Fokken Eskom!
Te danke aan hulle kan ek nie nou sit en hoofstuk ses vir julle op die rekenaar oortik nie.
En my foon se battery is amper gepoes so ek sit bietjie met kak. Ek sal kyk of ek nie dalk my foon met die sonkrag liggies kan charge nie.
In elk geval, geniet die hoofstuk en review asseblief. Ek haal vandag nog die eerste boek af.
-Lyn Breek-
In die vorige hoofstuk:
Fok, ek sit en staar verstom vir Lizzy. Dis die eerste keer wat ek haar hoor vloek. Pein staar vir haar voordat hy omdraai en fokkof. Ek draai terug na Martienus toe toe hy die liedjie verander, wat ons almal se gunsteling een is. Ons begin toe saam sing soos 'n koor.
-Lyn Breek-
Jojo
Martienus lê terug in die stoel en staar op dak toe. Hyt klaar twee bottels bier in sy keelgat af laat gly terwyl ons gesing het. Met hom wat 'n man geword het het die liedjie sommer baie beter geklink...
Dis hoekom Deidara begin snot en trane huil het. "Julle kan fokken mooi sing, un!" Skree hy en probeer die trane wegvee. Ekt geweet hys 'n moffie vandat ek die storie gekyk het en hy kom in die storie in. Martienus snork en maak nog 'n bier oop.
"Ek dink ons moet 'n band word." Suggereer Momo en staan op. "The Unfolded!"
"Momo!" Lizzy blaf in ongeloof en gluur Momo aan. Ek sit en giggel, my vriende was besig om meer gelukkig te raak nadat Martienus weer reg is. Ek is ook tog dankbaar dat hy nie dood gemaak is nie. Vir een of ander rede was ek meer clingy aan hom as wat ek was toe ons nog in Konoha was.
Sonder dat dit gekeer word, begin Martienus se foon musiek speel wat so mooi was dat ek dit nie kon glo nie. Dit was die wiccan musiek wat hy gekry het. Die mense wat die liedjies sing se stemme was so mooi laat my vel begin knoppies kry. Martienus het sommer saam begin sing op die een liedjie wat prentjies van anime gewys het op die musiek video.
"Mother of darkness
Mother of light
Earth beneath us
Soul in flight
Songs of love
And love of life
Guide us to our heart.
We all come from the Goddess
And to her we shall return
Like a drop of rain
Flowing to the ocean."
Sy stem het sommer heeltemal verander as wat dit was toe hy die ander liedjie gerap het. Ek staar vir hom met 'n oop mond, trane wat begin vorm by my oë. "Heilige Heer... Martienus... Ek het nie geweet jy kan... So mooi sing nie..." Lizzy lyk net so verstom soos ek. Deidara sit met snot en trane wat by sy gesig af loop.
Kisame staan by die deur, nog die hele tyd, maar ek het hom nie sien daar gaan staan in die eerste plek nie. Martienus gluur vir hom toe hy die vis sien. "Wharrafuck soek jy, poesgesig?" Knor hy. Sy foon begin toe een creepy liedjie speel wat my laat gril het. Ek onthou nog die liedjie van 'n anime musiek video wat ek gesien het.
Momo staar vir Martienus se foon in skok, Jeani lyk asof sy wil opgooi, haar gesig so bleek soos 'n papier. Kisame lig 'n wenkbrou en vou sy arms oor sy bors. Attitude ek fokken sê. "Pein het gesê ek moet 'n oog op julle hou." Grom Kisame en gluur terug vir Martienus. Ek kon sien dat díe twee nie veel van mekaar gaan hou nie, en dat daar baie kak sou wees.
'N snaakse gedagte pop in my kop op en ek bloos. Ekt gedink aan Martienus en Kisame wat... "Jojo, vir wat lyk jy soos 'n rooi appel?" Vra Momo. Martienus sit sy foon af en sluk die laaste van sy bottel bier voordat hy 'n sigaret opsteek.
"N-niks nie! Ek het alweer net 'n vuil gedagte gekry!" Piep ek en steek my gesig weg met my hemp.
"Kan ek ook sien?" Vra Martienus en probeer my hemp oplig. Ek piep uit skok en vlieg op. My gesig was flippen warm, ek staar vir Martienus voordat ek aan die ander kant van die tafel gaan sit.
Momo kyk vir my voordat sy sug. "Jojo, jy wou mos daar gaan sit het..." Ek weet Martienus was 'n pervert toe hy nog 'n meisie was, maar met hom as 'n man het die hele storie van pervert wees 'n groot effek oor die kleur van my blerrie gesig!
Martienus lag liggies en neem 'n trek van sy sigaret voordat Deidara sy aandag vang. "Nou vir wat sit jy en huil?" Vra Martienus en stoot sy stoel uit om sy voete op die tafel te sit. Deidara kyk op van die tafel af na Martienus en bloos. Dis toe nog 'n Yaoi gedagte in my kop inspring van Martienus en Deidara. Ek sug toe en lê my kop teen die tafel sodat ek kan Kalmeer.
"Err… Jy… Julle… Sing mooi, un…" Deidara bloos rooier en staan op. Martienus bars uit van die lag, 'n lag wat maak dat my hart gaan staan, wat maak dat ek self ook glimlag. Ek kyk op en sien Martienus vir die eerste keer glimlag toe ons hier aankom, en 'n regte glimlag. Sy lag het deur die Akatsuki se skuilplek getrek en van die mure af vibreer. Ek, Jeani, Lizzy en Momo staar vir Martienus terwyl hy lag, al vier van ons met dieselfde gesigsuitdrukking.
Deidara verlaat die vertrek en los ons. Martienus kalmeer van sy gelaggery en druk die sigaret op die tafel dood, want daar is nou nie 'n fokken asbakkie nie. Kisame klap sy hand teen sy gesig. "Fok... Kakuzu gaan demoer in wees..." Hy kyk met kommer na die swart merk en al die as wat op die vloer lê. Ek giggel vir sy hulpeloosheid en lê terug in my stoel. Martienus grinnik vir Kisame en maak nog 'n bier oop. "Hey! Daai is myne!" Blaf die half vis en bespring Martienus.
Maar julle weet mos, Martienus ken van drink. Hy hou sy dop vas en duik uit die pad uit, Kisame poes in die stoel vas waar my maat gesit het. Martienus drink die hele bier klaar voordat Kisame kans kon kry om dit weg te gryp. "Dis jou eie fokken skuld, julle wou ons hier bring." Skel Momo en vou haar arms oor haar bors. Kisame draai sy kop en gluur vir haar voordat hy van die stoel af opspring en Martienus grond toe takel.
Ek staan op om te kyk of hulle oukei is... En toe...
Jeani
Yes! Dis bietjie kans dat ek vertel!
Jojo staan en bloos, so ek kyk toe ook hoekom sy bloos. Kisame sit, nee lê bo-op Martienus, maar hulle verwurg nie mekaar nie...
Die twee se lippe sit aan mekaar vas!
Ek voel myself agtertoe val soos die bloed by my neus uitloop.
Momo
Albei Jeani en Jojo lê op die grond met bloed wat by hulle neuse uitloop. Ek en Lizzy staar vir Martienus en Kisame wat op die vloer lê. Martienus gee vir Kisame toe een hou laat hy teen die kas vas trek. "Facking moffie." Knor hy en staan op. Hy spoeg toe eenkant toe voordat hy weer op sy stoel gaan sit en nog 'n bier oopmaak en begin drink. Dit was klaar sy vierde bier vir die dag.
Ek vee 'n hand oor my gesig en help tog vir Jojo weer sit, maar vir Jeani los ek maar laat sy haarself dood bloei. Kisame staan op van waar hy geval het en gluur vir Martienus voordat hy aan ons kant van die tafel gaan sit, so vêr van Martienus af as moontlik. Martienus het nie veel van moffies gehou nie. Hyt eers in matriek begin belangstel in yaoi manga, maar hyt nogsteeds nie daarvan gehou om moffies te sien vry in regte lewe nie.
Kisame hou sy nek vas, wat tien teen een teen die kas se hoek vasgepoes het toe hy gevlieg het. "-En toe is fokken baas so fokken demoer in dat hy my fokken kombuis toe fokken fokken stuur om na die dose te fokken kyk." Hidan stap in die kombuis in saam met Kakuzu agter op sy hakke.
Kakuzu vries, want hy het nou die swart merk op die tafel gesien en die bier in Martienus se hand. Gekalmeerd soos nogiets, Kakuzu stap yskas toe en sug in dankbaarheid toe hy die deur oopmaak. "Dankie tog hulle het nie in die vodka ingeklim nie..." Grommel hy.
Dis toe die kak spat, want ek het al gesien hoe Martienus, toe hy Mari was, so verlief was met die bottel vodka dat hy dit, of sy dit tussen haar tiete indruk en daarmee dans. Martienus spring daar van sy stoel op, stamp Kakuzu uit die pad uit en gryp die vodka. Voor Kakuzu hom kon keer begin Martienus al die vodka uitsyp.
Jojo sak haar kop op die tafel neer. "Jyt sopas die kakste fout in jou hele fokken lewe gemaak, Kakuzu." Sê sy en lyk asof sy wil opgee. Kakuzu sit regop en gluur vir Martienus. Ek staar in wonder, want hy het daai vodka bottel leeg gesluk in net 'n paar sekondes; 'n fokken wêreldrekord! En ons ken mos vir Martienus met drank. Hy kan sy alkohol hanteer, maar hy raak fokken woelig as hy dronk genoeg is. Vodka maak dit erger!
Lizzy
Ek het nie veel van drank gehou om mee te begin nie, maar toe ons begin drink het by Mari se partykies, toe begin ek so effens van alkohol hou. Die enigste rede hoekom ek nie van drank hou nie is omdat dit maak dat die drinker daarvan onheilige goed aanvang. Martienus laat sak die leë bottel vodka en gluur vir Kakuzu. "Jou klein tos!" Blaf die man met steke en probeer vir Martienus hard bliksem.
Nog 'n ding wat ons moet byvoeg, ek veral, is dat vodka vir Martienus laat vinnig beweeg. Arme Kakuzu neek in die kas vas toe Martienus eenkant toe trap. Hy sit toe die leë bottel vodka op die kas neer en gaan sit weer op sy plek. "Dis hopeloos." Sê Jojo en sug. Hidan staan en staar vir Martienus met 'n oop bek.
"Hoe de fok? Wat de fok?!" Hidan spring vorentoe en steek sy vinger onder Martienus se neus in. "Jy kan nie fokken al daai fokken drank in jou fokken sisteem fokken inneem en nie fokken van die fokken drank fokken afkak nie!" Skree hy. Martienus lig een van sy wenkbroue en stoot Hidan se vinger uit die pad uit. Ek staar vir Martienus wat so koel was, hyt nie eens gelyk asof hy gaan baklei nie. Al te rustig was hy.
Tot Hidan besluit om hom kwaad te maak.
Hidan gooi 'n hou in Martienus se gesig, maar my vriend neek nie van sy stoel af nie. Hy gluur vir Hidan. Kisame staan toe op met een van die snaakste gesigsuitdrukkings wat ek gesien het. "Hidan, hy gaan jou rape!" Blaf hy en gaan sit weer.
Martienus lig 'n wenkbrou, hyt so gekalmeerd gelyk soos nogiets, wat maak dat Hidan terugval in skok. Kakuzu het opgestaan en stap toe verby die tafel, gryp vir Hidan aan sy kraag en sleep hom saam uit die kombuis uit. "Hierdie plek beter fokken skoon bly. Ek betaal nie vir fokken herstelwerk nie." Knor hy oppad uit. Toe Kakuzu weg is toe lê Martienus terug in sy stoel.
"Raai wat ek lus is vir wat my alkoholvlakke gaan afbring?" Vra hy.
Ek, Jojo, Jeani en Momo weet presies wat hy van gepraat het. "Nee! Asseblief die plek gaan stink!" Blaf Momo.
Jeani stamp haar kop teen die tafel. Ek staan op en gluur vir Martienus. "Jy gaan ongelooflik baie eet ook!"
"Ons gaan tweedehandste rook daarvan ook kry!" Skree Jojo.
Kisame draai sy kop skeef. "Van wat?" Vra hy.
Martienus haal toe die pakkie dagga wat Soni vir hom gegee het die eerste dag wat ons in die Narutoverse aangekom het. "Dis julle saak." Martienus grinnik en haal 'n sigaret uit. Van daar af haal hy die twak uit die sigaret uit en meng dit saam met dagga. Hy stop dit toe in die leë sigaret in en steek dit aan. Sommer dadelik kan ons die dagga ruik, en sommer dadelik begin Martienus sy longe uitkots.
Met 'n geskokte gesig draai Kisame na my toe. "Wat rook hy?" Vra die half vis met 'n vinger gelig in Martienus se rigting. Die ou lê teen die tafel en hoes asof hy gaan doodgaan. Ek sug en staan op. Sonder nog 'n woord gryp ek Martienus se dagga stokkie en breek die aangesteekte stuk op die tafel af.
"Gee vir my die pakkie, Martienus." Ek hou my hand uit en wag vir hom om die pakkie dagge vir my oor te handig. "Dronk kan ons hanteer, gerook kan ons hanteer, maar altwee saam is bietjie flippen moeilik." Martienus weier om die pakkie dagga te gee, toe gryp ek dit ook weg en steek die sigaret en pakkie in my broeksakke weg. Ek was regtig nie in die bui om Martienus te hanteer as hy soos 'n doos wil aangaan nie, al wil hy hoe erg die Akatsuki afpis.
Jojo
Martienus gluur vir Lizzy en hoes maar verder. Ek voel iemand tik my op my skouer en sien Kisame wat met bekommernis na Martienus kyk. "Hy gaan oraait wees." Sug ek. "Daai goed gaan net maak dat hy nie kan ophou eet nie. Julle sal nog kos moet gaan koop na vanaand, want die kombuis gaan leeg wees." Ek staan op en kyk na die twee deure in die kombuis. "Badkamer?"
"Deidara!" Roep Kisame. Die blondine pop sy kop in die kombuis in. "Wys tog vir..." Kisame dwaal af en staar vir my.
"Jojo." Sê ek en hop op en af, die piepie wat nou erg begin raak.
"Wys haar net waar die bliksemse badkamer is!" Blaf Kisame.
Ek volg toe vir Deidara laat ek tog kon piepie, want dis nie lekker op op die grond te piepie en dit na die tyd skoon moet maak nie.
Kisame
"Ek wil gaan lê..." Sê Martienus wat klaar opgestaan het. Die meisie met blonde hare vlieg op, ek dink haar naam was Momo, en hardloop om te keer dat Martienus oor die stoel wat hy in sy eie pad gesit het, val.
Momo knor saggies en draai direk na my toe. "Kom fokken help tog hierdie poes." Sê sy. Voor sy weer sien is Martienus besig om in die yskas te grou. "Ag, jirre jises!" Blaf Momo, en staan met haar hande op haar heupe. Die arme yskas was leeg gepik van die kos, wat op die kas gestaan het. Martienus leun teen die kas en eet appel na appel, en toe begin hy die brood met botter smeer en verskeie toebroodjies maak en dit eet.
Lizzy sug en staan op. "Ek gaan nie bogger nie." Sê sy en gaan na die sitkamer toe. Jeani sit te lekker en kyk hoe al die kos opgevreet word! Ek staar verstom met die hoeveelheid kos wat Martienus klaar besig was om te eet.
Jojo en Deidara kom terug van die badkamer af en die eerste ding wat Jojo doen is gryp 'n toebroodjie wat nog nie geëet is nie. "Voordat jy als klaar opgevreet kry." Sy steek haar tong uit vir Martienus en gaan sit. Ek hang my kop met hulpeloosheid. Die arme yskas was so vinnig leeggepak en daar was skaars 'n krummel oor toe Martienus die koffie kas oopmaak om vir homself koffie te maak en verder in die kaste te grou vir nog kos. Dankie tog hy het die gevrieste en ongaar kos uitgelos sodat ons ten minste pannekoeke die volgende oggend kon eet. Konan sou nie baie gelukkig wees met die vermiste kos nie.
Fok toe ek weer sien, sit Momo, Jojo en Jeani met hul fone in hand, want dis wat hulle dit genoem het, besig om deur foto's te kyk. Momo het die mees interessantste foto's gehad, van Martienus toe hy nog in 'n meisie se liggaam was. Ons igroneer toe maar die kos asblik en kyk deur foto's op die drie se slimfone.
Jojo het gebloos toe Momo by 'n foto van Martienus kom waar hy nie 'n vrou is nie. "Momo, ek het klaar daai een gesien... Skip asseblief!" Piep jojo en probeer haar oë knyp.
"Whoa! Wag, het hy nog altyd daai tattoo gehad?!" Jeani gryp Momo se foon en hou dit voor haar neus. Die ander twee was nuuskierig, so hulle gryp die foon terug en kyk ook. Martienus, wat klaar alles leeg geëet het, het agter my kom staan en na die prent loer.
"Ja." Ons het nie geweet wat of hoe wat gebeur nie, want Jojo spring bo-oor haar stoel, rooi in haar gesig. Momo laat gooi haar foon wat Martienus gevang het voordat dit kon breek teen die vloer, en Jeani sit pen regop met 'n rooi gesig. Ek was in die ergste posisie, met Martienus se gesig reg langs myne toe hy die foon gevang het. "Daai een is al oud, ekt hom in graad sewe al gekry." Hy beweeg toe weg en lig sy hemp dat dit oor sy skouers hang en lig sy arm. Op sy ribbekas sit 'n swart tattooëermerk.
Die meisies hol vorentoe om dit te bekyk terwyl ek myself kalmeer van die skok wat ek gekry het toe hy oor my skouer praat. "Wow!" Momo se stem was harder as die ander twee wat die tattoo bekyk het. Toe ek kyk toe sien ek dat dit 'n ster met woorde was. En Jojo het met graagte dit gelees.
"Aura, caminus, aqua, humus, spiritus...? Martienus, wat beteken dit?" Vra Jojo en raak aan die tattooëermerk.
Momo klap vir Jojo teen haar kop en storm oor na die tafel toe waar ek soos 'n idioot sit. "Dis mos die vyf elemente jou nool." Skel sy en val in die stoel met haar arms oor haar bors gevou. Jojo kyk weer na die tattoo voordat sy verstaan het en ook gaan sit het saam met Jeani op haar hakke. Martienus haal toe sy hemp af en stap koffie kas toe om weer koffie vir homself te maak. "Martienus! Hemp!" Blaf Momo. Sy was meer soos een van daai vriende wat jy kry wat vir almal uitkyk.
Martienus staar vir haar, lig sy skouers en maak maar verder sy koffie voordat hy by die deur uit dwaal.
Wat?!
Ek spring op en hol agter die ou aan met Momo op my hakke. Voor ek weer sien word ek teen die muur vasgedruk met 'n hand teen my keel. "MARTIENUS!" Gil Momo wat eweskielik ophou hardloop het. Ek het effens gesukkel om asem te haal met Martienus se hand wat my lugpyp toedruk.
"Los my laat ek self rond fok." Martienus gluur vir my in die swak beligte gang en toe vir Momo. Hy laat toe gaan en loop verder.
Momo hardloop gou oor na my toe en help my van die vloer af. "Hys eweskielik nugter..." Sug sy en staar agter Martienus aan. Ek vryf my keel en draai na Momo toe. "Nee, jy gaan nie agter hom gaan volg nie, is jy befok in jou kop?" Vluister sy haastig.
"Baas het gesê ek moet kyk wat maak hy, anders kak ek!" Vluister ek.
Met 'n ernstige gesig klap sy my deur my bek en staan met haar hande op haar heupe. "Jou baas se moer. Eks seker hy wil nie hê jy moet jou gat sien as Martienus jou opfok nie."
"Momo, gaan terug kombuis toe, asseblief." Ek sug en vee 'n and oor my gesig, die plek waar sy my gemoer het besig om te brand. "Ek dink ek kan myself hanteer."
"Met Martienus wat klaar water kragte gekry het te danke aan jou?! En staal kragte van jou haitie taitie baas wat jy so met 'n happy chappie gesig loop gehoorsaam?! Ga! Ek kry jou fokken jammer!" Momo draai om en storm terug in die gang af.
Ek sug en skud my kop. Sonder nog 'n woord stap ek deur die gang om vir Martienus weer op te spoor.
Lizzy
Ek sit nog lekker in die sitkamer, besig op my foon, toe Momo ingestorm kom. "Daai dom vis poes!" Blaf sy.
"Wat?" Ek staar vir haar. Jeani en Jojo stap in die sitkamer in agterna en gaan sit elk op 'n bank. "Moenie vir my sê Martienus dwaal hier rond en visbek volg agter hom?!" Ek spring op en gryp my kop.
Momo knik haar kop en storm op en af in die middel van die sitkamer. Jojo vee 'n hand oor haar gesig en Jeani grou in haar neus. "Sies!" Blaf Jojo en klap vir Jeani agter haar kop. Ons hoor toe twee klipharde ontploffings en sien vir Martienus en Kisame in die sitkamer inval, besig om mekaar te martel. Ek dink Kisame het bietjie erger gekak, want Martienus was bietjie sterker as die half vis met al die sport wat hy so aanhoudend vir geoefen het.
Martienus was nie nugter nie, ek kon dit sien. Hy gee vir Kisame sewe houe in sy ribbekas voordat hy afgegooi is en ook gemoker word deur Kisame. Jojo gil uit skok en staar vir hulle met 'n bleek gesig. Momo sug en vee 'n hand oor haar gesig, syt geweet so iets gaan gebeur in elk geval.
Die twee mans baklei soos honde, so erg laat die bloed begin spat het. Ons moes uit die pad uit en in die hoek gaan staan het want hulle ruk toe mekaar in die middel van die sitkamer in en gooi vuiste. Kisame het so paar keer vir Martienus gehap met sy haai tande en hy was self gemoker laat sy bek begin bloei het. Daar was een bank in vlenters gebreek en 'n ander afgebrand want Martienus het vuur begin gooi.
Die twee get begin om magiese kragte en jutsus teen mekaar te gebruik. Martienus het Kisame 'n paar keer vas gegryp met die vlam hande agter sy rug. Water het niks teen Martienus meer gewerk nie want Kisame het baie vinnig self nat geword. Naderhand was die hele sitkamer vloer papsopnat en bloederig soos die twee baklei.
Ek moes vir Jojo vashou terwyl sy huil. Jeani en Momo staan met bleek gesigte en kyk hoe die mans mekaar moker. Nie een van ons het geweet hoe om dit op te hou nie... Want ons is meisies en ons weet nie van baklei nie!
Kakuzu storm toe in die sitkamer in saam met Hidan, Deidara en iemand wat ons nog nie gesien het nie, Itachi. Martienus, hemploos en vol vuur het soos Ace die Vuurvuis gelyk van One Piece, wat koel was, maar hulle het nie ophou baklei nie. Nie tot Kakuzu en Itachi vir Martienus beetkry en wegsleep van Kisame, en Deidara en Hidan vir Kisame wegsleep. Kisame kalmeer tog maar Martienus... Hy poes vir Itachi deur sy kakebeen en bliksem vir Kakuzu in sy ribbekas. "Maak hom ophou..." Jojo snik teen my skouer. "HOU OP!" Sy skree laat almal vries.
Martienus het haar nie gehoor nie en slaan weer aan die brand. Dis eers toe Itachi, Hidan, Kakuzu, Sasori wat ingeklim het, Kisame en Deidara vir Martienus vashou dat hy ophou baklei het. Ek druk vir Jojo vas voordat sy na hom toe kon hardloop. Pein stap in die sitkamer in met Zetsu aan sy hakke.
-Lyn Breek-
Fokken hell...
Eks sommer stom geslaan met my eie gedagtes!
Maar nou ja, dis 'n hoek hanger vir julle. Kan julle raai wat volgende gaan gebeur?
Ongelukkig kon ek toe net tot hoofstuk ses klaarmaak voor die naweek, so nou moet ek maar tyd soek deur die naweek om die ander vir hoofstukke klaar te skryf en op te sit.
Ek hoop julle het dit geniet en hang asseblief bal vir hoofstuk sewe.
