Fok, ek moes nou eers gaan proeflees op elke hoofstuk vir spelfoute, maar ek weet daar is nogsteeds 'n hele paar daarbinne ingedruk.
In elk geval, ekt die doodlyn gemis dat ek al tien hoofstukke op kry voor die naweek, ek suck ek weet. Ek gaan nou maar kyk of ek tyd kan maak om die hoofstukke voor die einde van volgende week op te kry, aangesien ek net herdie een en drie ander oor het om op te sit, hang asseblief bal.
Ek probeer so vinnig as moontlik opvang sonder om om te neek van die min slaap wat ek die afgelope week kry.
In elk geval, geniet asseblief hoofstuk sewe en ek smeek vir reviews al!
-Lyn Breek-
In die vorige hoofstuk:
Kakuzu storm toe in die sitkamer in saam met Hidan, Deidara en iemand wat ons nog nie gesien het nie, Itachi. Martienus, hemploos en vol vuur het soos Ace die Vuurvuis gelyk van One Piece, wat koel was, maar hulle het nie ophou baklei nie. Nie tot Kakuzu en Itachi vir Martienus beetkry en wegsleep van Kisame, en Deidara en Hidan vir Kisame wegsleep. Kisame kalmeer tog maar Martienus... Hy poes vir Itachi deur sy kakebeen en bliksem vir Kakuzu in sy ribbekas. "Maak hom ophou..." Jojo snik teen my skouer. "HOU OP!" Sy skree laat almal vries.
-Lyn Breek-
Lizzy
Ek knip my oë en staar vir Pein wat net-net in die vertrek ingestap het. "Wat de fok dink jy doen jy? Kyk watter kak maak jy!" Pein bliksem vir Martienus deur sy gesig. Kakuzu moes sy arm vashou want hy wou terugslaan. Pein draai na ons toe en sien vir Jojo wat huil. "Verskoon tog, julle kan maar gaan. Zetsu." Sê hy. Die plant man sug liggies en wag dat ons uit die vertrek uit is voordat hy ons volg om by 'n kamer uit te kom.
Kakuzu
Baas was poes kwaad, en met die mors wat die twee bliksems gemaak het sou ek ekstra moes betaal. Die ou was redelik sterk, want ek moes regtig moeite in sit om sy een arm vas te hou. Kisame was net so fokken skuldig aan die chaos, maar hyt nie vir baas-sama gegluur soos wat die ander ou gedoen het nie.
"Kisame, het hy iets gehad om te drink?" Vra baas, nog besig om op te neem hoe die sitkamer lyk. Kisame knik sy kop en bly grond toe staar. Baas draai na ons toe weer en gluur vir die ou. "Julle kan maar gaan." Sê hy. "Maak seker die meisies is oukei." Sonder nog 'n woord staan die vyf van ons op en los die ou in die sitkamer met baas.
Ek het hom begin jammer kry, want met die kak wat hy gemaak het sou baas hom heelmoontlik net voor dood los. Voor ek uit die sitkamer uit is loer ek agtertoe en sien hom opstaan om vir baas te bliksem.
Pein
Ek gee vir Martienus kans om op sy voete te kom voordat ek hom in sy maag skop. "Wat is jou probleem?" Blaf ek en gryp van my staal pale. Voor ek hom verder kon skop toe voel ek myself oor die kamer trek. Ek wonder eweskielik hoekom sy vuis so hard was, dis toe ek onmiddelik weet. "Onmoontlik!"
"Wat? Geskok?" Martienus grinnik soos 'n wilde kreatuur. Voordat hy my weer kon raak slaan toe gebruik ek my chakra om hom aan die slaap te sit deur aan sy nek te raak. Ek staan bo-oor hom en gluur af, de moer in omdat hy so baie verwoesting aan die skuilplek gebring het. Zetsu kom staan langs my en staar af na Martienus.
"Moet ek hom wegneem, baas-sama?" Vra Zetsu. "Meskien moet ek laat my plante hom vergiftig... Nee!" Hyt met homself begin stry. Ek buk af langs Martienus en bestudeer sy beserings, wat begin toe trek het. Hy sou in 'n sel moet bly tot hy kalmeer, of net wel in my kantoor bly. "Baas?"
"Vat hom na my kantoor toe en kry vir Kakuzu hierbinne sodat hy solank die koste kan bereken van die herstelwerk." Ek stap uit die sitkamer uit en gaan na die kamer waar die meisies was. Toe ek die deur oopmaak toe kyk hulle nie op van die vloer af nie, hulle het net op 'n bed elk gesit in stilte. Hidan stoot homself weg van die muur af.
Hy kom staan voor my en vee 'n hand oor sy gesig. "Dit... Wil ek nooit weer fokken sien nie. Is die doos nou uit?" Vra hy en loer agter my. Hidan sug met dankbaarheid en beduie na die meisies. "Hulle het nog niks gesê vandat hulle in die kamer ingestap het." Nou wat verwag jy Hidan, hulle is geskok! Die ou draai weg en stap by die deur uit.
Ek maak my keel skoon om die meisies se aandag te kry. "Hys aan die slaap vir nou. Sodra hy wakker word gaan ek hom vra wat gebeur he-" Jojo het opgespring en in my vasgehardloop. Syt vir 'n rukkie aanhou huil terwyl die ander drie net sit en staar. Elkeen se gesigte was bleek, ek het geweet ek sou vir Konan moes instuur om na hulle te kyk, want die ouens sou nie veel kon help nie.
Jojo hou op huil en kyk op na my toe. "Ek wil nie hê hy moet weer baklei nie..." Sê sy met trane wat by haar wange afloop. Ek het geweet ek sou die meisies moet weghou wanneer ons die gesterte monsters vang en goed, want hulle sou dit nie kon hanteer om te sien dat Martienus iemand seermaak nie.
Stadig buk ek my kop tot op haar hoogte en glimlag. "Hy sal nie, moenie daaroor bekommerd raak nie. Kry 'n bietjie slaap." Suggereer ek en staan weer regop voordat ek die kamer verlaat laat Deidara die deur toemaak. Ek stap dadelik na my kantoor toe, want Zetsu het eweskielik sy chakra opgestoot. Toe ek daar inkom sit Martienus vas in Zetsu se plante. "Gaan jy nog fokken aangaan?!" Ek storm oor na die ou toe en bliksem sy ribbekas. Hy val grond toe en Zetsu gaan staan in 'n hoek.
"Baas, hy word sterker met elke element wat aan hom raak... Hy moet nou vrek voor niemand hom kan keer nie! Wat sê ek, nee!" Zetsu hou aan met homself stry, kop in sy hande, terwyl ek oor na Martienus toe stap en hom in sy ribbekas skop. Sy energievlakke was besig om vinnig te verswak, wat ons verder 'n paar dae agter sou hou met die vang van die eenstert. As hy net tog ophou met sy kak dan sou hy nie in daardie toestand gewees het nie. Dom poes. Ek gluur vir hom en buk af langs hom.
"Is jy nou klaar?" Vra ek en hou 'n paal reg ingeval hy nog probeer om kak te maak. Hy begin hoes laat bloed by sy mond uit spat, dis toe ek die bytmerke op sy voorarms en skouers sien, wat nie vir 'n fok wil weggaan nie. Kisame moes hom gehap het, wat nie 'n goeie teken is nie; daai vis se bek is so vol bakteria dat dit tot infeksie kan lei. Ek sug en vee 'n hand oor my gesig voordat ek na Zetsu toe draai. "Kry vir Kakuzu, sê vir hom hy moet maar die herstelwerk vergeet vir nou."
Sonder 'n woord verdwyn Zetsu in die grond in. Ek het geweet Kakuzu sal nie so gretig wees om van sy werk wat hy klaar moet doen weg getrek te word vir nog werk nie. "Fokkof... Poes!" Blaf Martienus en hoes verder, hy draai toe met sy rug na my toe en krul op in 'n bal. "As jy jou fokken *hack* lede onder beheer kan hou sal ek myself *hack* hanteer!"
"Wat de poes? Ek word daar weggeruk om na hierdie doos te kom kyk! Wat de hell is fout met ho- o fok." Kakuzu staar met groot oë na die bytmerke.
"Ja." Sug ek en staan op. "Kyk of jy en Sasori hom nie dalk kan help nie. Andersins sal ons kunoichi van Konoha moet kry."
"Julle fokken los my!" Blaf Martienus en probeer opstaan, maar hy val op die vloer. Kakuzu sug en stap oor na hom toe. Hy knik vir my voordat hy vir Martienus optel en uit my kantoor dra. Zetsu skud sy kop en verdwyn na sy tuin toe om weg te kom van die reuk van bloed. As die enigste twee mediese personeel niks kan doen nie sal daar sekere probleme opdraai.
Kisame
Ek loop in die gang af toe Kakuzu om die draai kom, Martienus in sy arms. "Fok..." Ek staar vir die ou geskok. Ek het vergeet dat ek hom gehap het toe hy my probeer verwurg het. En ek het ook vergeet dat ek kak maak met my bek.
Soos 'n doos staar ek agterna Kakuzu wat vir Martienus oor sy skouer loop dra. Momo het die deur oopgemaak na hul kamer toe en gevries. "..." Sy kon nie praat nie, net bly staar met haar mond oop. Toe Kakuzu om die draai stap toe gluur Momo dadelik vir my. "Jou vuil hond..." Sy begin oor storm. "Wat de hell is fout met jou bliksemse kop?!"
"Momo! Kalmeer!" Skree Lizzy van die deur af. "Nog 'n bakleiery... Jojo gaan..."
"..." Momo draai terug na Lizzy toe. Die twee staar vir mekaar en sug voordat Momo terug kamer toe gaan. Voor sy die deur toemaak toe gluur sy vir my met vuur in haar oë. "Ek het jou gewaarsku... Nog voor die kak begin het." Sy slaan die deur toe.
Ek sug, die een kant van my gesig waar my kiewe sit was besig om te brand te danke aan Martienus en sy vuur. Hy was vir een of ander rede sterker as toe hy 'n meisie was... Maar nou ja, sterkte kan verander op so 'n manier, maar... Dis asof sy sterkte verdubbel het met tien of iets. Een hou van hom toe hy 'n meisie was het skaars seer gemaak, nou toe ons baklei het... Dit het gevoel asof hy met wapens geveg het, en ek het nie vir Samehada byderhand gehad nie!
Sonder nog 'n woord stap ek na Kakuzu se mediese kamer om my gesig reg te kry. Sommer al die areas wat Martienus my gemoker het met sy bevlamde vuiste. Voor ek kon ingaan hoor ek 'n helse geskreeuery tesame met Kakuzu wat rustig praat.
"Poes weg! Ek het nie julle fokken hulp nodig nie!" Ek sug, Martienus was besig om weer vir homself kak te maak. Die enigste rede hoekom ek en hy mekaar opgefok het is omdat ek hom rondgevolg het. Blykbaar raak hy vinnig geïriteerd met goed.
"Sit stil! Laat ek net die bliksemse naald kan inkry!" Skree Kakuzu. Ek staan en luister by die deur. "Sasori! Kom hou sy arm vas!"
"Fokkof!"
"As jy nie stil sit nie gaan ons nie die bakteria kan uitkry nie!"
"Goed so!" Daar was stilte vir so paar sekondes voordat ek hoor iets vlieg. "Bly de fok weg van my af!"
"Kakuzu, help! Hy gaan vir... Te laat..." Nog 'n kort stilte voordat daar nog iets val. "Jou dom kont! Sit nou fokken stil!"
Ek besluit toe om te kyk wat aangaan en maak die deur skrefies oop. Martienus se een arm wat vasgebind aan die bed terwyl Kakuzu verder probeer om die res van sy lyf vas te bind. Sasori se een hout pop was heeltemal in sy moer in, die ou self staan gereed met 'n inspuiting gevul met geelerige vloeistof. "Kisame! Ek kan jou ruik! Kom hier en gryp die doner se fokken voete vas!" Blaf Kakuzu.
Met genoeg motivering spring ek vorentoe en probeer met sukses om Martienus se voete vas te hou. "Jisses as die poes net aan die slaap kon bly vir meer as vyf minute!" Sasori knor en steek die naald in Martienus se arm vas. "Daarsy!" Dankbaar dat die geel vloeistof in Martienus se arm ingegaan het staan Sasori terug en vee sy voorkop af.
Martienus skree toe, blykbaar het die vloeistof gebrand... En maak dat hy aan die slaap raak. Hyt sy kop opgelig van die kussing af om vir my te gluur voordat sy kop weer platval en hy is uit. "Uit-fokken-eindelik!" Kakuzu sug en gryp 'n bottel ontsmettingsmiddel voordat hy dit begin op al die wonde smeer. "Nou wat soek jy, Kisame?" Vra hy.
Ek staar vir Kakuzu vir 'n kort rukkie waar ek op die vloer sit, toe ek platgeval het, voordat ek antwoord. "Ek weni...?" Die gebrande plekke het ophou brand.
"Nou fok hier uit laat ek kan klaarkry! Gaan maak seker Deidara is nog by die meisies of iets!" Blaf Kakuzu en draai terug na sy werk toe, besig om onder sy asem te knor. Ek sug en stap uit die kamer uit.
Sasori
Ek hou nog 'n inspuiting met slaapmiddel gereed in geval die ou besluit om weer wakker te word terwyl Kakuzu besig was om ontsmettingsmiddel aan sy wonde te smeer. "Dom poes... Veroorsaak dat ek my gat af moet fokken betaal vir fokken herstelwerk... Nou moet ek jou fokken regmaak want Kisame se bek was tweeduisend jaar gelede ge-fokken-was..." Kakuzu het aanhou onder sy asem grom terwyl hy klaarmaak met die ontsmettingsmiddel.
Toe hy klaar is toe word ek weer geroep om weer vir die ou in te spuit met die slaapmiddel. Dankie tog Kakuzu het geroep net toe hy begin wakker word het.
Kakuzu begin toe stadig elke tandmerk toe steek met 'n naald en van sy snaakse tou. Toe hy klaar was met al die steke, elke nou en dan moes ek help om die ou om te draai sodat hy elke wond kon toemaak, toe sit Kakuzu terug en sug een helse sug. "Uiteindelik… As jy my sal verskoon…" Hy staan op en stap na die deur toe. Ek knik en draai terug na die ou toe. "Moet hom asseblief nie in 'n pop maak nie, ek sukkel klaar met geld sake…" Hy rol sy oë en stap uit. Sy vlou grappie het nie veel gehelp om moegheid te maak verdwyn nie.
Daar was 'n rukkie stilte terwyl ek die ou staan en bestudeer het. Ek kon uitmaak dat hy heeltemal aan die slaap was, want sy energievlakke was amper vermis. My hart het gaan staan toe hy in sy slaap mompel… Ek het gedink hy gaan opspring en begin mal gaan. Sy bo-arm spiere het eweskielik styf getrek en weer verslap. Voordat ek dalk gemoer geword het, tree ek agtertoe en bestudeer hom van vêr af.
"So jy is Martienus…" Lag ek saggies, maar staar vir hom met groot oë. Nadat hy my aan die brand gesteek het toe ons die groepie moes gaan haal het, moes ek 'n nuwe liggaam maak. "En jou element is vuur…" Ek sluk hard, die ou, al slaap hy, het my bang gemaak.
"Ngh…" Ekt gespring toe hy liggies beweeg het. Dankie tog hy was nog aan die slaap. Ek het die gevoel gekry om hom weer in te spuit met die slaapmiddel. Toe die deur oopmaak…
Deidara
Ekt vir niemand in die mediese kamer gesien toe ek die deur oopmaak. Tot Sasori van die lug uit val met groot oë asof hy homself dik stukke bekak het. Un, dit was snaaks. "Wat de fok soek jy, brat?" Vra die marionet-meester en gluur vir my. Ek sluk my lag en kyk in die kamer rond. Toe ek vir Martienus sien slaap, sug ek met dankbaarheid.
"Jojo wil hom kom sien… Eintlik wil al vier kom sien hoe hy is… Nadat Kakuzu verby gestorm het na baas se kantoor toe." Ek sluk toe Martienus beweeg en weer stil lê. "Jisses hys scary."
Sasori kyk vir Martienus. "Wie hy?" Sy oë was so groot soos borde terwyl hy vir die ou op die bed staar. Ek knik my kop, my vel het begin koud raak. Tot my hand-monde het nie veel beweeg nie van vrees. "Ek dink net Kakuzu, Kisame, Zetsu en Baas kan hom hanteer… Okay los vir Kisame uit die storie uit, hys fokken hopeloos."
"Jy dink? Die ou sit buite die meisies se kamer en staar vir die vloer. Hys te bang om in te gaan; sê Momo gaan hom martel." Ek glimlag saggies en kyk vir Sasori wat lyk asof hy iewers anders gegaan het. Sy gesig was so bleek soos altyd; as ek moes raai dan sou ek sê hy was heelwat tot ongelooflik bang vir Martienus. "Ek sal gou die meisies-"
"Nee!" Vluister Sasori vinnig. "… Hy…" Ek staar vir die marionet-meester, wat definitief vreesbevange is met sy gesigsuitdrukking. Ek knik my kop en draai om om die kamer te verlaat. "Laat hy ten minste rus kry voordat hy…" Sasori dwaal af en vee 'n hand oor sy gesig. Ek kon so effens sien hoe bewe sy hand.
"Ek verstaan…" Ek verlaat die kamer en maak die deur toe. In die gang staan die meisies, wat my van my voete af gevang het. "Eh? Wat soek julle, un?"
Jeani staan vorentoe. "Martienus…"
Ek voel die bloed van my gesig wegloop. "H-hy m-moet r-rus k-kry, u-un-n…"
"Maar-!" Momo het probeer argumenteer.
"As hy nou wakker word is daar kak!" Blaf ek saggies. Ek vee 'n hand oor my gesig en voel die hand-mond bewe. "Tot Sasori… Wat gewoonlik geen emosies wys nie… Is bang…" My hand bewe toe ek dit laat val langs my sy. "Julle moet in elk geval ook rus kry… M-môre sal als beter wees. Ek hoop, un…"
Momo sug en draai na Jojo toe, wie nog heeltyd grond toe staar met 'n bleek gesig. "Kom… Ons sal beter voel môre oggend." Sy glimlag vir Jojo en die vier begin terug stap kamer toe. Toe hulle om die draai is toe gaan sit ek op my gat. Hoekom moes baas laat ons hulle gaan ontvoer het? Baas was nog altyd mal… Befok in sy fokken kop! Ek kon voel hoe 'n traan oor my wang gly, my hande wat 'n my skoot lê besig om in hulle moer in te bewe asof dit koud geword het.
Die ou… Martienus… Hy is poes gevaarlik… Dit sou seker beter gewees het as hy nog 'n meisie was…
Ek het nie weer vir Hidan gesien nadat hy uit die meisies se kamer gestap het, maar ekt nie regtig daaroor gekommer nie, want ek was meer bekommerd oor myself. Almal in Akatsuki was bekommerd oor hulself en wat Martienus sou doen as hy wakker word.
-Lyn Breek-
JAAAAAAMMERR! Dit het so lank geneem om dit klaar te skryf want ek ken nie veel hoe die karakters hulself gedra nie!
Elk geval, ek hoop julle het dit geniet en… Ek soek asseblief 'n review!
Asseblief! Ek fokken smeek julle!
Julle maak dat ek sommer wil ophou met die storie, julle is doos lelik…
