magiese krag te sinkroniseer. Harry kon mettertyd die spreuke doen, maar dit was nog baie keer onbeheerst.
Gregorovitch se handleiding was van groot nut, maar hy het ook nie al die spreuke se handbewegings geken nie. Arianna en Harry moes dan vir weke spook om die handbewegings te ontdek. Arianna se meester spreuk wat haar instaat gestel het om magiese kragte te sien, was die enigste ding wat die ontdekkings moontlik gemaak het.
HPHPHPHPHP
Harry is na sy tiende verjaarsdag ingelig, dat hy toegang tot Hogwarts kan verkry as hy goed genoeg doen in die volgende Junie eksamen. Alle magiese kinders moes vyf vakke slaag om toegang tot Hogwarts te verkry.
Kort voor Harry se elfde verjaarsdag moes hy die Junie eksamen gaan skryf, sodat Hogwarts kon sien hoe ver hy al gevorder het met sy magiese studies. Danksy Arianna en sy ander tutors kon Harry al vakke skryf wat vir hoër jare bedoel was. Die vakke wat hy dan reeds voltooi het hoef hy dan nie by Hogwarts te neem nie.
HPHPHPHPHP
Harry Potter uitslae:
Gemiddelde Magiese Krag Toets: 94(negende uit 100 studente)
Eerste jaar vlak
Transfigurasie: 80- 0(Teorie:70, Prakties: 90)
Magiese Musiek: 72-E(Teorie:70, Prakties: 74)
Tweede jaar vlak
Geskiedenis van die Magiese Wêreld: 70 E (Bestaan slegs uit teorie)
Derde jaar vlak
Magiese Simbole: 85-O (Teorie:86, Prakties: 84)
Latyn: 84-O(Grammatika:78, Vertaal en Skryfwerk:90 )
Doepas: 81-O(Teorie:76, Prakties: 86)
Ron Weasley uitslae:
Gemiddelde Magiese Krag Toets:85(30ste uit 100 studente)
Eerste jaar vlak
Transfigurasie: 70- E(Teorie:65, Prakties: 75)
Magiese Simbole: 88-O (Teorie:82, Prakties: 94)
Doepas: 70-E(Teorie:66, Prakties: 74)
Inleiding in die Voorspellende Kunste: 80-O(Teorie:75, Prakties: 85)
Tweede jaar vlak
Latyn: 68-E(Grammatika:70, Vertaal en Skryfwerk:66 )
Geskiedenis van die Magiese Wêreld: 72 E (Bestaan slegs uit teorie)
Hermione Granger uitslae:
Gemiddelde Magiese Krag Toets: 98(derde uit 100 studente)
Eerste jaarsvlak
Algemene Magiese Teorie: 95-O
Bestudering van Magiese Diere: 100- O(Bestaan slegs uit teorie)
Latyn: 95(Grammatika:100, Vertaal en Skryfwerk:90 )
Towerstok Hantering 104-O(Teorie:106, Prakties: 102)
Inleiding in Magiese Syfers: 106-O(Bestaan slegs uit teorie)
Geskiedenis van die Magiese Wêreld: 100-O(Bestaan slegs uit teorie)
Inleiding tot Nie-Towenaar Studies: 105-O(Bestaan slegs uit teorie)
Astrologie: 85-O(Teorie:95, Prakties: 75)
Draco Malfoy uitslae
Gemiddelde Magiese Krag Toets: 92(twaalfde uit 100 studente)
Eerste jaarsvlak
Algemene Magiese Teorie: 90-O
Latyn: 87-O(Grammatika:89, Vertaal en Skryfwerk:85 )
Inleiding in Magiese Syfers: 83-O(Bestaan slegs uit teorie)
Geskiedenis van die Magiese Wêreld: 95-O(Bestaan slegs uit teorie)
Astrologie: 90(Teorie:90, Prakties: 90)
