A/N: Die fic is 'n vertaling van 'n fic van my met die naam "One day when they grow up". Dis gebasseer op Dewald Wasserfall se "Eendag as ons groot is" en ek besit nie die liedjie of HP nie.

Eendag as ons groot is

Was hy te jonk, om op agt jaar oud, die woorde te glo uit 'n prinses se mond?

Hulle het gespeel; 'n verbeeldingsvlug, want hy het nie speelgoed gehad nie en Lily was nie toegelaat om haar speelgoed uit te vat nie.

"Ek sal lief wees vir jou tot ek groot is." Het die jong prinse belowe, a kroon van klein spierwit blommetjies op haar vlamrooi hare. Sy het hom sopas 'n kneg gemaak.

Wat sy gesê het was waar – vir 'n rukkiein elk geval – maar toe word hulle groot. Wat toe gebeur het was nie presies wat hy verwag het nie.

Severus weet dat sy verliefdheid op daai dag, op daardie stadium, begin het: wanneer sy belowe het om lief te wees vir him. Met sy agtergrond en al – sy arm ouers, sy afknouende pa en afwesige ma, sou sy lief wees vir hom.

Dit was nie dat hy spyt was nie, want hy sou alles oor kies as hy kon, hy sou alles oor wou hê. Lily was werklik 'n merkwaardige maatjie om te hê.

Maar hy sou nie dat sy weggaan van hom nie, as hy dit kon oor doen…

Sy het verander hoe hy deur die lewe geloop het. Of liewers… haar dood het. Sy sou altyd sy beste vriendin bly, al wou sy nie erken dat hy wel bestaan het nie.

Dit was as gevolg van haar dat hy was waar hy was: in Dumbledore se kant. Hy het nie te veel omgegee nie, vir 'n rukkie was dit die veilige opsie en hy kon toekyk hoe haar seuntjie grootword. Severus was nooit die vriendelikste mens op aarde nie en dit het nie gehelp dat die kind soos James Potter lyk nie.

Severus het wel 'n tipe respek vir die kind gekry, nie dat hy dit ooit hard op sou herken nie. Lily het ook die gewoonte gehad om stront aan te jag, maar nooit om te boelie nie. Die kind het probeer om nie 'n boelie te wees nie.

Soms het die professor gewens dat hy vriendelik was. Mense sou dit hoor, ja, en dan sou hy en die kind kniediep in die moeilikheid gewees het. Meer as wat hulle klaar was. Dit was ook amper onmoontlik vir hom om vriendelik te wees, want hy het al probeer – hy het 'n groter reaksie gekry met die onpersoonlike en afknouende atmosfeer wat hy om homself geskep het en uit sy leerders het dit beter punte ontlok.

Hy kon seker nie kwaad wees dat sy nie vir altyd lief was vir hom nie, of tot die dag dat sy dood is, want sy was te jonk om woorde te kon keer.

Daar was nogsteeds oorgenoeg tyd om te sê sy wil 'n belofte wegsmyt. Veral die eerste ene wat sy aan hom gemaak het.

Severus het gehoop dat, as hulle groot is, hulle ten miste vriende sou bly.

Lily het nooit haar belofte bedoel nie. Ja, hy het 'n fout gemaak, maar sy het ook. Dit was duidelik gewees dat sy nie lief genoeg vir hom was, selfs as 'n vriend, om te baklei vir hulle vriendskap nie.

Selfs te midde hierdie denke mis die donker man hulle tye saam, maar dis in die verlede.

Hy het 'n nuwe lewe. En sy het geen lewe nie. Hy kon nog 'n verskil maak. Sy nie.