Okay, hoofstuk drie!

Dankie dat julle ten minste nie daaroor kla nie... Alhoewel dit lekker sou wees as ek 'n paar reviews kry...

Maar in elk geval, hier is die derde hoofstuk vir julle klaar geskryf soos belowe!

Geniet dit asseblief!

-Lyn Breek-

Ek? Ga!

Ekt net van my voete afgeval, dis fokken al. Ek het nie geskrik nie, okay. Jeani het my aan die slaap gepraat, so wat verwag jy?

Ek het nie geskrik nie!

Ek was heeltemal geskok.

En dis fokken al.

Jeani het eweskielik ophou praat vir geen rede, toe neek ek van my voete af, reg?

Ver-fokken keerd!

Ek het van my voete afgeneek, maar ek was skaars aan die slaap! Okay ek lieg... Ek was vas aan die fokken slaap... Maar ek het nie self omgeval nie! Dis nie asof ek dit self kan fokken doen nie, eks gewoonlik stokstyf as ek wakker word.

Terwyl Jeani haar elle lange toespraak lewer oor wat de duiwel sy dink aangaan, slaap ek. My oë was toe die hele tyd, so toe ek iets voel wat my aftrek grond toe, toe weet ek daars kak. Maar dit was nie net enige kak nie, want mense weet, of wel net my chommies weet as hulle my wakker maak terwyl ek slaap, dan is daar groot drolle wat gaan vlieg.

Jeani het ophou praat. Ek maak my oë oop en, vir al wat die heilige Heer weet, sit my dekselse suster daar langs my met groot oë. "O, so dis waar julle verdwyn het, julle klein kakke." Sê sy. Ekt eers gedink Jeani het so lank gepraat dat alles inmekaar gestort het, maar toe fokken gebeur dit toe nie so nie.

"Kyk wie praat, kort gat! Wat de fok maak jy hier?!" Skel ek en staan op.

"Mari, kalmeer. Dis net Mielies-" Momo probeer om my gekalmeerd te kry voordat ek my kortgat-grootbek-malkop suster vermoor het. Sy was een persoon wat ek regtigwaar nie kon verdra nie.

"Regtig, Mari, dis nie asof Mielies kom kak aanjaag het nie." Se Jojo benoud. Ga! Ek het haar fokkol geglo nie.

Ek gluur haar aan voordat ek my aandag terug na my suster draai. "So, Mielies, wat de fok maak jy hier?"

"Well," Sug Mielies. "Ek het gewonder hoekom jou kamer so still was, so toe gaan kyk ek. Toe ek daar kom, toe is julle weg, so ek dag toe, okay julle is Soni toe..." Dis toe die geprate van persoon in die kamer ingehol kom.

"Soni?!" Ek blaf en spring agtertoe. "What the fuck my man?!" Verdof staan ek vir Soni en kyk.

"Mari, wat sê hulle?" Vra Tsunade en lê vorentoe in haar stoel. Ek lig my skouers en staar vir Mielies.

"Okay, wat het gebeur? Laat ek vir Tsunade kan verduidelik." Ek vee 'n hand oor my gesig en wag vir my suster om presies uit te brei oor hoe hulle hier gekom het.

En toe moes sy net van die begin af fokken vertel het... "-toe verdwyn alles en ek val hier in saam met Soni agter op my hakke."

Stilte. Ek begin lag. "Liewe Bliksem, Mielies!"

"Mari, jys te fokken hard!" Skel Momo. Mielies krap haar kop en Soni kyk rond voordat sy vir my kyk. Sy beduie dat ek gou by haar moet gaan staan.

"Hier ou..." Sy haal 'n sakkie uit haar sak en gee dit vir my. Ek steek dit in my broeksak weg en draai terug na die res van die fokkers wat al te lekker staan en gesels het.

"Okay, so wat gaan ons nou fokken doen?" Vra ek en plak my gat neer op die grond.

Almal skud hulle koppe soos dom ape, ek sug en staan op, besig om my gat af te stof en beduie na Mielies en Soni. "Well, aangesien ons hierdie klein-" Eweskielik skree my suster. Toe ek omdraai is daar 'n groot swart gat en Mielies en Soni wat weg getrek word.

"EKT GEWEET EK HOORT NIE HIER NIE! JULLE BLIKSEMS!" Skree Mielies met trane in haar oë terwyl Soni aan die grond prober vasklou, haar lange naels besig om merke in die vloer te kerf. Die swart gat verdwyn toe en die twee is weg, terug normale wêreld toe sonder die ander vyf van ons. Bliksems! Ons moes saam ingespring het, maar ons was te besig met geskok wees om dit te doen.

En Jeani wat veronderstel was om vinnig te kan dink het heeltemal die idee gemis!

Verstom staar ons na die plek waar die gat was. Jojo was die eerste een om te praat. "Well... Dis onverwags..." Ek krap my kop, kyk op dak toe en kyk weer af. Toe staar ek vir Jojo en toe vir Tsunade voordat ek op my sitvlak gaan sit en dink het. Ek het seker soos 'n aap gelyk wat my kop aanhoudend krap, en Jojo het nie my bewegings gemis nie. "Um... Tsunade... Ons het 'n probleem..." Sê sy en wys na my toe.

"Inderdaad..." Sê Tsunade, maar sy het nie vir Jojo gekyk nie. "Hoe gaan ons julle terug kry?"

"Umm... Dis nie die probleem nie..." Momo se stem, wat vol vrees gevul is, piep op. Sy kyk ook vir my soos wat Jojo kyk, waar ek sit en dink. Wat was die probleem met ek wat sit en dink?

"So? Sy sit en dink?" Sê Sakura, wat nie weet wat aangaan nie.

Jojo, Momo, Lizzy en Jeani bars uit in 'n arpeggio van geskreeuery. "SY DINK!" Skreeu Lizzy. "WEET JY NIE WAT GEBEUR WANNEER SY DINK NIE?!"

"O HELL, HERE RED ONS!" Skreeu Momo, besig om op haar kniëe te gaan sak. Jojo en Jeani gryp aan mekaar vas en die trane spat net soos hulle saam kerm. Fok, dis asof Map Jacobs in die Narutoverse vrygelaat sou word. My dooie poes, dié vier chommies van my het so baie geraas gemaak daai dag dat die hele fokken Konoha hulle kon hoor.

Tsunade kalmeer hulle toe deur saam met Sakura hulle bekke toe te plak met een of ander gom wat van chakra gemaak is. "Noudat julle die hele Konoha laat weet het julle is hier, kan ek asseblief uitvind hoekom jy dink, Mari, en hoekom is dit gevaarlik as jy dink?" Vra sy. Ek sit en krap nog lekker my kop voordat ek ophou en opstaan.

"Ek het nounet my fokken idee verloor..." Sê ek.

My chommies, gelukkig dat ek my slim idee verloor het, laat die opgestoorde lug in hul longe uit van dankbaarheid. "Nou hoekom is dit gevaarlik as jy dink?" Vra Tsunade weer. Ek draai na haar toe met my wysvinger op my ken.

Ek kyk vir my chommies voordat ek weer terug na Tsunade kyk. "Ek fokken weet nie." Sê ek en lug my skouers. Tsunade lyk asof sy moed opgegee het en sug.

"Ek sal moet slaap bykomstighede vir julle rëel, en seker maak julle slaap in verskeie kamers, want Mari gaan definitief kak maak met die res van julle." Sê Tsunade. Sy val neer in haar stoel en beduie dat Sakura die gom-chakra-kak van die ander vier se bekke af haal. Ek staan en staar vir die tannie agter die tafel met my hande op my heupe.

"Wag! Okay, wat de fok maak ons nou?" Vra ek en beduie veral na my borskas toe. "Ek soek 'n bier, en daar is geen tot fokkol iemand wat my gaan kan keer as ek eers begin soek nie." En ek was lus vir 'n sigaret, so die antie beter vinnig gepraat het laat ons kroeg toe kon fok en klaarkry. Ek was sommer lus om te jol.

"MARI!" Jojo en Jeani duik my grond toe, of well probeer. As gevolg van my fluksheid, het hulle gemis toe ek eenkant toe trap. Die twee gly toe op die hout-vloer en neek in die muur vas. Ek snork saggies en stof my gat af, besig om op te neem hoe kak my klere lyk wat ek aangehad het.

"Ons sal eers vir julle klere moet kry sodat julle nie uitstaan nie." Tsunade grou gou in 'n laai en trek 'n sak geld uit. Ek kon hoor dat dit geld is want dit het klink-klink gemaak. Die ander vier kak hulself want ek grinnik van oor tot oot, en dis nie iets om veel kalm te bly nie, ek gaan bos befok as ek geld sien of hoor.

Momo sug toe en draai na Tsunade, blykbaar het sy besluit sy gaan nie probeer om my en my geld-spandeer probleem te keer nie. "Waar is die naaste kroeg?"

Tsunade staan op. "Ek sal laat Kakashi julle wys waa-"

"Nie daai bliksemse poes nie?!" Skree ek. Ek begin rooi in my gesig raak en bol my vuiste op. My chommies sou my moes keer voordat ek die antie bliksem, want ek sou dit regtig doen. Fok, as sy gesê het sy sou iemand anders stuur behalwe Kakashi sou ek oraait gewees het, maar nou ja.

"Mari, was hy nie soos, jou gunsteling nie?" Vra Lizzy met wenkbroue wat op en af wipper. Sy was naby genoeg dat ek kon maak dat sy soos 'n fokken vark lyk. Ek was klaar besig om de hell in te raak, wat groot kak beteken.

"Fok jou." Skel ek en kners my tande, my hande oor my bors gevou. Ek het geweet ek moet vinnig alkohol in my fokken sisteem kry en 'n gwaai rook. Momo kon tien teen een die verwoesting wat ek gaan aanvang in my oë sien, want sy het agter Jeani gaan wegkruip.

"Ek sal hom gou laat roep." Sê Tsunade en verlaat die kantoor. Ek draai om en gluur vir Lizzy, wat al te lekker staan en uit die venster kyk. Sonder dat hulle my hoor, knor ek onder my asem.

"Fok weet..." Jojo hang haar kop en Jeani grou in haar oor. Ekt nog nooit geweet hoemom de fok daai kind in haar oor grou nie, maar dit was net fokken grotesk. My kop was besig om te dwaal alweer, maar ek het geen bewegings gemaak nie, ingeval die ander vier paniekerig raak omdat ek weer dink.

Die deur maak weer oop en in stap die doos waarvan daar 'n minuut terug van gepraat is. Ek moet die waarheid se... Vandat ek Naruto gekyk het is ek befok mal-verlief op Kakashi, so ek steek daai stuk weg deur ongelooflik baie aggressief en arrogant te wees. Nou deesdae het ek daai verander, sodat ek glad nie van die kont hou nie.

Ek was al van kleins af baie arrogant nog aggressief, wat maak dat ek as 'n boelie gesien word deur vriende en ander, alhoewel ek nie mense rondgestamp het en gemoer het vir geld en kos nie, het ek dreigamente en allerhande ander soort kak aangejaag.

Soos die een keer toe Jojo bly kerm het dat haar maag seer was. Ek vra haar toe of ek haar moet help, my vuis gelig. Syt eweskielik baie beter gevoel en baie bleek gelyk. Het jy geweet as jy iemand in hul maag moer met 'n vuis as hulle naar voel of hul maag is seer, dan kan hulle baie vinnig kots?

Ek het dit geleer toe die dom doos wat my by die skool irriteer begin moun het dat sy maag seer is. Ek staan toe op en vra die RTT onnie om hom vas te hou. Toe gooi ek net een hou na sy maag toe en duik asof ek kak aangejaag het (want ek het...). Binne twee sekondes lê al die kos wat hy tevore geëet het op die vloer. Ek moes help skoonmaak want ek het dit veroorsaak...

Buiten dit was my arrogantheid. As 'n onderwyser vir my gesê het om die skoolwerk as huiswerk op te vang, dan het ek buite die klas gaan sit en saggies gevloek.

My arrogantheid het my in dieper kak gebring toe ek 'perongeluk' my skets van 'n draak in die Afrikaanse klas vergeet het. Jaasaas, ek was ingeroep kantoor toe, toe moun die hoof heeltyd dat drake en kak satanisties is. Fok, toe ek daar uit is toe is ek na die matriek badkamer toe en breek 'n kraan uit die muur uit. Dankie tog dit was klastyd, want ek moes wegkruip. So toe is ek daar uit is is ek hokkieveld toe en gaan sit en blom daar soos 'n daggablaar.

Nou is dit meer gekalmeerd. Ek was net eenkeer weer hoof toe en dit was in graad nege, die jaar na die kak eerste die fan klap met 'n poesklap van poesguay af. Fok daai hoof het my so afgepis met sy gelowigheid... Ek wou hom verwurg met sy eie das, wat ek regtig sou fokken doen as my ouers nie daar was nie.

In elk geval, hierdie keer, in die kantoor van Tsunade, die hokage van Konoha, het my arrogansie en aggrisiewe maniere eintlik my in 'n dieper soort kak beland, en ekt nogsteeds na dit nie van Kakashi gehou nie; hy was nogsteeds 'n poes en niks sal my idee van hom kon verander nie.

So, toe Kakashi sy kop deur die deur druk, toe moes Momo, Lizzy, Jeani en Jojo my keer voordat ek sy totie afsny en dit as 'n voelverskrikker op 'n stok gebruik.

Tsunade het na Kakashi in die kantoor ingestap. Dis toe Jojo perongeluk nies. Toe breek ek los van die ander drie, want net vier of meer mense kan my vashou sodat ek nie kan wegkom nie, ek is flippen sterk! Dankie sport! Ek was op 'n stadium in my hoërskool loopbaan deel van die eerste rugbyspan, wat skokkend was vir die hele skool, aangesien ek die eerste ou met tiete op die fokken veld was!

Jeani, Momo en Lizzy vlieg dwars oor die kamer en ek vlieg met fuiste eerste in Kakashi vas, klaar besig om hom in sy maag te bliksem. As ek kon presies skat hoe hard ek uit tien iets kan bliksem as 'n meisie, sou ek sê agt uit tien.

Na so paar houe is ek deur Lizzy en Tsunade weggesleep en vasgebind met chakra toue. Die tou het fokkol gehelp nie en gebreek. Ek is weer besig om vir Kakashi te martel binne twee sekondes. Fok het hy gekak, want hyt nie kans gekry om homself te beskerm nie.

Uiteindelik het Sakura, Tsunade en my chommies my van Kakashi afgetrek. Al kreunend met pyn het Kakashi opgestaan. Sy een oog was potblou en hyt sy maag vasgehou asof hy gaan kots. "Los my!" Skel ek. "Ek sal hom opfok as ek fokken wil! Fokken los my, julle terte!" Ek begin toe slaan vir wie ek kan, of wie naby genoeg is.

My fuis het vir Sakura direk in haar kakebeen geklap. Momo, Jeani, Jojo en Lizzy het dwarskante geduik sodat hulle nie gemoer word nie. "Kan jy net fokkenwell kalmeer, jou poes?!" Skree Jojo. "Ons wil nie vyande van Konoha word nie!" Sy het probeer om my enkels vas te gryp waar sy onder die stoel beland het.

Ek trap op haar vingers en storm oor na Kakashi toe, vuis gelig, gereed vir nog 'n hou. "Hoor, hoor!" Stem Jeani en Lizzy saam.

"Ons gaan nou vir jou bier kry! Kalmeer net asseblief!" Skree Momo en hou haar hande bo haar kop terwyl sy op die vloer sit.

Ek laat 'n harde sug uit en kalmeer, sak my hand en grou in my broeksakke rond vir my sigarette, wat nie hulle gat gesien het toe ons in die meer in poes nie, want dis in 'n plastiek, waterbestande boksie. Vir my chommies lig ek my middelvinger met my boksie in hand terwyl ek nogsteeds besig was om vir Kakashi te gluur. "Ow..." Het hy bly mompel terwyl hy na my kant toe kyk elke paar sekondes of so.

"Okay, noudat almal gekalmeerd is, Kakashi, neem die dames uit na die kroeg toe asseblief." Sê Tsunade, besig om te kyk of Sakura oukei is. Nie laat ek veel omgegee het oor daai pienk ding nie. Sakura was uitgeslaan deur my fuis, so sy kon fokkol doen tot sy wakker was nie.

Kakashi skud sy kop op en af en kyk af grond toe. "Okay..." Sê hy en probeer nie oogkontak met my maak in geval ek hom weer molesteer. Ek gluur nog een keer vir Tsunade en Sakura voordat ek na die deur toe draai. Wel sover was my avontuur in die Narutoverse tos.

"Komaan Mari, jy soek mos 'n bier." Sê Jeani en staan op. Ek help Jojo onder die stoel uit en Momo help vir Lizzy op. Ek sug en laat Jeani agter Kakashi aanloop voordat ek begin volg. Jaasaas ek was kwaad, beduiweld. Ek sou hom heeltemal opfok as ek kon.

Ons volg toe vir Kakashi deur die strate, baie koppe het na ons toe gedraai, seker omdat ons baie raas gemaak het in Tsunade se kantoor. Ek sien toe 'n klerewinkel en moer vir Kakashi. Die ou het sy kop na my toe geswaai en my skeef uitgekyk. "Ons moet mos fokken klere kry, of wat het die tannie nie vir jou gesê nie?" Vra ek, maar ek was 'n volume streep te hoog. Mense het bekommerd gelyk, asof ek die plek gaan opfok.

"Mari, jy maak te veel raas, mense kyk al vir ons!" Skel Momo en gluur vir my.

"Fok dit!" Blaf ek en storm in die klerewinkel in, besig om vir Kakashi te sleep. Eerste ding wat ek gesoek het was 'n broek met sakke, wat ek dadelik gekry het. Die ander het die winkel binnegekom en begin soek vir klere.

Jeani steek haar hand op. "Hoeveel outfits?" Vra sy.

Ek lig my skouers en wys na Kakashi toe. "Soveel soos wat julle wil hê, die doos sal betaal as daar nie genoeg geld is nie." Sê ek en grou verder deur die rakke om soveel broeke as moontlik te kry voordat ek na die visnet hemde toe gaan en groot hemde kies. Ek was nog altyd mal oor klere wat te groot is vir my, want my liggaam het altyd meer asem gekry.

Skoene was nie 'n probleem nie, want ek weier om my swart en groen sneakers om te ruil vir ander skoene. Ek los die res terwyl ek na die aantrek kamer toe gaan en kyk of die klere pas. Na dit is ek uit en wag vir my chommies om klaar te maak. Kakashi staar af grond toe, hy wou seker nie betaal vir die klere as daar nie genoeg geld was nie.

Maar gelukkig vir hom was daar genoeg. Ons dank die tannie agter die toonbank en fokkof uit die winkel uit. Ek steek toe 'n sigaret aan, want my longe het fokken handjies geklap soos 'n otter. Ons stap verder terwyl ek my selfoon uithaal en my boodskappe kyk. Een het my oog gevang... En dit was... Van een van die ouens wat definitief kon maak dat ek soos putty in sy hande rondval.

"Met wie praat jy, Mari?" Vra Jojo en loer oor my skouer na my foon. Ek trap op haar voet en ruk my foon uit haar sig uit en antwoord die ou. Hy wou graag gehad het dat ek by hom gaan kuier het daardie naweek... Ek antwoord toe terug dat ons in Thailand vakansie hou.

Hartloos? Ek? Ga!

Ek kan nie net vir hom die waarheid vertel nie... Dit sou sy anime hartjie gebreek het!

In elk geval, ons kom toe by die kroeg aan en ek maak my sigaret dood en bêre weer my foon. Kakashi lei ons tot by 'n tafel ver buite die sig van ander mense. Die kelnerin loop tot by die tafel en ek en my chommies bestel elk 'n sixpack. Na 'n ruk kom sy terug met die drank en loop weer weg.

Ek begin ontmiddelik drink, wat Kakashi verstom slaan. "Wat?" Ek lig my wenkbrou.

"Niks." Hy draai sy aandag iewers anders.

"So, Mari." Momo vang my aandag. "Waar slaap ons?"

Ek lug my skouers. "Vra vir Tsunade, syt gesê sy sal kyk of sy vir ons 'n plek kan huur."

"Err... Tsunade het my gevra dat julle by my bly totdat sy 'n plek vir julle kan kry..."

Ons almal draai na Kakashi toe. Momo se gesig is bleek, Jeani wil begin huil, Lizzy begin bid, Jojo sluip onder die tafel weg en ek gluur vir Kakashi aan. "Is jy seker die tannie het nie van iemand anders gepraat nie?"

"Tsunade het gesê ek moet na julle kyk..." Kakashi het vinnig na sy oog toe gegryp, ingeval ek hom weer bliksem.

Ekt tog jammer vir hom gekry en hom nie gemoer nie, maar ek het wel gegrinnik. "Jou arme poes."

"Mari, moet hom nie martel nie!" Gil Jojo van onder die tafel uit. Ekt reg langs Kakashi gesit by die tafel, en hy was teen die muur gedruk. Jojo was nie veel slim om onder die tafel weg te kruip nie, want ekt haar in haar ribbes geskop en nader aan Kakashi geleun.

"Wie se ek mag nie?" Ek bly grinnik en neem 'n sluk van my bottel. Kakashi sluk hard en begin paniekerig raak, toe sit ek weer reg en sluk die res van my bier af. "Jislaaikit, hierdie goed is kakker as die Castle."

Momo begin bleeker lyk toe ek vir Jojo gluur toe sy onder die tafel uitkom. "Asseblief, moenie mense martel nie, dis nie mooi nie..." Sê sy, asof ek nou regtig iemand gaan seermaak terwyl ek myself geniet met alkohol. Wie het tyd vir dit?

"Ag, jirre Momo! Jys 'n fokken pissie!" Ek rol my oë en sluk die laaste bietjie drank in die bottel. "Ek gaan hom net so bietjie fucked up laat voel." Kakashi sluk hard. Tsunade het vir hom een kak posisie gegee. Almal weet dat ek mense wat ek probleme mee het amper vermoor het.

Well... Kakashi se geval was erger... Aangesien dat ek dol verlief op hom was en dat ek aggressief en arrogant raak wanneer ek dit probeer wegsteek, so Kakashi is in 'n klein pot kak.

Maar dis nie regtig so erg nie, my vriende oordryf die hele geval waar ek mense gaan doodmaak. Ek sê jou, hulle hoort in 'n fokken malhuis en nie ek nie, want eks nie so erg nie!

So, nadat ek en my chommies elk twee sixpacks uitgesyp het, toe fok ons na Kakashi se woonstel toe. Ongelukkig weet ek ek het te veel gehad om te drink, so Kakashi moes my om my lyf vang sodat ek nie neer slet en grond koop nie. Die ander het aan mekaar gehang en in goed vasgepoes. Jojo en Lizzy het naderhand in 'n straatjie af verdwaal. Ons moes hulle red voordat hulle in 'n asblik gaan slaap het.

Toe ons uiteindelik daar uitkom, rondom negeuur in die fokken aand, lol ons rond in Kakashi se sitkamer en maak raas terwyl hy koffie vir ons maak om weer nugter te raak. Ag sulke gawe bliksem, maar 'n bliksem nogsteeds. "So toe kom hierdie teef en stamp my van agter af!" Kekel Jeani terwyl sy haar finger na Jojo toe rig.

"Dis hoekom jou arm gebreek was daai week!" Gil ek en begin hardop lag. "Jojo, jou poes!"

"Hey! Syt my eerste gestamp!" Skel Jojo terug. "Buiten dit, ek het probeer van die onnie af wegkom!"

"Watter een?" Vra Momo.

"Die fisiese onnie."

"Juffrou Beederhoudt?" Lizzy draai haar kop skeef.

Ek begin lag. "Lizzy, jy lyk soos 'n kokketiel!"

"Sharrup jou dronk tor!" Skel Momo.

"Hey! Dis 'n nuwe bynaam!"

Jip. Van daardie dag af is my bynaam Dronk Tor as ek een van hulle afpis. Ek kan nie help dat ek van kleins af begin drink het nie, dit was lekker!

So, na 'n ruk stap Kakashi in die sitkamer in met 'n skinkbord vol koffie. "Kan julle asseblief 'n bietjie sagter praat?" Vra hy toe hy die skinkbord op die tafel neersit.

"Wie't jou gevra, twat?" Skel ek. Kakashi draai na my toe en bloos. Ek gryp toe sy arm en trek hom af op my skoot. My chommies snak na hulle asem en Jojo maak :'oooh!' Ek kon sien Lizzy wou die lovey dovey shit sien, en in my dronkenskap, ruk ek Kakashi se masker af en vry hom dik stukke.

Momo neek van die bank af soos sy met 'n groot bek sit en staar vir my. Ek trek toe weg en stamp vir Kakashi van my skoot af en vergeet van hom. Ekt toe begin nog kak soek met Jojo, want syt net-net haar foon uitgehaal en was besig om 'n video te neem van die vry stuk.

Die arme kind is nou nog bang vir my van daardie dag af.

Julle sien, ek het probleme met my geslags begrip gekry toe ek in graad tien is. Van toe af begin ek van mans en meisies hou, wat nogals skurf is as jy my chommies vra.

My eerste verliefste wat ek op geraak het was Jojo, maar ek het fokkol gese nie, net baie vatterig begin raak. Fok, syt my begin 'n pervert noem en my begin moer.

Daai aand toe het Kakashi die eerste bloeiende neus gekry wat ek van weet.

Ek spring bo-op Jojo en begin haar vry, terwyl ek haar foon uit haar hande uit gryp en check dat ek die video verwyder. Momo duik agter die bank, Jeani hardloop badkamer toe om te kots en Lizzy maak haar oë toe met haar hande.

Toe ek klaar was, spring ek op en sit weer op my plek. "Jou fokken poes! Wat de fok?!" Skel Jojo en neek badkamer toe om ook te kots. Oppad daarnatoe skree sy nog 'n bynaam vir my. "Fokken skewe bitch!"

Ekt begin lag en gooi maar haar foon op die koffie tafel neer. Kakashi het op die vloer gelê met bloed wat by sy masker uitvloei. Ek kry hom toe jammer en druk 'n toon in sy ribbekas laat hy opspring. "Hey, het jy dit geniet? Want ek doen dit nie fokken weer nie, daai kind kan nie vir 'n fok vry nie!"

Kakashi haal sy masker af en sug. Sy masker was bebloed soos nogiets. "Was dit regtig nodig?" Vra hy.

"Is dit verby?" Lizzy haal haar hande van haar oë weg en laat los haar opgehoude asem. Ek snork saggies van die lag en kyk vir Kakashi voordat ek sy arm weer gryp en hom op die bank langs my opsleep. "Nope, dis nie!" Lizzy duik haar kop in die bank in sodat sy niks kan sien nie. Syt binne twee minute uitgepass.

Jojo en Jeani stap toe uit die badkamer uit, Jeani met 'n bleek gesig en Jojo met 'n rooi een. "Hey, tamaties hoort innie yskas!" Blaf ek en lê teen Kakashi. Ek duik my kop net toe Jojo haar vuis oor my kop swaai om my te moker.

Momo het besluit sys moeg en raak aan die slaap op die ander bank. Jeani het 'n ruk later op die vloer gaan lê en slaap nadat sy en Jojo die yskas besoek het vir kos. Jojo het ook aan die slaap geraak, wat my en Kakashi op die bank gelos het.

"Jy kan jou alkohol hanteer, kan jy nie?" Vra Kakashi nuuskierig. Ek lê rustig teen sy bors en skud my kop op en af, my oë was besig om moeg te raak om oop te bly. Kakashi grinnik liggies. "Tsunade het gesê jy moet weg van die ander slaap, anders maak jy hulle dood of iets... En ek het net 'n sitkamer en my kamer..."

"Ek het al saam met mans geslaap, hoor." Sê ek en lig my wenkbroue. "Daars niks wat ek nog nie gesien get wat jy het nie. Behalwe as jy nog 'n totter het..."

Kakashi lag saggies en help my toe op. Stadig stap ons na die gang toe, hy sit die sitkamer lig af en ons stap na sy kamer toe. Voor ek neer kon neek, want daar was 'n stapel boeke op die fokken vloer, vang Kakashi my en help my oor na die bed toe.

"Luister... Ek gaan nou slaap..." Sê ek terwyl hy probeer my uit my skoene uit kry. My kop was besig om te spin, so ek het agtertoe gelê.

"Jy kan nie met skoene aan slaap nie, en ook nie daai broek nie, jy gaan ongemaklik slaap." Kakashi kry my ander skoen af en staan op. "Hier, ek kry gou vir jou 'n ander broek-"

"Ek sal dan in my pantie slaap." Gaap ek en ontknoop my broek, my oë toe. Voordat ek my broek kon aftrek, gryp Kakashi my hande. "Oi! Dis my fokken broek, ek sal dit mos uittrek as ek wil!"

"Jy kan nie net in jou pantie en 'n hemp slaap nie!" Skel Kakashi.

Ek gluur vir hom, stoot sy hande uit die pad uit en staan op om my broek uit te trek. "Dis nie asof jy nog nooit 'n half kaal vroumens gesien het nie, regtig waar." Knor ek en laat val my broek. Ek klim toe terug op die bed en onder die komberse in.

Kakashi sug en trek sy eie klere uit en klim in nagklere voordat hy ook in die bed klim. Te jammer vir my, die bed was nie groot nie, so ek moes teen die ou lê om op die bed te kan lê. Dit het albei van ons ongemaklik laat voel, en in my dronkenskap kon ek nie regtig kop by hou nie, so ek moes probeer keer dat ek hom perongeluk jags maak. Naderhand het ek opgegee en net met my kop teen sy bors gelê en aan die slaap geraak.

-Lyn Breek-

Fokken hell, as dit nie onverwags is nie, dan weet ek nie.

Hoofstuk drie is klaar en op, maar ek het nog sewe om oor te skryf sodat ek weer reg is met die storie.

Ek hoop julle het dit geniet en ek wil graag weet wat julle dink van die MarixKakashi paartjie vir hierdie hoofstuk. Ek wil kyk of ek haar nie met iemand kan op paar of iets nie.