Jislaaikit, ek begin self bang raak vir die storie... Meskien moes ek dit nie oorskryf nie...

Ek kan nie net so ophou nie! Ek moet aangaan! Om vir julle liefde te bring!

Hier is hoofstuk 8! Ek sit en bekak myself soos ek verder skryf!

-Lyn Breek-

In die vorige hoofstuk:

"As hy nou wakker word is daar kak!" Blaf ek saggies. Ek vee 'n hand oor my gesig en voel die hand-mond bewe. "Tot Sasori… Wat gewoonlik geen emosies wys nie… Is bang…" My hand bewe toe ek dit laat val langs my sy. "Julle moet in elk geval ook rus kry… M-môre sal als beter wees. Ek hoop, un…"

-Lyn Breek-

Martienus

My oë skiet dadelik oop toe ek wakker word, iets was op my maag, en dit was bietjie irriterend. Toe ek kyk toe sien ek dit was Jojo.

-Voor dit:-

Deidara

Ek staan op van my gat af en gaan direk na my kamer toe om te gaan slaap. My kop het gedwaal na Sasori toe, wat nog in die mediese kamer moes sit en seker maak dat Martienus slaap kry. Ek igroneer my gedagtes en val op my bed neer, slaap wat aan my kop trek.

-Die volgende dag-

"-eidara... Deidara! Word wakker!"

"Eh?" Ek maak my oë oop en sien Momo langs my kop. Binne twee sekondes sit ek regop; my hart klop so vinnig dat ek gedink het dit sou weghardloop! "W-wat soek jy, un?"

Momo staar af van waar sy langs my bed staan. "Ons wil asseblief op Martienus gaan kyk..." Vroumens, ek het nounet myself wakker bekak, wil jy nou regtig hê dat ek in 'n hoekie moet gaan wegkruip as Martienus my nou probeer aanval? Jaasaas, ek kan nie vroumense verstaan nie; dis asof hulle van 'n ander planeet kom...

[No fucking shit Sherlock, wanneer het jy dit uitgevind?]

Ek vee 'n hand oor my gesig. "Kan ek net behoorlik wakker word?" Dis toe 'n idee my vang. "Hoekom vra jy nie iemand anders nie?"

"Hulle is almal in jou baas se kantoor." Sy gluur vir my asof ek dom is. [Ag verskoon tog julle, hy's fokken blond!] "Jojo wil regtig weet of hy nou oukei is of nie."

Die meisie het regtig bekommerd gelyk. "Ek kan nie help nie, netnou kom ek in die ka- AAAAAARGGHHK!" Zetsu het besluit om homself deur my bed te gooi.

"Baas soek jou in sy kantoor, nou. Hyt gesê as jy nie daar is binne drie minute nie kan ek jou eet. Nie eintlik nie, ekt self daarmee opgekom." Fokkit Zetsu kan mens deurmekaar maak, al probeer hy nie. Ek sug en staan toe op. Zetsu draai na Momo toe. "Julle kan hom gaan sien sodra baas ons almal laat gaan. Die deur na die mediese kamer is gesluit, julle sal moet wag. Ek wil regtig nie hê julle moet beseer word nie... Watter kak praat jy? Jy gee nie 'n fok om nie, maak die deur oop! NEE!"

Ek draai toe na Momo toe terwyl Zetsu met homself stry. "Jammer, un..." Sonder nog 'n woord staan ek op van my bed af en stap uit die kamer uit om baas se kantoor toe te gaan. [Hierdie hele 'baas' storie maak dat die Akatsuki soos hardwerkende swart mense klink! Geen offens teenoor swart mense nie, want julle is fokken awesome!] Ek het Momo hoor sug voordat ek weg van my kamer stap.

Ekt ook gewonder waarom baas ons nou bymekaar roep. Seker om ons uit te kak? Daai gedagte het definitief in my kop gebly tot ek in die kantoor is. "Jy vat eeue om wakker te word, Deidara!" Blaf Konan wat langs baas se tafel gestaan het. "Het jy alweer lê en boek lees?!"

"Nee tannie,un..." Ek kyk af vloer toe en gaan staan langs Sasori.

"Tannie?! Eks nie jou bliksemse tannie nie!" Konan het reg gemaak om my met haar papiere op te fok.

"Konan." Baas staan op en stap om die tafel. "Julle is hiernatoe geroep sodat ek 'n guns kan vra." O fok... As dit nie 'n uittrap-sessie is nie, is dit een of ander kak missie waarop ons moet gaan. Ek sluk saggies en luister verder. "Na gister se fokkop kan ons well sê dat Martienus nie veel van hierdie plek hou nie, veral nie julle nie. Tot Konan, wat hom nog nie gesien het as gevolg van haar missie in Amegakure, sal tien teen een gehaat word deur die ou."

Baas... Dink jy nie ons hoort die plek op te kikker dat dit vriendeliker lyk nie? Dink ek, maar ek kon niks sê nie, ingeval ek gebliksem gaan word. Baas het verder gepraat, maar my kop was iewers anders alweer. Ekt gedink aan hoe ons vir Martienus sou moes hanteer ingeval hy weer hand-uit ruk. "Luister jy, Deidara?" Vra Konan.

"Eh? Ja! Natuurlik, un!" Ek krap agter my kop soos 'n poephol en luister maar verder na baas se elle lange toespraak. [Klink dit nie bekend nie?]

"In elk geval, ek wil hê julle moet julle afstand van Martienus af hou, ingeval hy weer kak gaan maak." Baas vee 'n hand oor sy gesig en kyk vir elkeen van ons wat teen die ander muur staan. Die muur het gate in... Wat nie 'n goeie aanduiding is nie... "Te danke aan die kak wat hy klaar gemaak het, is ons nou redelik agter met die vang van die eenstert." Well no shit. Ek het begin voel dat ons in die eerste plek die groepie uit moes los het, want die kak was besig om my op my senuwees te sit, letterlik!

Kakuzu steek sy hand op. "Vraag... Hoe gaan die ou gebruik word om te help met die vang van die gesterte monsters?" Ek sweetval en staar vir Kakuzu. Wat 'n kak vraag...

"Hy gaan op die missies saam met julle." Sê baas. Dis toe Hidan homself fucked up bekak.

"Nee, nee! Asse-fokken-blief! Nee!" Hy gaan kruip in die hoekie weg.

"Hidan! Hy sal tien teen een meer gekalmeerd wees wanneer hy wakker word, so hou jou bliksemse bek!" Baas het gelyk asof hy vir Hidan so erg doodmaak dat nie eens sy onsterflikheid hom sal kan help nie. "Julle kan maar verdaag."

Uiteindelik, ek het begin paniekerig raak. Ek stap terug na my kamer toe om weer te gaan slaap. Momo het nogsteeds in my kamer gesit toe ek terug kom. "Wat de fok maak jy nog hier, un?!"

"Ek wag vir jou." Sy glimlag en staan van die bed af op. "Jy gaan ons nou na Martienus toe neem." Dis toe sy haar kneukels knak om te wys dat sy ernstig is. Ek lig my hande op, 'n druppeltjie sweet op my voorkop.

"Okay... Laat ons gaan..." Sug ek en wag dat sy vooruit stap. Ek wou regtig die deur agter haar gat toeklap... Ernstigwaar... Maar iets het maak dat ek ook wou sien hoe dit met die fokker gaan. So ons stap toe na die meisies se kamer toe en kry die ander drie.

Ons kom toe by die mediese kamer uit waar Sasori buite die deur staan met groot oë. Hy was te bang om in te gaan, het ek geraai. Toe hy ons sien toe maak hy die deur oop en stap in. Ek wag 'n paar oomblikke tot ek hom hoor sug voordat ek instap.

Toe Jojo vir Martienus sien toe lyk sy minder bleek en glimlag 'n bietjie. Die ander drie was net so bly dat hy ten minste asem gehaal het. Waar die meisies bly was, was ek en Sasori dood bang. Ek dink ons het altwee verwag dat hy oornag sou vrek of iets.

Jojo stap oor na die bed toe waar Martienus lê en slaap, gevolg deur die ander drie. Jeani het lukraak in haar oor gegrou en haar vinger na die tyd gelêk. Wat 'n snaakse groep?

"Dit sou help as hy wakker was... Nê, Momo?" Vra Jojo toe sy haar hand op Martienus se skouer sit. Ek bekak myself en staan terug, want ek het nou regtig gedink hy gaan wakker word. Sasori het seker ook so gedink, want hy het amper onder die werk tafel ingeduik.

Momo lag saggies. "Seker..." Sê sy en gaan sit op een van die stoele in die kamer. Lizzy staan met haar hande aanmekaar, besig om te bid. Jeani gaan sit op die vloer en staar op na Martienus op die bed.

Ek gaan staan teen die muur, ingeval ek gesien word wanneer Martienus wakker word. Toe Lizzy klaar bid, toe neem sy 'n stoel en sit dit langs die bed vir Jojo om te gaan sit voordat sy ook op 'n stoel langs Momo gaan sit. Jojo lê toe haar kop op Martienus se maag, 'n glimlag op haar gesig.

Dis toe hy begin wakker word het. Ek en Sasori druk onself teen die muur vas, asof ons probeer soos Zetsu maak en in die muur weg versmeld.

Martienus

My oë skiet dadelik oop toe ek wakker word, iets was op my maag, en dit was bietjie irriterend. Toe ek kyk toe sien ek dit was Jojo. "Martienus!" Momo het eerste opgespring van waar ever de fok sy was en langs my kom staan. Jojo se kop skiet op en sy begin op traan.

Jeani en Lizzy was ook binne 'n paar sekondes langs die bed. "Ons is so bly jys orraait!" Sê Jeani en vee 'n hand oor haar gesig.

Voordat enige van die ander verder kon praat het ek besluit ek wou die bliksems in die kamer sien. "Ek kan julle voel. Dit help nie julle probeer wegkruip nie." Grom ek en sit regop. My skouers en voorarms het soos moederpoese gepyn en toe ek kyk, toe sien ek steke. Bliksemse zombie poes.

Deidara en Sasori tree uit die skaduwees uit met groot gerekte oë. Jojo het blykbaar gedink ek gaan iets doen, want sy het haar kop in my skoot gesit. Dit was 'n bietjie ongemaklik... "On-on-ons-ons..."

"Fokken praat en kry klaar! Jojo skyf jou kop! Jy gee vir my 'n fokken horing!" Blaf ek. Ek kon voel hoe die bloed oor my gesig trek met die moeite wat ek gebruik het om die horing af te hou, wat 'n fokken missie was van 'n kant af.

Jojo vlieg op, bebloos soos 'n tamatie en vra om verskoning. Momo en Jeani skyf uit die pad uit sodat ek vir Deidara en Sasori kon sien. Die twee was blykbaar geskok met my bewoording, want hulle staar vir my met oop bekke. Ou Barbie was nog 'n saak wat af na my broek gekyk het elke twee sekondes. Sasori het begin praat. "Verskoon tog hierdie ding... Hys bietjie fucked up..."

"As hy weer vir my broek kyk dan kap ek sy voël af en druk dit in jou keelgat af." Ek gluur vir Deidara wat eweskielik ophou op en af kyk soos 'n fokken moffie wat kos soek. "Hoekom het julle dit gedoen?" Vra ek.

"W-" Sasori wou begin praat toe Kakuzu instap.

"O... Jy's wakker..." Die ou krap sy kop laat sy lang hare ewekansig skeef gaan staan. Ek gluur hom aan en beduie na die steke op my arms. "Err..." Kakuzu kyk vir Sasori. "Baas het gesê-"

"Baas se poes!" Blaf ek. "Ek het gesê julle fokken los my uit!" Voordat ek kon opstaan om hom te bliksem is Jojo op my skoot met haar gat, haar arms om my nek.

"Asseblief moenie baklei nie!" Smeek sy, haar gesig in my skouer.

"Martienus, gedra jouself! Hulle het jou net gehelp!" Momo gluur my aan met haar hande op haar heupe. "Wie weet hoe lank terug daai vuil vis sy mond uit gewas het?"

Ek sug en kalmeer voordat ek vir Jojo van my skoot afstoot. "Waar is my hemp?" Vra ek toe ek my bene van die bed afgooi. Ek voel toe 'n stuk lap wat teen my gesig gegooi word, wat een van my visnet hemde is. Sonder iets te sê trek ek dit oor my kop.

Daar was doodse stilte voor Kakuzu begin praat het. "Baas wil jou sien..." Brom hy. My kop was redelik seer na die alkohol wat ek gedrink het. Ekt gewonder hoe erg die plek lyk met Kakuzu se gesigsuitdrukking wat iewers tussen kwaad en de poes in was. Ek sug toe en staan van die bed op. "Pasop vir jou-!" Te fokken laat.

Ek voel 'n steek pyn in my linker been en neek vorentoe. "Eina jou ma se pa se linker poes lip van sy antie se tannie se skewe balhaar wat uit haar opgefokte ambeie belaaide hol steek in haar ouma se oupa se sewe tande van fokken hel af!" Op my maag lê ek en kreun van die pyn.

Kakuzu sug en vee 'n hand oor sy gesig. "Jy was so fucked up dat jy jou knieg in sy moer in gebliksem het teen Sasori se marionet." Hy draai na Sasori toe. "Wat was die ding se naam?"

"Los die saak..." Knor Sasori en stap uit die kamer uit. Momo giggel eweskielik en help my op met die hulp van Jojo, Jeani en Lizzy.

"Dit sal 'n paar ure neem voor dat daai knieg weer reg is." Kakuzu sug. "Ongelukkig kan ek nie veel aan 'n knieg doen wat seergemaak is nie. En omdat jy Sasori se marionet opgeneek het weier hy om te help."

Jojo bars uit van die lag en druk my om my maag. "Haai nooit, Martienus... Wie sou dink jy kan Sasori kwaad en bang maak?" Sy giggel en hou op druk.

"Okay..." Ek glimlag. "Kom ons gaan tog na die fokken baas toe laat ek hoor wat die doos tesê het..." Voordat ons uit die kamer uit kon gaan toe keer Kakuzu ons.

"Ek sal oorneem... Baas het spesifiseer dat net hy daar moet wees..." Kakuzu sug en hou sy hand uit.

"Jou baas se p-" Lizzy wou begin praat, maar ek hou 'n hand op en huppel oor na Kakuzu toe. "Martienus?!"

"Dis orraait, ek dink eks klaar genoeg beseer dat ek amper my les geleer het..."

"Amper?" Almal kyk vir my met geskokte gesigte, Jojo wil amper begin huil.

Ek sug en vee 'n hand oor my gesig. "Okay, okay, ek het my les geleer..."

Jojo sug van dankbaarheid en gaan staan langs Momo. Ons groet toe en ek huppel met moeite langs Kakuzu wat probeer om my op te hou met sy fokken weird tou goed. Ek kry toe een van 'n grotesk idees.

"Moenie vir my sê jyt die kak gebruik om die steke in te sit nie..." Ek kyk vir Kakuzu wat sy kop knik uit vreugde. My vel raak koud en ek gril van die gedagte. Na fanfics wat ek en Jojo van Kakuzu gelees het, wil ek nie weet wat hy ook gedoen het terwyl hy my beserings reggemaak het nie.

"Hoekom lyk jy asof jy 'n spook gesien het? Ek het net jou steke ingesit. Al bytmerk wat regtig onverwags was is die een op jou gat..."

"Wat?!"

"Ek grap..."

Ek gluur vir Kakuzu en huppel verder. Ons kom toe uiteindelik by die kantoor uit en Kakuzu maak die deur oop. Ek knik my kop en huppel verder in alleen. Eerste dink wat ek vir soek is die muur wat ek vinnig gekry het en teen geleun het. "Geen wonder Sasori se marionet is gefok nie..." Hoor ek Pein se stem van die ander kant van die kamer af.

"Dit lyk asof hy bedaar het, baas-sama." Iemand anders was ook in die kamer, 'n meisie of vroumens. Toe ek kyk toe sien ek vir Konan. "Wow..."

"Ons het nie tyd vir fangirl nie, Konan. Gedra jouself."

"Oukei..." Syt geklink asof sy begin bloos het vir een of ander rede, wat nogals snaaks was, want ek het haar nog nooit gesien bloos in die storie nie.

Pein staan op van agter sy tafel af en stap oor na waar ek teen die muur leun. "Jy gaan maak dat Kakuzu al die geld moet opgebruik wat ons sover bymekaar gemaak het..." Hy stop 'n paar tree voor my en vou sy arms oor sy bors. "Jy weet seker hoekom jy hier is?" Ek skud my kop. Ongelukkig weet ek nie hoekom ek in Pein se kantoor geroep is nie. "Die eenstert gaan oor vyf dae gevang word. Jy gaan saam met Deidara en Sasori gaan om hom te gaan kry."

"Wag, wat?!" Ek staar vir Pein met 'n oop bek. "Ek kan nie dit net fokken doen nie! Aargh!" My knieg het begin pyn toe ek op dit staan. Pein sug en vee 'n hand oor sy gesig, blykbaar klaar frustreerd soos hy klaar is.

"Ons is klaar 'n hele paar dae agter skedule." Sug hy en kyk weer na my toe. "Jy het saamgestem om ons te help, reg?" Ek dink toe terug en knik my kop. Pein laat sak sy arms en beduie dat ek hom moet volg.

"Err...? Knieg?"

"Konan."

Dis toe ek voel iets klim by my broekspyp op en draai om my knieg. "Oukei?" Ek lig 'n wenkbrou en probeer op my been staan, wat nie veel gepyn het nie. Dankbaar, sug ek en stap toe saam met Pein na sy tafel toe. Hy beduie dat ek op die stoel voor die tafel sit, en ek gaan sit maar; die ding wat om my been gevou het klim weer uit my broekspyp uit.

"Die meisies, veral Jojo, was bekommerd oor jou. So erg laat hulle my smeek dat jy nie verder baklei nie." Pein sit op sy stoel en lê met sy elmboë op die tafel. "Jy verstaan seker dat jy stil moet bly oor hierdie missie, reg?"

Ek knik my kop en staar vir die tafel. "Watter verskoning gaan jy maak of het jy gemaak vir wanneer ek weg is?" Vra ek en kyk op om sy gesigsuitdrukking te sien, wat basies dieselfde gebly het.

"Hulle gaan dink jy is op 'n missie om op Amegakure te gaan inluister. Inligting te versamel saam met Konan." Pein se plan het nie te sleg geklink nie, die meisies sou definitief dit dink. "Jy gaan 'n uur voor die tyd saam met Konan uit die skuilplek gaan en vir Deidara en Sasori wag by die bos. Konan sal saam met jou wag."

Ek knik my kop en lê terug in die stoel. "Vyf dae van nou af, reg?" Vra ek. Pein knik sy kop. "Wat moet ek tot dan doen?"

"Kakuzu sal jou oplei oor die basiese beskermings tegnieke en help om jou cha-energie weg te steek ingeval dit nodig is." Hy wou chakra gesê het, ek weet dit. Ek het geweet Konoha sal dadelik op ons gatte wees nadat ons die eenstert gevang het. "Het jy enigiets anders nodig?" Vra Pein, en 'n idee het in my kop ingespring, maar dit sou maak dat ek 'n vyand van Konoha word.

-Terselfdetyd.-

Kakashi

"Julle is goed, opgeleide shinobi... Hoe de moer kan julle nie vyf meisies opspoor nie?!" Tsunade spring op van haar stoel af en slaan haar hande teen die tafel vas. Ons soek al vir die afgelope week vir Mari en die ander vier...

Iruka probeer tog praat. "Dit was die Aka-"

"Die wat?! Wil jy nou vir my fokken sê jy weet die heeltyd en fokken sê niemand nie?!" Die hokage was de poes in, en ek was de bangbroek in... Arme Mari... Ek het gewonder waar hulle gegaan het toe Iruka na Tsunade toe kom sonder die meisies.

"Ja tannie..." Oops... Iruka, jy is 'n doos, aanvaar dit en kry klaar. Ek wil ook graag die binnegoed hê om vir Tsunade tannie te noem soos Iruka en Mari.

"Wie fokken tannie jy?!" Dis toe Naruto in die kantoor inhol.

"Ouma! Ons het kak!" Skree hy. "Die spaar foon wat Jojo in Kakashi se woonstel vergeet het het bzzzz bzzzz bzzzz gemaak! En toe ek 'n knoppie druk toe-" Naruto wys na die foon wat in sy hande was.

"Gee die bliksemse ding hier!" Skree Tsunade en gryp die foon. Toe die ding bzzz bzzz bzzz maak toe antwoord sy. "Hallo?"

"Huh? Wie praat?"

"Tsunade."

"Ha-ha! Baie snaaks Jojo. In elk geval, wanneer kom jol jy weer?" Wie de fok was dit wat gebel het? "Stefan wil nog 'n antwoord kry uit jou uit. Wanneer sê jy ja?"

Tsunade staar vir my voordat sy die foon se af knoppie druk. Sy kyk toe wie gebel het. "Wie de moer is Andre?" Vra sy voordat sy die foon eenkant toe gooi. "In elk geval. Ek wil hê julle moet aanhou soek vir die meisies. Fok weet wat met hulle gebeur het..." Tsunade se gesigsuitdrukking was prysloos. Dis asof die meisies haar kinders was!

Vergeet ek het dit gesê... Tsunade het ons maak tot laat opbly en soek vir hulle.

-En toe.-

Martienus

"Eks so bly jy gaan nie die eenstert gaan vang nie!" Jojo spring rond in die kombuis wat volgepak is met kos dat dit by die kaste uithang. Ek was nie so hoog nie, was ek? [Nee hoor, Kisame het besluit om als op te vreet. Wat fokken dink jy jou doos!]

Momo lê teen die muur, besig op haar foon. "Err... Jojo?"

"Jip?"

"Het jy jou spaar foon hier?"

"Nee, why?"

Momo staar oopbek vir haar foon voordat sy begin paniekerig raak. "Dit lê nie dalk... Ek weet nie... In Konoha iewers meskien?"

Ek spring van my stoel af op. "Wat?! Fokken sê jy nou as hulle leer hoe om met daai foon te werk... Jirre jisses!" Ek poes uit die kombuis uit, nogsteeds besig om te huppel, na Pein se kantoor toe.

"Ja?" Sy kop lig op van sy werk af toe ek in die kantoor inval.

"Ons het kak." Sê ek met oë wat wyd staan. "Jojo se spaar foon lê in Konoha. Die bliksems kan enige een van ons bel en ons opspoor deur chakra te gebruik!"

"Fok!" Pein spring op van agter sy tafel uit. "Konan! Gaan soek daai fokken foon! Nou!"

-Lyn Breek-

O my hell... Ek weet self nie of ek die storie wil opneek of nie. Ek wonder ook wat volgende gaan gebeur, wat ek weet self nie.

In elk geval, ek hoop julle het geniet en maak seker julle review!