So, ek weet ek gaan nie reviews so vinnig kry nie, maar ek wil graag ten minste een review hê teen die einde van die week vir al tien die hoofstukke wat ek oorskryf.

Ekt so effens 'n probleem opgetel vanoggend, en dit was die bliksemse honde wat my kom wakker maak het. Dié van julle wat 'n pug het of weet wat een is, weet dalk seker hoe kak my oggend was. Koue plat neuse in my hol is nie 'n lekker wakker word alarm nie! Ook nie my pa wat die honde inlaat nie, maar ons praat nie daaroor nie want my derra is awesome.

Elk geval, ek wil graag 'n vraag laat, maar eers na die hoofstuk, andersins gaan julle vergeet wat die vraag was.

So, sonder enige ander kommentaar, hier is hoofstuk twee, en ek hoop julle geniet dit my lifelike lesers!

-Lyn Breek-

Soos Momo sê, as kak die fan slat, dan is Mari die eerste een wat blammeer word. Ek het nooit regtig geweet hoekom sy dit sê nie, want ek het nog altyd gedink eks mos soet en doen níks verkeerd nie. Ek is tot nou toe demoer in vir Momo. Toe ek leer hoekom sy dit sê, toe het ons net-net in die Narutoverse ingekom.

Lat ek vir julle nou vertel, toe ek daai bliksemse slet se gesig gesien het, toe is al die hel los. Vra vir Jojo, wat my moes keer voordat ek die pienk behaarde teef se kop afklap en dit as 'n plant pot gebruik. Ekt nog nooit van Sakura gehou nie, nie eens toe ek die episode van Naruto saam met Jojo gekyk het waar Sakura van Sasuke vergeet en kak. Jislaaikit, ek dink ekt nie van enige van die karakters in die storie gehou nie. Okay, behalwe nou vir die hoofkarakter, Naruto. Ek het altyd gedink eks meer soos hy, hiperaktief en kinderagtig, want eks nou nogsteeds so. Ek het so paar oomblikke van totale verliefdheid gehad toe ek van die karakters in die storie sien, maar ek gaan nie verder daaroor dwaal nie.

Maar Sakura? Nooit, ek fokken haat daai bitch. Ekt nog nooit van pienk gehou in elk gefoken val. Daai dag… jirre ek was befok hoor. Momo moes opstaan en my voete gryp, Jeani moes my grond toe dyk en Lizzy moes my hande vasmaak. Toe ek uiteindelik Kalmeer, nog bibberend te danke aan die meer, sien ek Sakura se oë wat wawyd oop is en Jojo se gat wat uit die bosse uitsteek. "My fok! Jojo! Kry jou gat uit die bos uit voordat die bliksemse olifant jou trap!" Het ek geskree.

"Watter olifant?" Skree Jojo terug, blykbaar nie lus om te beweeg nie. Syt seker in die bos geval toe ek haar skop, want ek het definitief iemand geskop toe almal my grond toe duik.

Momo het begin giggel. "Ek kan jou g-string sien!" Dis toe ek ook nou wil fokken sien, want ek ken nog altyd vir Jojo as in soet meisie wat nie sulke jagse goed doen nie. Fok, syt nie eens 'n ou nie! Ek dink ek moet nou sharrup voordat ek die storie vooruit vertel…

Jojo het uit daai bos gespring en haar broek opgetrek, al blosend soos 'n tamatie, en ekt 'n glips gevang van haar pantie, wat toe nie 'n g-string was nie "E-ek dra nie so ding nie!" Tart sy terug. Ek het die gevoel gekry dat hierdie vakansie baie, baie snaaks gaan wees. Maar nou ja, dit was nie 'n vakansie nie want ons was in die Narutoverse for funny fuck sakes!

Sakura kon nie uitmaak wat de fok ons sê nie, soos ek gesien het, so sy het vir ons gekyk asof ons mal was. Ek draai toe na haar toe en staan op. Lizzy se tou wat sy gebruik het om my hande vas te bind, het glad not fokkol gekeer dat ek losbreek nie, ek dink sy het vergeet dat ek groot gebou is? Meskien moes ek nie so baie in sport belangestel het nie. "Oi, pienk-gat!" Roep ek. "Waar de fok is die naaste 'bar'?"

"Mari, kalmeer jou poes!" Het Jeani geskel en my bek toe gehou met haar kleine maer handjies. Haai shame, ekt nog altyd my chommies jammer gekry, want hulle was so fokken skraal. Momo wou aan die begin van matriek bloed gaan skenk het, maar sy was gans te maer om te skenk! "Dink jy nie ons hoort iewers te soek om die aand te slaap nie? Meskien kyk of ons 'so called waterproof' fone nog werk? Want ek weet vir 'n feit jou sigarette is in hulle moer in na ons in daai dam gepoes het." Wat nie waar was nie.

Ek het begin rook in graad 10. My ouers is rokers, so ekt met dit grootgeword. Wat poes snaaks was, was my suster wat eerste gevang is rook! Sy sit in die sitkamer al te fokken lekker en rook, toe stap my ma om die hoek. Jaasaas. Maar dit was nie so erg nie, syt net 'n speech gekry van my ma en pa af. 'N dag na dit toe sluip ek in my ouers se kamer in en vertel my ma dat ek ook rook. My ma het net haar oë gerol en gesê syt so gedink.

"Liewe duiwel, Jeani! Jys reg!" Het Jojo uitgeblaf. Sy grou toe in haar broeksakke en trek haar foon uit, die ongelooflike duur, waterproof blackberry. "YES! Dit werk!" Skreeu sy en spring rond soos 'n mal aap. Okay, sy is nie net die enigste een nie, daar is baie op die strate in Suid-Afrika, Gauteng veral. Because why, mense deesdae ry soos poese en dink: 'nee shap, ek het 'n kar, kom ek ry soos 'n kont en pis almal af.'

Die res van ons haal ons fone uit en kry presies dieselfde reaksie. "Waterproof? Check!" Lag ek. Die tegnologie van vandag is net so fokken fucked up. Kinders lees minder boek en verkies om kak soos hierdie fanfic te lees. Hulle doen ook kakker in hulle skoolwerk as gevolg van slimfone, tablette en rekenaars.

Wat my nog erger kwaad maak, en hierdie is 'n les wat ek graag wil hê ouers moet leer, is dat ouers nie eens meer bogger met hulle kinders nie. Jaasaas, die ouers van vandag laat toe laat tiener meisies swanger raak en allerhande ander kak. Ekt nog altyd gevoel dit sou beter wees as ons teruggaan oudae toe, waar kinders gesien word en nie gehoor word nie, en waar kinders gebliksem word as hulle stout is!

"Err..." Sakura staan verstom en kyk ons aan. Haar gesigsuitdrukking het my net so effens afgepis, want ek hou nie van haar gevreet nie. Om ernstig te wees, ek moes myself kalmeer voordat ek weer grond toe gedyk is.

"Fok, Mari, dink jy sy kan ons verstaan?" Momo draai na my en kyk my aan met blou oe wat skreeu 'oops'. Haai foei tog, sy en haar puppy eyes het my nog nooit gekry nie, al smeek sy hoe mooi vir kos. Klein teef het altyd my kos gevra, vandat ek haar ken.

Ek skud my kop. "Seker nie. Ekt altyd gedink ons sal Japanese moet leer om hier te praat, maar..." Ek sug en draai na Jojo toe.

"Ons Japanese suck..." Sug Jojo. Ons het altyd gewonder watter taal die mense sou praat in Naruto, toe draai dit uit laat hulle fokken Engels is. Die kakste van als is die feit dat ons nie veel Japanees kan praat nie, want ons het dit nie as 'n vak op skool gehad nie.

"Eks nie goed met Engels nie..." Sug Lizzy. Ons is net so kak in Engels, want ons punte vir Engels is almal onder 45.

"Fok weet..." Sug Jeani. Haar hopelose oë staar grond toe asof sy wil opgee en vrek, wat ek nie veel oor kommer gehad het nie, sy is mos nie een van my favorites nie. Ek moet seker bylas dat as Jeani hopeloos is, dan raak sy depressief en wil dooi.

"Ek weet! Kom ons probeer in Engels kommunikeer dat ons Konoha toe gevat word sodat die Hokage of iets ons kan help." Ek klap vir Jojo op haar skouer en probeer vir Jeani opkikker, want sodra sy 'n mes kry, is daar net bloed.

"Eina, bliksem!" Jojo gryp haar skouer. Ek moes seker haar nie so hard klap nie? Wie de fok gee om? Sy weet sy kon duik voordat my fuis haar skouer tref. "Okay, goeie idee." Sy vryf haar skouer en mompel onder haar asem. Ekt ewekansig gehoor dat sy sê eks 'n kont, maar ekt seker weer verkeerd gehoor.

Ten minste is al die gesuggery klaar, want nog een en ek sou begin gaap het. Ekt nog nooit van drama stories gehou nie, want dit was altyd de bogger kak. As my ma 'n sepie op televisie gekyk het, is ek besig op my rekenaar om Spongebob Squarepants te kyk!

Ons almal draai na Sakura toe. "Can you take us to your..." Momo dwaal af en draai na my toe. Syt seker gedog sy kan reg vertaal, toe kon sy nie. Kom ons stel dit so, ons Engels gaan altyd, en sal vir ewig, kak wees, want ons is moeder fokken Afrikaans, en fokken trots daarop!

Ek lig my skouers en draai na Jeani toe. Sy rol haar oe en begin praat, maar haar Engels het goed geklink op die eerste twee woorde. "Can you bring we to you're village so that us could figure that shit outside?"

Eweskielik kon Sakura verstaan. Sy skud haar kop op en af. Ek kon nie vir 'n fok verstaan wat Jeani gesê het nie, want dit het so kak soos nogiets geklink! "Sure... Err... Who are you?" Vra Sakura.

"Mari." Sê ek, al glurend na Sakura.

"Momo." Sê Momo, met 'n glimlag wat ek wou afklap. Fok my himeur was kort.

"Jeani." Die kind krap toe in haar oor en lek haar vinger. Lizzy raak bleek en lyk asof sy wil kots, Momo trek haar gesig skeef en Jojo grinnik net. Ek rol my oë en igroneer vir Jeani en haar oor was.

Lizzy hou haar hand voor haar mond voordat sy antwoord. "Lizzy."

"JOJO!" Blaf Jojo. Ek klap haar agter haar kop laat haar voete onder haar uitval. Sy is nog altyd trots op haar bliksemse naam, en hou daarvan om hard te skree wie de fok sy is. By die skool was dit 'n missie, want ek mag haar mos nie bliksem laat die snot skiet nie.

"Sharrup, grootbek." Skel ek. Momo giggel saggies. "Ekskuus? Soek jy ook een?" Ek gluur haar aan. Sy skud haar kop en staar vir my met groot oë wat soos borde lyk. Dit het my herinner aan Dobbie van Harry Potter met sy ou groot, pofferige oogies.. Ek draai terug na Sakura toe. "Jeani, fokken help hierso, vertaal wat ek se."

"Jirre Mari, kalmeer jou parra." Jeani rol haar oë. Ek begin toe praat. "Take we to you're Hokage, please." Jeani draai na my toe. "Heh? Is dit al? Dis presies wat ek gesê het!"

"Ja, jou dof pof, wat de fok dink jy?" Ek rol my oë. "Kan ons tog gaan? Ek het nog nie eens my bier klaargemaak nie, nou soek ek twee in plek van die helfte wat weg is." Ja, eenkeer 'n syp vlieg, altyd 'n syp vlieg!

"Selle hier!" Tjirp Lizzy. My oë rek wyd en my kaak hang. Ekt nie geweet sy hou van alkohol nie! Veral nie met wat sy oor alkohol tesê gehad het voordat sy begin drink het nie. Dooie poes, as ek oor die naweek se partykie gepraat het, skel sy my uit en sê dat ek 'n alkolis gaan word. Laat ek net sê, eks nie 'n alkolis nie, eks net lus vir alkohol!

Ek kyk verstom na Lizzy. "Het jy enigsens 'n alkohol probleem, kind?" Vra ek verbaas. Die eerste keer wat sy eintlik drank geproe het was op my verjaarsdag daardie jaar. Ons het almal moertoe gesyp geraak op Tequila en Vodka, want ek was doos lus vir kuier.

"Nee..." Lizzy bloos. "Wil manet myself laat groot lyk..." Luister, as jy jouself wil laat groot lyk, vergeet dit, want jy maak jou naam net gat voor almal. Ek kon nog nooit mense verdra wat dink hulle kan hulle alkohol hou nie en dan kak hulle daarvan af nie. So kinders, moenie drink voordat julle agtien is nie, because jy gaan jou gat sien sonder 'n fokken spieël.

Momo sug en skud haar kop. Ek kon voel hoe 'n aar in my kop groter word met daai sug. Nog een en ek sou haar moer. "Kom ons gaan, voordat Mari nog kak aanjaag..." Mompel sy.

"Oi, ek kan jou hoor, jou bliksemse twat!" Kekel ek, gluur haar aan en knak solank my kneukels.

Sakura maak haar keel skoon en beduie dat ons haar moet volg, nog voordat ek vir Momo kon poes. Nog bliksemse kak het die fan gemoer toe Jojo dink sys 'n fokken ninja en probeer in 'n boom spring. Ek, Momo, Lizzy en Jeani skeer nou nog ons holle vir daai dag!

Ek se net een ding, vandat ek Jojo geken het, is sy nie die skerpste mes in die laai nie, maar sys die blinkste bliksem! Jojo was nooit een vir hoogspring nie, veral nie nadat sy amper haar neus gebreek het die laaste keer wat sy probeer het nie. Sys die luiste persoon wat ek nog ooit ontmoet het in my lewe! So toe sy hierdie ninja ding probeer het, toe rol ek op die grond!

Jojo hardloop na die boom toe en spring so hoog soos wat sy kan (30 cm is nie veel hoog nie...) Toe neek sy in die bliksemse boom vas. Ek wens ons kon daai boom afsaag en saam huistoe gebring het, want daar was nog 'n volle induik van waar Jojo ingepoes het. Toe sy haarself daar losval toe skeer ons onsself net so erg! Syt 'n rooi merk op haar voorkop gehad!

Van toe af noem ons haar Koelie as sy een van ons afpis. Maar, dis nie net arme Jojo wat sleggesê word nie. Ek het ook paar kak goed gedoen, en Momo en Jeani en Lizzy. Ons het elk 'n naam wat teen ons gebruik word as ons die ander afpis of iets, maar Jojo s'n was die beste ooit. Ek moet vir haar krediet gee, om 'n bliksem te wees is okay, maar om 'n dom poes te wees is 'n hol-skeer-storie.

Nadat ons onself weer van die grond af opgetel het, toe stap ons maar deur die bos agter Sakura aan. Ek was nogals bang, want fok weet wat in 'n bos ronddwaal. Ek was bang vir die olifante!

Ek moet wees, want ek het in graad 11 Fiela se Kind en Kringe in die Bos deur Dalene Matthee gelees, en dit het my maak bosbang raak. Heelpad na Konoha toe het ek aan Momo se skouers vasgegryp as 'n takkie breek of 'n blaar val. Fok, Momo was naderhand so demoer in met my en my bangheid dat sy naderhand my voor haar ingeskop het. Die son het klaar begin sak, en vir al wat 'n fok weet is ek bang vir die donker.

Ek moes toe aan Sakura vasgryp, wie ook naderhand de poes in met my geraak het, maar dit hanteer het. Die feit dat ek aan haar moes klou omdat ek bang was het my klaar kwaad gemaak, want ek wou haar verwurg, maar ek was te fokken bang om my enigste beskerming teen moontlike olifante dood te maak, en die ander is net so gebreklik teen olifante, want hulle kan nie eens iemand bliksem nie!

Okay, ek was nog altyd bang vir die bos! Ek verkies stadslewe bo enige dekselse bos enige dag! Dit het begin nadat ek daardie kak vliek saam my ouers en suster op televisie gekyk het. Fok was ek bang na daai dag, ek het nie vir 'n hele week skool toe gegaan nie! Net bly rugby kyk...

Ons kom toe na amper 'n halfuur se loop by die plek aan. Laat ek een ding se, ek hou glad not fokkol van stap vir ure nie, dit maak my bene seer en my kop word deurmekaar. So dink nou hoe ek moet voel as ek in 'n bos rondloop vir 'n halfuur, bene raak seer en ek word deurmekaar. Blerriewell demoer in! Jojo, hangende kake en al, staar vir die poes groot hekke wat voor ons gestaan het. Ek staan en vloek al wat 'n bos is saggies. Sakura het verdwyn, seker om met die wagte te gaan praat, want die volgende oomblik trek die moerse hekke oop en Sakura staan agter hulle.

Ek draai na Jeani toe. "Jyt fisies, hoe de fok maak daai groot hekke oop?!" Met verbasing staar Jeani my aan asof ek nou die domste vraag ooit gevra het. Ek kon dit nie help nie, ek vra nog van kleins af kak vrae wat kak antwoorde sal kry. My grappe is net so fokken kak want ek kan nie aan goeie grappe dink wat maak dat mense hulle hol skeer nie.

"Mari, daar is so ding soos 'chakra' in hierdie wêreld, jou nool." Skel Jojo en sit haar hande op haar heupe. Syt soos 'n doos gelyk, so syt weer haar hande laat sak nadat ek begin snork het van die lag. "Moenie arme Jeani vrae vra wat nie 'n antwoord nodig het nie."

"Fok, kalmeer Koelie." Ek Hou my hande op vir beskerming, rol my oë en stap deur die hekke. Toe vries ek en staar met groot oë na die binnekant van die fokken plek. Jislaaikit, ekt eerste vir 'n kroeg gesoek sodat ek kan gaan syp, maar Lizzy het my saam getrek voordat ek kon verdwyn om te gaan syp. Klein bitch, ek sou baie beter gevoel het, maar nou ja.

Ons volg Sakura verby 'n hele paar restaurante en stalletjies en huise voordat ons by 'n poes groot gebou kom wat amper so groot soos Big Ben is, en glo my, as dit nie vir Big Ben was nie, sou ek nooit 'n horlosie kon lees nie! Nadat Sakura ons van die straat af getrek het, want ek het bly soek vir die kroeg, is ons in die gebou in en op met derduisende poeslike trappe! Asof ons nie genoeg trappe klim by die bliksemse skool nie!

Nie lank nie, arriveer ons by 'n kantoor en Sakura sê vir ons om te wag. Daar was 'n paar stoele naby, so ons gaan sit toe. "Jirre Momo, kan jy nie nog kakker lyk nie?" Fluister ek en beduie na haar hare wat in verskillede rigtings steek.

"Mari gaan kyk bietjie in 'n speel. Jy lyk asof 'n koei jou gelek het en in die varkhok gegooi het!" Skel Lizzy. Ek voel toe my hare en vee 'n hand oor my gesig voordat ek my hare plat vryf, wat fokkol werk nie, want ek het nog altyd hare gehad wat woes is.

"Ons is almal fokken deur koeie gefokken lek dan!" Fluister ek harder en beduie na ons almal. "Wat de fok?"

Jojo sug. "Dis duidelik dat ons nog nooit hierdie kak verwag het nie." Sê sy. "As ons dit wel verwag het sou ons ten minste kamme en rekkies saamgebring het, meskien jou straitener ook."

"Well, kan fokkol daaraan doen nie, hê? Ek soek 'n fokken bier." Sug ek. "En wat de poes wil jy nou maak met my straitener?"

Sakura loop toe uit voordat Jojo enigiets kon sê en roep ons in die kantoor in. Voor ons in gaan, fluister Momo vir my iets. "Dis meskien omdat ons die 'scarieste' persoon in die storie gaan ontmoet... Of dat ons net randomly in daai poes water beland het."

Ek skud my kop ja. Ek was poes bang vir die ou blonde tannie wat agter die tafel gesit het, syt my herrinner aan 'n ou blonde juffrou wat ek op laerskool gehad het... En daai tannie was nie 'n katjie wat jy sonder handskoene aanvat nie! Die water was nie meer 'n kommer nie, want ons het al droog geword, maar ons hare het soos kak gelyk. Toe ons instap toe kry ek 'n vuil voel idee om haar in Afrikaans sleg te se voordat kak uitgesort word. "Hey antie! Dye jou hare bruin, jy lyk soos 'n kak blondine!" Gil ek.

Jojo het my oor my kop gebliksem dat ek gesig eerste op die vloer beland. "Hou jou blerrie bek, jou koei!" Skel sy. "Weet jy met wie jy praat?!" Ek moes raai dat sy ook gedink het dit was snaaks, want haar lippe was besig om te wonder of hulle nou moet opdraai of nie.

"Ag sharrup, Koelie." Blêr ek en sit regop. Ek kon hoor hoe snikker Momo saggies, maar syt stilgebly toe Jojo vir haar gluur. Fok, ek dag sy dink toe sys baas van die fokken plaas en kan almal rond jaag. Ekt maar stil gebly en beplan dat ek haar gaan wys wie de fok baas van die fokken plaas is wat brood en kaas fokken vreet.

"Sakura?" Tsunade draai na die pienk kop toe met 'n gesigsuitdrukking wat goud by 'n bank kan insleep. "Who the hell are they and what language are they speaking?" Well fok tannie, ek kan ook nie verstaan wat de poes jy sê nie, so gee my 'n bietjie krediet as ek fokken probeer.

Jeani spring toe in. "We're can't to speak English correctly. We'll are glad if you help us sort that outside." Sê sy. Haar uitspraak van Engelse woorde was histeries, maar ek moes bedaar voordat ek myself in dieper kak beland.

"Ah..." Tsunade staan op en vou haar hande in verskeie rigtings voordat sy elk een van ons op ons voorkoppe tik. Ek se jou, ek sou eerder 'n middel vinger gooi en die tannie moer. "Daarsy, is dit beter?"

"Fok! Nou kan ek Engels verstaan asof dit Afrikaans is!" Blaf ek klip hard laat 'n voëltjie buitekant die gebou van sy nes af moer. Nie lat ek veel omgee oor voëls nie, want hulle is so iriterend soos nogiets, en ek praat nou nie van 'n man se voël nie, julle skurwe bliksems.

"Mari, jou twat, hou jou bek, jy maak raas!" Skel Momo. Ek gluur haar aan en steek my tong uit. Ek was nie regtig een om te luister wat ander sê nie, behalwe vir mense ouer as ek. Maar ekt nie regtig omgegee vir die tannie innie kamer nie, want sys nie een van my favorites nie.

"Ahem..." Ons draai na Tsunade toe. "Wie is julle?" Sy beduie na elkeen van ons en kyk vir Sakura.

Voordat die pienk behaarde teef kon kans kry om te praat, toe begin ek klaar praat. "Mari."

"Momo." Sy buk haar kop vir ingeval iets na haar toe gegooi gaan word, want sy't ingetjip toe ek my naam sê. Syt seker vergeet wie gewoonlik eerste hulle naam sê of iets. Ek was nie veel gebogger daaroor nie, maar sy weet sy moenie intjip wanneer ek besig is om iets behalwe my naam te bespreek.

"Jeani." Die kind rol haar oë en beduie dat Lizzy kan praat.

"Lizzy." Sê sy en buig, wat maak dat ek van die lag wou blaf, want syt soos 'n koketiel gelyk met haar hare wat skeef staan.

"JOJO!" Blaf Jojo. Ek neek haar agter haar kop weer.

"Sharrup, grootbek!" Ja nee, Jojo het nog altyd daarvan gehou om gehoor te word, al sit sy in 'n kerk! Ons almal, Momo, Jeani, Lizzy, Jojo en ek is beskou as die skool se hardste mense. Ons was al ingeroep omdat die hoof gedink het dat ons mekaar moer. Alhoewel, ons was oppad om die hoof te moer, want die bliksem het ons al baie ingeroep as gevolg van ons groot bekke.

Jojo wou tien teen een wys wie's baas, want syt alweer gevoel ek moer haar vir fokkol rede. "Fokkof, poesneus!" Skreey sy en gluur my aan. Ekt nou weer gevoel sy probeer my opstaan, toe toring ek bo haar en stoot my bors uit.

"Jy het fokken wat gesê? Probeer jy my nou lat fokken klein voel?" Ek knak my kneukels en my nek.

"Wat lykit soos, dofkop? Jy fokken moer my altyd, al doen ek fokkol!" Jojo was bietjie de poes in. Al keer wat ek haar so gesien het was toe sy die moffie by die skool gebliksem het. Ek raak nie vinnig bang vir my vriende as hulle kwaad is nie, so toe lig ek 'n wenbrou vir Jojo en gryp haar keel vas.

Binne twee sekondes baklei ek en Jojo soos twee mannetjies honde. "Mari is jy fokken jags?!" Ek het Momo hoor skree, maar ekt haar igroneer en 'n fuis teen Jojo se ribbekas gegooi. Ons word uiteindelik uitmekaar uitgeruk deur Sakura en almal anders. Momo, Lizzy en Jeani hou my arms agter my rug terwyl Sakura vir Jojo bekyk vir oop wonde. Tussendeur gluur die twee van ons vir mekaar. "Poes!" Skree Jojo aan my.

"Kont!" Gil ek terug,

"Altwee van julle hou julle fokken bekke!" Skel Tsunade en gluur ons aan. Ons sluk saggies en staar vir haar. "Blykbaar is julle nie van hier af nie." Sy sug en vee 'n hand oor haar gesig. "Julle kan nie net lukraak hierso baklei nie, julle sal aandag aantrek van mense wat die gebied wil aanval!" Sakura maak toe klaar met Jojo en laat haar sit. Tsunade gaan sit agter haar tafel en gluur vir my. "So as julle nie van hier af kom nie, van waar af kom julle?"

Ek draai na Jeani toe. "Err... Mari?" Jojo vra nuuskierig. Ek bol my fuiste op en probeer myself kalmeer voordat ek die meisie poes.

"Moenie my vra nie, Jojo!" Ek steek my vinger in Jeani se rigting. "Vra slim-jan daarso!" Jeani was nog altyd die slimste van ons groep, dis hoekom sy fisies gevat het. Maar toe druip sy die vak in daai jaar, so toe vat sy verbruikers. Fok, sy moes dit heel aan di begin gevat het! Graad 10 al! Sy kan befokte kos maak! Nog Lizzy nog Momo ook!

Almal draai na Jeani toe. "Fok weet..." Sy sug. "Okay, ons kom van 'n ander wêreld af wat baie anders is as die een."

"Ek soek 'n bier." Sing ek. "As jy weer so poes lank gaan vat om net een ding te verduidelik neh, dan gaan slaap ek sommer." Dis ook waar. Jeani hou daarvan om lang en voortdurende stories te vertel wat my aan die slaap sit.

"Ag sharrup jy." Skel Jeani. Sy draai terug na Tsunade toe en begin lank en aanhoudend verduidelik.

Ek se jou, toe sy klaar is, toe neek ek van my voete af, want ek was vas aan die slaap!

-Lyn Breek-

Okay, vir die vraag wat ek van gepraat het:

Wat wil julle meer in die storie sien? Of lees?

Meer aksie?

Meer drama?

Meer gedagtes?

Enigiets is baie hulp.

Andersins, ek hoop julle het die hoofstuk geniet, hoofstuk drie is oppad, so moenie julle panties bekak nie, asseblief!

Ek gaan ook die duur van hoe lank hulle op een plek bly 'n bietjie langer maak.

Hoofstuk drie kom vandag nog, so chill!