Jipeeeee! Hoofstuk tien! Ek is op datum met die fokken storie!

Julle moet nou begin review voordat ek van my kop af raak, julle is poes lelik omdat julle nie lees of review nie.

Ek het besluit ek gaan al my stories afhaal wat nie reviews het nie, behalwe vir herdie een wat ek nog sit en aan werk.

Geniet hoofstuk tien en ek hoop om 'n review te kry voor ek hoofstuk elf vir julle opsit!

-Lyn Breek-

Kakuzu

Die geld... Ek moes al helfte opgebruik vir die herstelwerk... Nog 'n helfte van wat oorbly moes ek gebruik vir kos! Die arme geld...

Maar dit was daai doos Martienus se fokken skuld! Eintlik Kisame en sy skuld, maar dis nogtsteeds sy skuld!

Ek staan in baas se kantoor, besig om die kostes van alles uit te lees toe die chaos maker in die kantoor instap. "Middag." Sê hy al te gemaklik. Ek gluur vir hom terwyl hy na baas toe draai. "Wanneer begin ek met oefening?"

"Kakuzu sal jou nou in die oefen kamer kry. Zetsu sal jou gou gaan wys waar dit is." Baas gluur vir Zetsu wat die afgelope halfuur staan en met homself stry. Ek aan die ander kan staan en staar vir baas in ongeloof.

"Wat?! Ek gaan die daai doner-"

"Sharrup en kry klaar." Baas was redelik kwaad, meestal oor die geld wat klaar vermis is. Ek sug en maak klaar met die laaste van die geld sake terwyl Zetsu vir Martienus uit die kantoor lei. Regtigwaar, ek wou nie vir Martienus help oefen nie... Ek dink hy het genoeg opleiding gekry oor hoe om te veg met al die fokken kak wat ek klaar moet afbetaal. Toe ek klaar is verskoon ek myself en gaan direk na die oefen area toe, wat 'n lekker groot stuk veld is in die skuilplek. Te danke aan Zetsu is daar ook 'n paar bome daarbinne.

Ek kry dadelik vir Martienus, wat te lekker sit en kokkelol by 'n boom. Ek kon voel hoe skud my wenkbrou met frustrasie. "O, haai." Martienus staan op en strek sy nek. "Baas het gesê jy moet my net oor die basiese beskermings metodes oplei en my wys hoe om my energie te versteek." As dit al is wat baas wou gehad het ek moes doen, kon hy netsowel vir Zetsu of Hidan gevra het, maar nou ja, mens kry mos simpel idees van daai baas af.

"Okay." Ek vee 'n hand oor my gesig en maak gereed om hom tot te help.

Na 'n ruk van oefening besluit ek dis genoeg. "Hey!"

"Jy weet klaar hoe om jouself te beskerm, ek sien geen rede om enigsens te probeer nie." Ek gluur vir Martienus en vou my arms oor my bors. Die ou sug en vee 'n hand deur sy hare.

"Wat verwag jy? Ek het rugby gespeel op skool." Martienus spring op een plek rond en swaai sy arms rond. "Hey, my been is beter..."

"Rugby?" Ek het nie vir 'n fok geweet wat dit was nie, maar dit was seker 'n gevaarlike sprot met hoe Martienus aangaan. "Het jy dit gespeel as 'n meisie?" Vra ek nuuskierig, want dit klink asof die sport net vir mans is.

"Ek was die eerste ou met tiete op my hoërskool se veld. Sommer gemaak dat ons elke game wen." Martienus gaan sit op sy gat en gaap laat dit lyk asof hy my sou insluk. "Ek het vir die eerstes begin speel toe ek in graad tien kom."

Deurmekaar sit ek ook op my gat. "Nou wat de hell is dié rugby waarvan jy praat." Vra ek en kyk of sy gesigsuitdrukking verander, wat wel gebeur het want die volgende oomblik sit hy langs my met sy 'foon' in hand.

"Check hier, ek het 'n game loop record van tv af."

Dis toe ek ontdek wat rugby is. Ons sit en kyk maar hoe die Bulle die Cheetahs opfok en die spel wen. Die spel self is baie rof en lyk heeltemal te gevaarlik, sowel as die kostes wat in my kop gespring het om net een aan te hou... Dit sou goeie sport wees vir die Akatsuki, die meisies sou dit ook tien teen een geniet om 'n spel te kyk. Maar die fokken kostes...

"Die Akatsuki groep is te klein. Mens het ten minste een en twintig spelers per kant nodig. Vyftien op die veld en die res vir spaar spelers ingeval daar kak die fan slat en een ou sien sy gat." Het Martienus gesê. "As jy nou regtig 'n spel wil aanskaf moet julle chommies met Konoha word of iets, anders is daar geen hoop nie. Mens kan altyd touch rugby speel."

Ek maak my keel skoon en sug. "Is dit soos die normale rugby?" Vra ek. Ons het vir 'n uur lank sit en rugby kyk, voor dit het ek probeer om vir Martienus te help met oefening vir twee ure. Drie ure waarvan ek kon sit en geldsake uitsort. Martienus skud sy kop en bêre sy foon weer.

"Touch rugby is nie so rof nie. Dis basies moffie rugby, want die ouens takel nie mekaar nie." O, dit maak sin. Maar dit klink 'n bietjie boring. Ek wou regtig 'n volle rugbywedstryd aanskaf of bywoon.

Jojo stap by die oefen area in. "O, so dis waar jy is!" Sy spring bo-op Martienus en land in sy skoot. "Jou mislike bliksem!" Sy gluur vir my en steek haar tong uit. "Steel vir Martienus weg van ons af, ons raak 'n bietjie bored sonder hom!"

"Wat? Wil julle hê ek moet julle kom naai of iets?" Vra Martienus. Jojo bloos bloedrooi en ek bars uit van die lag. "Ons het net so effens rugby bespreek."

"OOOOOHH! Gaan julle 'n match saamgooi?" Jojo spring van Martienus af. "Akatsuki vs wie ever! Ek wil kommentaar lewer!" Fok, met daardie meisie sou ek nie kon uitkom met die betaalwerk nie. Sy het net-net omgedraai om na baas se kantoor toe te hardloop toe ek haar enkel vasvang met my toue en haar laat val. "Eina jou mak moer!"

"Jojo, ek dink nie Kakuzu het genoeg geld om een aanmekaar te slaan nie." Martienus lag saggies en lê terug op die gras. Ek sou hom gesoen het uit blydskap as hy nie 'n man was nie. Dit spaar my ten minste om geld bymekaar te maak.

Jojo kry toe 'n idee wat my maak weer dink oor hoekom ons die groepie gaan vang het. "Ons kan vir Konoha kry om geld by te las!"

"Nee!" Blaf ek en Martienus gelyk. "Is jy befok in jou kop Jojo?" Martienus gluur vir haar en sit regop. "Gaan slaap voordat jy met sulke fucked up idees voortgaan."

"Maar..."

"Fok! Jojo kry dit in jou kop in! Konoha = vyhande!" Martienus staan op en storm oor na haar toe. "Wat dink jy gaan gebeur as die Akatsuki net daar opdaag?"

Ek kon sien hoe Jojo afkyk grond toe en verlëe lyk. "O-okay..."

Martienus vee 'n hand oor sy gesig en draai terug na my toe. "Ek gaan bietjie saam hulle chill voor slaaptyd." Sê hy en verdwyn saam met Jojo uit die vertrek uit. Ek sug en staan op, my kop nog heeltyd aan rugby.

Sonder om verder in die oefen area rond te kokkelol stap ek ook uit en maak my weg na baas se kantoor toe, want ek het 'n slim plan gekry.

Jojo

Martienus stap langs my in stilte terwyl ek praat. Ek het begin wonder hoekom hy so stil was, maar het eerder niks gevra nie. Ons kom by die sitkamer uit en raai raai riepa...

"Soni?" Martienus staan en staar vir sy vriendin.

Soni staan grootbek en kyk vir Martienus. "Whattafuck?! Is jy M-" Soni neek van haar voete af en gaan sit op haar gat. "Nee... Nee... Dis 'n droom... Ek is te hoog..." Sy knip haar oë en spring weer regop. "Dit is! My fok!"

Martienus lag saggies en krap sy kop. "Nou hoe de moer het jy hier gekom?" Vra Jeani. Ek het nie vir Momo gesien nie, wat redelik suspisieus was want sy was in die sitkamer voor ek vir Martienus gaan soek het.

"Ek weeni..." Soni grou in haar sakke rond en haal 'n pakkie... My bek staan oop en ek staar geskok vir die pakkie dagga wat sy uit haar sak uitgehaal het. "Ek was besig om te sit en rook op my bed toe val ek in alles in." Sy draai na Martienus toe. "Julle is vermis vir 'n paar dae, waar jou ma verskoning gemaak het dat julle Thailand toe is."

"Fok." Martienus vee 'n hand oor sy gesig en gaan sit op die laaste bank wat nie gefok is nie. Soni lig haar skouers en steek weer die pakkie weg. "Raai waar myne verdwyn het." Met een helse gluur kon Soni dadelik sien wie die dagga gehad het. Sy hou haar hand uit en wag vir Lizzy om Martienus se pakkie dagga vir haar te gee.

Ek staan en giggel langs Jeani wat lukraak in haar neus begin grou het. Die kind het 'n probleem, ek weet dit! "Dit help nie jy probeer hom van dagga af weghou nie, hoor." Soni sug. "As jy nie sy pakkie teruggee nie gaan ek myne in elk geval moet deel."

Sonder verdere stryding grou Lizzy in haar broeksak en haal Martienus se pakkie uit tesame met die een wat hy klaar gemaak het. Sy gee dit vir Soni wat weer die pakkie vir Martienus gee. "Ek hanteer nie die kak nie." Brom Lizzy en gaan sit op haar sitvlak. Ek skuif nader aan Martienus, wat Soni opgemerk het en kommentaar te lewer het.

"Is jy verlief op haa-hom?" Soni grinnik van oor tot fokken oor. Ek staan en bloos bloedrooi terwyl Martienus van die lag blaf.

-Iewers anders-

Momo

"Ek wil weet presies waar hy gaan! Ek glo jou nie met hierdie missie nie!" Ek staan en gluur vir Pein in sy kantoor. Kakuzu moes buite wag tot ek klaar was om inligting te kry, en ek sou nie ophou tot ek die waarheid weet nie. "Wat gaan aan met Martienus? Want dit is nie hoe ek hom geken het nie."

Pein gluur vir my van agter sy tafel af. "Dit sal beter wees as jy niks weet nie, een woord wat perongeluk uitglip kan maak dat die ander ook soos jy tekere gaan." Hy staan op en vernou sy oë voordat hy in 'n gevaarlike stem verder praat. Ek gril tot in my pinkie toon nog van sy stem daai dag. "Wat ek met Martienus maak is nie jou besigheid nie. Hy het saamgestem om ons te help solank julle nie beseer word nie."

"M-" Ek staar vir Pein met 'n oop mond. Kon Martienus... Hoe kon hy saamstem om die bliksems te help?

"Jy is een om 'n oog op te hou, want jy het te veel gedagtes wat ronddwaal en nie einde kry nie." Pein hou aan vir my gluur en ek kon voel hoe draai my vel om. "As jy verder aangaan met hierdie saak gaan ons straf afbring."

Ek gluur vir Pein en storm by die kantoor uit. Oppad uit stamp ek verby Kakuzu en storm verder in die gang af na die kamer waar ons moet slaap. "Fokken kont..." Vluister ek toe ek die deur toemaak. Ek weet toe dadelik dat dit nie die Mari was wat ons geken het nie, want Mari sou definitief geweier het om hulle te help, al word sy verk- "Hou op!" My kop was besig om te veel gedagtes te kry. Ek sak af op my kniëe en begin huil.

Heeltyd skree ek dieselfde ding in my kop. Hoekom beskerm hy ons? Martienus, hoekom fokken brobeer jy ons nie uit die plek uit kry nie?!

Jeani

Daar was iets wat nie reg was nie, ek kon dit ruik. Ons sit lekker in die sitkamer en gesels rustig met Soni, Momo was vermis maar ons het nie regtig gebogger oor haar nie. Itachi stap in die sitkamer in, blykbaar om iets te kom haal en sien vir Martienus wat op die bank lê en ontspan, Jojo sit by sy voete en giggel.

Met Itachi in die kamer was daar niks wat gebeur het nie, ons het normaalweg aangegaan en hom igroneer. Well, die ander vier het. Ek kon ruik iets was nie reg nie, en sommer voel dat my neus nie lekker was nie want as ek eweskielik kan ruik iets is nie reg nie... Ek staar vir Itachi soos hy na die ander kant van die sitkamer toe stap en in 'n kas grou.

"Jy sien, as jy nou regtig wil hê dat jou kamer nou skoon moet bly, dan moet jy moeite insit." Sê Soni en strek agteroor. "Dis flippen moeilik om iets skoon te hou as jy weet jy kan nie."

"'K sê jou neh?" Martienus krap sy ken met sy baard op en sug voordat hy vir Jojo in haar ribbekas skop. Jojo vlieg van die stoel af op en stamp perongeluk in Itachi vas.

"J-jammer!" Sy buig en bloos. Itachi gluur vir Martienus wat dit veroorsaak het, draai weg en stap weer uit die vertrek uit. My neus het my bly pla toe Martienus agter Itachi aan gluur. Maar dit was nie Itachi wat maak dat ej daai reuk kry nie... Dit was Martienus wat die reuk afgegee het.

Hy sit regop en gaap, dit was klaar laat in elk geval. Ons almal volg agterna om van ons gatte af op te staan. "So waar slaap jy? Daar is net vier beddens in ons kamer..." Lizzy staar af grond toe. Sy het na Martienus verwys, en Soini seker ook, want Jojo het aan Martienus se arm vasgegryp.

"Ek kip saam Deidara." Sê Martienus, wat maak dat Jojo kop bo voete op die vloer gaan lê het. Sy het seker dieselfde idee gehad as wat ek gehad het oor Martienus en Deidara. Hopelik slaap een van hulle op die vloer, want fok weet hoe Martienus sou reaggeer om saam 'n ou te slaap nie.

-ander kant-

Kakashi

"Het jy die foon gesien?" Tsunade sit agter haar tafel met haar kop in haar hande. Sy het 'n briljante idee gekry en ons ingeroep, maar die foon is vermis nadat sy dit eenkant toe gemoer het.

Ek skud my kop en probeer onthou waar die foon geland het. Meskien het sy die foon by die venster uit gegooi, of dit lê iewers anders in die kantoor. "Hoekom soek jy die foon, hokage-sama?"

"Ek het gedink ons kan die bliksemse meisies probeer kontak deur daardie foon... Maar nou is dit mos fokken weg!" Tsunade slaan haar hande teen die tafel laat Shizune liggies spring. "Soek die foon! Kry dit!"

Sonder verder 'n woord is ons weer uit die kantoor uit, op soek na die vermiste foon, wat ek nie vir 'n fok kon kry nie al soek ek hoe hard. 'N gedagte bekruip my maar ek igroneer dit en hou aan soek; Tsunade het nie veel van 'n goeie gesigsuitdrukking gehad toe sy ons dreig met kookwater nie...

Na 'n ruk sug ek en staan op van waar ek in 'n asblik staan en soek het vir die foon. Die idee vlieg toe in my kop in weer en ek besluit toe om vir Tsunade in te lig daaroor. Kakste idee wat ek nog ooit gekry het, want Tsunade het my gestuur om die foon te gaan haal.

Sien, ek het gedink dat die Akatsuki dalk die foon kon gaan haal het toe Tsunade die foon eenkant toe gooi. Hulle het seker die meisies se fone ontdek en hulle maak praat oor waar die ander foon is. Paniekerig haas ek myself om die meisies en die foon te gaan help. Dit was flippen laat in die aand, ek dwaal rond soos 'n poes en stres my gat af oor die meisies.

-In die ander kant-

Martienus

Ek gaap laat 'n veld ingesluk kon word en strek my arms agter my kop verby. "Hoeko' lyk julle so bekommerd? Ek steel die fokker se bed." Lag ek en begin uit die sitkamer stap. "Lekker slaap, sien weer môre." Ek maak my weg na Deidara se kamer toe waar die doos klaar aan die slaap is. Sasori sit in die hoek, besig om 'n pop te kerf. Toe ek instap toe gluur Sasori vir my terwyl ek oor na Deidara se bed toe stap.

Haai tog, ek wou nie só lelik met die ou wees nie, maar toe is ek maar. Sonder dat ek hom enigsens waarsku, skop ek vir Deidara van die bed af en val plat, klaar besig om aan die slaap te raak. "Hey, un!" Ek hoor toe Deidara staan op en op die bed spring. Binne twee sekondes probeer die twee van ons die ander van die bed af gooi.

Sasori sit en kyk hoe ons worstel oor die bed. Ek was moeg, Deidara was moeg, maar ons baklei nogsteeds oor die bliksemse bed, al is ons hoe fokken moeg.

Sasori

Twee moëe mans wat probeer oor 'n bed baklei… Ernstig… Daar was nie 'n manier wat ek sou toelaat dat Martienus op my bed slaap nie, alhoewel ek nie 'n bed het nie… Ek het nie nodig om te slaap nie, want ek is 'n marionet.

"Fokkoff… Ek wil slaaaap…" Martienus gaap en slaan vir Deidara met sy kussing, wat 'n baie swak slaan was wat Deidara het nie veel reaggeer nie.

"Dis… Dis my bed… Doos, un…" Met oë wat half platval probeer die twee nog een keer om die ander af te gooi. Voor een kon afgegooi word val albei plat op die bed en slaap, albei wat erger as Kisame snork. Die bed was reeds so bliksemswell klein dat hulle bo-en-tussendeur mekaar gekoek lê en slaap.

Die ergste was toe Kisame instap om uit te vind wat de hell die kakofoniese koor van gesnorkery is. "Wat de fok?"

Ek staar vir die twee ouens op die bed en lig my skouers. "Hulle het probeer om oor die bed te baklei." Sê ek en kerf verder my pop. Kisame snork en stap uit die kamer uit. Ek het begin wonder hoe Martienus sou reaggeer as hy moet wakker word langs Deidara, en hoe ek dit sou moes verduidelik.

-Lyn Breek-

Yess! Klaar!

Nou wil ek graag begin reviews kry sodat ek verder aan kan gaan.

In elk geval, hierdie hoofstuk was bietjie lui, sonder veel aksie... Maar ek dink nogsteeds 'n geveg oor 'n bed is histeries1 Veral as die mense wat oor die bed veg half aan die fokken slaap is!

Ek hoop julle het dit geniet en review asseblief!