A/N: 'n Vertaling van my eie fic "bewitched" – gebasseer op Freddi Nest se Getoor. Ek besit nie die liedjie of HP nie.
Getoor
Tom Riddle het nooit werklik agtergekom net hoe mooi sy was nie, daar in hul klein, afgeleë dorpie.
Sy was nie presies mooi as dit by haar hare en oë gekom het nie, maar sy het 'n goeie hart gehad… of ten minste hy het so gedink. Sy het nie veel te sê gehad nie en sy was boonop verskriklik skaam – so dit was bietjie moeilik om te oordeel.
Om eerlik te wees was dit nogal 'n deurmekaarspul vir hom – hier was hy, smoorverlief op 'n vrou wat hy nie regtig geken het nie, behalwe dat haar pa haar misbruik het en dat haar broer so mal was soos 'n kolhaas.
Die man het net geweet dat hy lief was vir haar. As iemand hom gevra het HOEKOM hy lief was vir haar, het hy net 'n glimlag gegee, want daar was nie 'n antwoord op daai vraag nie. Hy het haar lief genoeg gehad om met haar te trou (al het hy nie veel van haar geweet nie), hy het sy rykdom en 'n lewe van luuksheid agtergelos, sy ouers, sy beeldskone verloofde wat hy sy hele lewe lank geken het, om te trou met 'n vrou wat nie eers skool klaargemaak het nie en nie kon lees en skryf nie.
Natuurlik het dit sin gemaak, hy was verlief op haar, en al wat jy nodg het om te oorleef is liefde.
Dit het hom nogsteeds deurmekaar gemaak – hoekom was hy lief vir haar?
Dit was hoekom, een aand nadat hy tuiswaarts getree het na werk, hy haar gevra het of sy 'n heks was. Nie in soveel woorde nie; hy het gevra of sy 'n besem, 'n hoed en 'n kat gekry het.
Sy het hom aangegluur. "Sê jy ek's 'n heks?" Die gluur het hom nie bang gemaak nie, hy moes sy lag inhou vir die uitdrukking op haar gesig.
"Nee. Ja. Ek weet nie, jy het my gevang, jy werk een of ander toorkuns op my."
"Hoekom sê jy so?" Haar oë was wyd gestrek.
"Want, liefling, ek het my hart verloor." Hy het vir haar gegrinnik. Sy het saggies gelag en 'n sagte soentjie op sy lippe geplaas.
Hy het haar aangestaar met liefde in sy hart, terwyl sy kop vir hom geskreeu het om wakker te word.
. . .
A/N: Opgedra aan die kunstenaar van die liedjie.
