Julle begin nou doos lelik wees, want ek het nog nie een review gekry nie... Dis vakansie mense! Hoekom lees julle nie fanfics om julle boredom weg te gooi nie?! Asseblief!
Elk geval, ek het sit en aanhoudend soos 'n doos op hoofstuk agt skryf laat ek naderhand te veel geskryf het. Die res is oorgeplaas na hoofstuk nege toe vir nog interessante avonture!
Geniet en review julle bliksems!
-Lyn Breek-
In die vorige hoofstuk:
Ek spring van my stoel af op. "Wat?! Fokken sê jy nou as hulle leer hoe om met daai foon te werk... Jirre jisses!" Ek poes uit die kombuis uit, nogsteeds besig om te huppel, na Pein se kantoor toe.
-Lyn Breek-
-'n Uur en 'n half later, nogsteeds in Pein se kantoor-
Martienus
Ek en Pein staan in sy kantoor en neem beurte om op en af te storm op een plek. "Waar de fok is sy?"
"Sy sal my kontak as sy die foon gekry het!" Pein vee 'n hand oor sy gesig en staar vir my. "Hoekom sal Jojo nou 'n spaar fokken foon hê?"
"Ek fokken weet nie!" Ek gaan sit op die stoel en plaas my kop in my hande. "Sy is mal daai kind, nou bring sy kak!" Ek het dat as Konan nie die foon vind nie, is daar sewe soorte kak wat aangevang sou word.
En dis toe sy uiteindelik in die kantoor gewapper kom. "Hulle het dit eenkant toe gegooi asof dit nikswerd is nadat iemand die foon gebel het." Sê Konan en gee vir Pein die foon. [So Konan was in Tsunade se kantoor toe hulle gebel word.]
"Laat ek raai..." Ek sug. "Dis Jojo se broer se chommie, Andre?"
"Ek het nie veel gehoor nie, maar dis die naam wat genoem is." Konan sug en gaan lê teen die tafel. Ek vee die sweet van my voorkop af.
"Dankie fokken tog..." Sug ek en lê terug in die stoel. Ek kry toe 'n idee. "Dink jy nie jy moet al ons fone wegneem en hou nie?" Vra ek en sit weer regop.
Pein kyk vir my asof ek dof is. "Oukei, maar nie jou foon nie. Jy sal dit dalk benod-"
"Nee. Sê nou ek vergeet dit iewers, of dit val ui-"
"Jy sal dit nie verloor nie en dit is 'n bevel!" Blaf Pein. Ek staar vir hom met 'n oop bek terwyl hy vir Zetsu roep. "Bring die dames hiernatoe."
"Oukei... Hoekom moet ek altyd die dames gaan haal of gaan neem... Hoekom kla ek so? Ek hou nie van die meisies nie..." Zetsu verdwyn toe in die grond in. Met daai ou weet jy nie of hy nou iets gaan doen of nie, want hys so deurmekaar soos kots in 'n tuimeldroëer! Hy kan nie eens besluit of hy wil kom of gaan nie!
Pein draai weer na my toe en sleep 'n hand deur sy oranje hare. "Gaan net saam met wat ek sê." Dis toe die meisies ingestap kom.
"J-ja?" Jojo buig in groet en kom staan langs my.
"Gee my julle fone, ek het klaar Martienus se foon weggeneem." Pein hou sy hand uit en wag vir die meisies om hul fone oor te handig.
Momo was 'n bietjie suspisieus. "Hoekom?" Vra sy en vou haar arms oor haar bors.
Ek tree toe in die gesprek in met 'n ernstige gesigsuitdrukking. "Te danke aan Jojo wat haar spaar foon in Konoha vergeet het, het baas besluit dat alle fone gaan lei tot die neerval van die Akatsuki."
"O..." Momo staar af grond toe voordat sy haar foon uit haar broeksak uit neem. "Tata Fifi..." Sy soen haar foon en gee dit vir Pein. "Toe, die res van julle ook..." Sê sy en buig haar kop.
Na 'n kort rukkie is al die meisies se fone in Pein se hand. Hy verdwyn toe iewers in die skaduwee om die fone te bêre en kom weer terug. "Dankie, julle kan maar gaan. Ek wil gou iets met Martienus bespreek."
Jojo begin toe kla. "Dis nie regverdig nie! Jy hou hom altyd vir jouself!"
"Sharrup grootbek!" Blaf ek en beduie na die deur toe. "Ek sal nie lank wees nie, my goeie fok."
Sonder nog 'n woord is die meisies buite toe. Pein draai terug na my toe en sug. "Jy het mal vriende..."
"Jy dink?" Ek lag saggies. My vriende is maar... Hoe kan ek sê? Onbeskof soos altyd.
Kisame
Eks in die kombuis, besig om vir my iets te kry om te eet. Lekker, naais, shap. Tot Martienus ingestap kom.
Momo het by die tafel gesit en moun vir die afgelope tien minute vandat hulle terug gekom het van baas se kantoor af. Na daai tien minute stap Martienus in, so gemaklik as ooit. Tot hy my gesien het. "O poes!" Skree Momo.
"Jy! Jy met jou fokken bek! Jy!" Martienus gluur vir my, ek tree 'n paar tree weg van hom af. "Ja! Jy beter fokken fokkof, jou facking visbek facking poes! Kyk wat jy aan my facking arms gedoen het! Jou facking asshole! Dom kont van 'n tannie se skewe poeslip!" Blaf hy terwyl ek uit die kombuis uit hardloop met my half-gemaakte toebroodjie.
Well, ten minste het hy my nie op gefok nie...
Momo
Iets was anders aan Martienus. Definitief, ek kon dit raaksien al vandat hy wakker geword het. Jy sien, gewoonlik sal Mari wakker word en raas begin maak, al kla Jojo daaroor. Dis asof Martienus 'n ander kant van Mari is. "Vir wat lyk jy so ingedagte?"
"Eh?" Ek sit regop waar ek op die stoel sit en sien vir Martienus wat teen die kas leun. "Ingedagte? Ek? Nee!" Maar dit was nie Mari nie. Martienus lig sy skouers en draai terug na die ketel toe om koffie te maak.
Ek begin toe die verskille tussen die twee opneem.
Mari: irriterend, kliphard, pervert, hou daarvan om kak te maak, noem mense name...
Martienus: rustig, ongelooflik mooi, bly stil nadat hy iets gesê het...
Hyt nie eenkeer probeer om aan Jojo te raak nie... Nie eens toe sy hom begin jags maak het daardie oggend nie... Ja, okay, hyt sterker gelyk as wat Mari ooit was, en dit sou heelwat meer sin gemaak het as hy in die eerste rugbyspan was op skool, maar nogsteeds... Martienus was nie Mari nie, en ek dink Lizzy kon dit ook sien.
"Baas het julle seker vertel van die missie." Martienus sit op 'n stoel en sluk sy koffie af. "Waar ek saam Konan Amegakure toe gaan."
"Eh? O ja!" Ek krap my kop. Pein het ons al die vorige dag daarvan vertel, nadat ons terug kamer toe is. Jojo was bly dat hy nie meer die gesterte monsters sou gaan vang nie, en ek was net verlig laat ons nie oor hom hoef te kommer nie. "Het jy al vir Konan ontmoet? Sy is regtig kawaii!" Sê ek en hou my hande teen my gesig.
Martienus lag saggies en drink die res van sy koffie voordat hy antwoord. "Ja nee..." Die manier hoe hy eerder baas gebruik het om na Pein te verwys eerder as sy naam het nogals snaaks geklink. Dit was asof hy klaar deel van die Akatsuki was. Martienus lê terug in die stoel en haal sy sigarette uit. "Sodra ons hier kan uit..."
"Jy sal 'n plan kry!" Piep Jojo en spring op. "Ek weet jy kan!"
'N sagte lag kom van Martienus af. "Ja... Sodra ek daarmee kan opkom."
Dit was nie Mari nie. Gewoonlik sou sy al lankal, van die eerste dag af, 'n plan gehad het om uit die Akatsuki skuilplek te ontsnap. "..." Ek staar af tafel toe. "Ek mis my foon..." Iets om ons koppe van die onderwerp te laat vergeet.
"Ek ook! Ek wil fanfiction lees!" Sug Jeani en begin haar kop teen die tafel stamp. "My lief en leed is weg!"
"Jammer!" Skree Jojo. "Ek was 'n doos!"
"Ja jy was!" Blaf Jeani terug. "Hoekom het jy twee fone in die eerste plek?! En hoekom moes jy altwee saambring toe ons by Mari-Martienus gaan kuier?!"
Martienus lag saggies en staan op. "Ek wil gaan stort." Hy draai na ons toe voor hy uit die kombuis uit gaan. "Probeer julself gedra, asseblief." Okay, nou weet ek dis definitief nie fokken Mari nie! Mari sou nie vir 'n fok asseblief of dankie sê nie! Sy was nog altyd fokken onbeskof!
Sonder dat ek suspisieus lyk, maak ek my gesig in 'n snaakse uitdrukking. "Lyk dit asof ons veel kak aan kan jaag sonder jou in die groep?" Skel ek. Martienus blaf van die lag en verlaat die kombuis. Ek sug en staar af tafel toe.
"Momo?" Lizzy draai na my toe. "Is iets fout?"
"Ja, daar is..." Ek sit regop en beduie dat die ander drie nader sit. "My foon! Ek mis my foon!" Hulle kan nou nie uitvind wat ek weet van Martienus nie; nie voordat ek hom daaroor uitvra nie. 'N idee het in my kop ingespring, maar ek sou eers dit uitvoer sodra dit laat in die aand is.
Martienus
Deidara loop lukraak in die gang af, oppad wie weet waarheen. "Oi, waar is die badkamer?" Vra ek en vou my arms oor my bors. Blykbaar was hy vasgevang in gedagtes, want hy spring toe asof hy geskok was.
"Huh? Badkamer, un? Err... Diekant toe..." Deidara draai om en begin stap. Ek laat val my arms en volg agter hom. Ons stap in stilte tot by een van die Akatsuki lede se kamers, wat Deidara se kamer was. Toe ons instap sien ek 'n hele kas vol standbeelde, een wat my oog gevang het.
Ek lig 'n wenkbrou en staan nader om beter te kan sien. "Het jy dit gemaak?" Vra ek en lig 'n hand om daaraan te raak. Deidara skrik wakker en spring voor die standbeeld in.
"Jy wou mos badkamer toe, un!" Hy was tien teen een geskok. Ek rol my oë en stap badkamer toe. Dis seker hoekom hy so aan die slaap was, want hyt 'n beeldjie van my staan en maak. Ek maak die deur toe en snork voordat ek myself ontklee om te stort.
Dis die eerste keer wat ek my piel bekyk. Ek lig 'n wenkbrou en staan in die stort, besig om af te kyk na wat ek interessant bevind het. As groot tiete een ding was vir my, is 'n groot totter nogiets. My kop het ewekansig begin dwaal na die missie wat vir my voorlê, en die oefen sessie wat ook vir my wag nadat ek gestort het. Kakuzu sou nie veel gelukkig wees daaroor nie... Momo sou 'n probleem wees, want sy het vir Pein vuil uitgekyk toe hy hulle fone wegneem. En in die kombuis was sy heelwat te veel in gedagte.
Ek besluit toe dat ek vir Pein oor haar moet inlig laat hy 'n oog op haar kan hou. My gedagtes spring uit my kop uit toe Deidara die deur oopmaak en instap. "Jy vat la-..." Die ou se oë daal ewekansig af na my totter toe, rooi in sy gesig. Deidara se bek hang oop vir 'n paar oomblikke voordat hy wakker skrik en wegdraai. "Vir wat vat jy so lank om te stort, un? Ek wil ook graag warm water hê!"
"Oops?" Ek lig my skouers en was verder my liggaam. "Het julle nie soos 'n multi geyser sisteem in hierdie plek nie?" Vra ek en was my kort hare.
"Nee! Ek bad gewoonlik na almal! Dan is daar net genoeg warm water vir my, un..."
"Nou kom bad, 'it pla my nie." Ek spoel my hare af en trap uit die stort uit, maar ek het vergeet my knieg was nog effens seer. "Eina jou kont!" Knor ek. Voor ek vorentoe kon neek vang Deidara my en sit my terug op my voete. Hy bloos en draai weg om uit te trek. "Is jy 'n moffie of iets?" Vra ek en lig 'n wekbrou.
Deidara se nek raak bloedrooi. "N-nee, ek is nie 'n moffie nie, un!" Hy draai om en gluur vir my. "Fok hier uit!"
Ek lig my hande en lag saggies. "Oukei, moffie..."
"FOKKOF!"
Ek snork van die lag saggies en verlaat die badkamer met my klere in hand. Sasori staan in die kamer en staar vir my toe ek so kaal soos die dag wat ek gebore is uit die badkamer uitstap. "Wat?" Vra ek en begin aantrek, al was ek papnat. "Jammer laat ek jou pop opgefok het." Sê ek toe ek my hemp klaar aantrek en sien Sasori staan nog daar.
Sasori gluur vir my en stap oor na die kant van die kamer waar daar baie hout poppe is. Ek besluit toe hy igroneer my omdat ek sy gunsteling pop opgefok het en stap by die kamer uit, my knieg nog fucked up seer. Deur die krake in die hoeke van die gang kon ek uitmaak dat dit al klaar twaalfuur in die middag was, so ek gaan soek toe dadelik vir Kakuzu sodat ons nog kan begin met oefening voor die son sak.
-Lyn Breek-
Uiteindelik, nog een hoofstuk en eks op datum!
Ek kan nie wag om verder aan te gaan nie, die storie is nou soveel beter as tevore! Ek hoop julle het die hoofstuk geniet en review asseblief! Dit help baie.
